Mooi Springbok
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Mooi Springbok
Geluk aan Mnr Els, dis 'n Mnr ram.
http://sphotos-e.ak.fbcdn.net/hphotos-ak-ash4/417713_535778436466406_1885938536_n.jpg

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Mooi Springbok
Liewe Ouers,
Benand is hier op die forum, hy moet net kom saam praat.
Baie geluk!

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Varminter-308
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm
Re: Mooi Springbok
Baie Geluk.
Dis darm n meneer daai hoor.....!!!!
Waar is hy geskiet?
Dis darm n meneer daai hoor.....!!!!
Waar is hy geskiet?
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Mooi Springbok
Carl
Vertel bietjie meer, man! Geweer, koeels, lading, afstand?
Dit is nou 'n RAM van 'n ram.
Vertel bietjie meer, man! Geweer, koeels, lading, afstand?
Dit is nou 'n RAM van 'n ram.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Mooi Springbok
Nee nie my bok nie.... nie sooo gelukkig nie. Dis by Jules of the Karoo geskiet. Laat Benand maar self kom vertel...?
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
-
Jason
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Sat Feb 28, 2009 9:59 pm
Re: Mooi Springbok
daai is op julian theron se plaas geskiet, in de aar distrik. boer naby ons. meeste rekord springbokke is op sy plaas geskiet!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Mooi Springbok
wat is daai horingkies lyk so 16 -17 duim? Pragtig!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Mooi Springbok
Jason wrote:daai is op julian theron se plaas geskiet, in de aar distrik. boer naby ons. meeste rekord springbokke is op sy plaas geskiet!
Wonder wat het die bok geweeg?
Het hy teelmateriaal van elders ingebring?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Mooi Springbok
Oom Pieter ja.
http://www.julesofthekaroosafaris.com/about-us.aspx
en
http://www.julesofthekaroosafaris.com/P ... -Jules.pdf

Last edited by Carl on Mon Mar 04, 2013 5:33 pm, edited 1 time in total.
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Mooi Springbok
LIEWE OUERS!!!
DIS WRAGTIG PRAGTIG
GROETNIS
DOUW
DIS WRAGTIG PRAGTIG
GROETNIS
DOUW
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Mooi Springbok
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/confused0089.gif
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Mooi Springbok
Baie geluk Dit is regtig n prag dier
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Mooi Springbok
Bitter mooi bok en bitter mooi foto!! Baie geluk Benand!!
Groete,
Lou
Groete,
Lou
- Fish 2 Hunt
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Mon Jan 14, 2013 1:29 pm
Re: Mooi Springbok
Baie mooi Springie, baie geluk.
- Benand
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Wed Dec 19, 2012 7:56 pm
Re: Mooi Springbok
Goeie naand menere
Baie dankie. Dit is voorwaar ‘n pragtige springbok ram, iets wat ek regtig (seker soos meeste van jul) nog altyd maar net van gedroom het, tot onlangs…
Die ram was een van die vorige dominante ramme wat te “klein” was, in vergelyking met die ander volwasse ramme in die spesifieke kamp, vir teel doel eindes. Die spesifieke kamp se ander volwasse ramme se horinglengtes word geskat so 17½ tot 19 duim !!!, en om alles te kroon is daar van die jonger 2 jarige ramme wat se horings reeds 16 na 17 duim plus sal gaan!!
Die jag – verkorte weergawe: Die ram was taamlik wild en het nie toegelaat dat mens naby genoeg kon kom om hom oordentlik te skat nie (wel geweet dat die ram oor die 14 duim behoort te wees. Wou graag net ‘n ram skiet met ‘n mooi vorm en enige adisionele lengte sou ‘n bonus wees). Ons moes eers seker maak waar al die ander groot teelramme is, sedert “my” ram nie in sy leegte teen die randjies was waar hy hom self gewoontlik bevind nie – wil nie perongeluk een van hul skiet… Vir 'n uur of seker meer het ons rond gery om eers al die ander teelramme op te spoor, om deur illiminasie te bepaal watter ram “myne” is. Die ander ramme is baie vriendeliker en het toegelaat dat ons binne 100 tree van hul kon kom, party was so naby dat ‘n mik en druk kamera se vergroting te groot is vir fotos! Uiteindelik, en onverklarbaar het ons skielik “my” ram op so 500 plus tree opgemerk in sy gebied – reken hy het heeltyd gelê terwyl ons vir hom gesoek het. Die jag was aan. bakkie af, randjies toe. Na 2 ure se gekruip oor die randjies, se gekrap tussen daardie harde karoo bossies (gelukkig ‘n dik broek aangehad wat so bietjie gehelp het..), en twee keer se mislukte bekruipings waar die wind my weg gegee het, en vele vinige gebede, het die ram onverwags skuins verby gedraf gekom en gaan vassteek op so 160 tree (na ‘n harde fluit wat sy handrem op getrek het). Teen daardie tyd was die adrenalien so hoog dat horing skat ens niks meer saak gemaak het nie, die jag was te lekker. Die skoot was vinnig. Die ram het met ‘n voorbeen-lose draffie (tipies tot hart/long skote) so 80 tree gegaan en toe neer gevel. Met ‘n vinige oorhaal het ons so paar sekondes nog gewag – net om seker te maak hy staan nie weer op, en toe nader beweeg. Ok, ek het gedraf… Hengse was ek verbaas toe ek naby die ram kom en die pragtige stel horings vir die eerste keer oordentlik sien. Ek was stomgeslaan! Oomblik bietjie te groot. Hengse bly. Hengse dankbaar.
Paar tegniese details: het my .22-250 Remington met 52gr Hornady HPBT teen 3750 fps gebruik. 29kg karkas (vel af, kop af). horings so ent verby 16 duim gemeet.
Daar is al baie goeie artikels al geskryf oor oom Julian se sukses wat julle gerus kan gaan lees. So, hierdie spasie is heeltemal te min om in al die details in te gaan. of vol erkenning te gee.
Maar in kort. Dit is ongelooflik om te sien wat oom Julian reg gekry het oor ‘n priode van meer as 20 jaar se volharding en op offering. Ons almal het, tot ‘n mate, bygedra dat die gemiddelde gewig en horing lengte van die springbokke in die karoo afgeneem het oor die laaste 80 jaar; deur altyd die grootste ramme en ooie te skiet en net die ondergeskikte diere oor te laat vir teel. Oom Julian het die teenoorgestelde toegepas, deur oor die jare enige swak ram / ooi (klein lyf / kort horings / swak horing vorm) te skiet sodat hul genepoel nie kan voortgaan, en slegs die beste ramme & ooie kan teel. Dit gepaard gaande met goeie weiding (niks kunsmatige voeding aanvullings) het gelei tot ongelooflike springbokke.
Dit is ongelooflik om sulke kwaliteit bokke fisies te aanskou. Meeste ramme is in die 14 duim plus katogorie en ek het ‘n paar ooie gesien wat ook oor die 14 duim horings het. Die springbokke se lywe staan terug vir geen Kalahari bokke (van die ramme se lewindige gewig is by die 56kg!). ‘n paar hoof teritoriale ramme gesien wat sekerlik aan die 19 duim sal raak!
Indien jy graag sulke pragdiere van nader wil beskou, gaan jag gerus by oom Julian van Jules of the Karoo Safaris (http://www.julesofthekaroosafaris.com of join hul op Facebook). Hoewel daar vele 16 plus duim ramme is, is meeste van hul dominante ramme wat nog eers moet teel en waarvan nog bitter min van hul beskikbaar is vir jag. Daar is wel vele mooi 14 plus duim ramme!
Die bokke, die gasvryheid, die karoo. Plein weg asemrowend.
Dit was een ongelooflike belewinis! Doen jouself die guns en gaan maak ‘n draai.
Groete Benand

Wellkom Benand baie dankie dat jy die res van die mooi met ons kom deel het. Hoop jy bly aan by ons.
-
erdvark123
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Thu Nov 22, 2012 7:54 am
Re: Mooi Springbok
Bitter mooi ram Benand! Geluk! Ek sien daar is n insetsel vanaand oor Jules of the Karoo op Kwela vanaand om 19h30. Ek gaan verseker kyk!!