Page 1 of 1
Middag Manne
Posted: Mon Mar 04, 2013 2:10 pm
by FrikvanDyk
Die naam is Frik, bly hier in die concrete jungle maar n boerseun in murg en been. Jag en gewere is so deel van my lewe soos asemhaal is.
Besit n .308 CZ - Leeupold Scope
Asook n .375 - Leeupold Scope
Het nou maar eers weer begin jag na n lang droogte tyd en laas jaar n paar klein wild afgehaal. Die plan is om hierdie jaar te gaan vir n Eland. Koedoe, En klein wild natuurlik n mooi vark met die .375
Vind julle forum baie interesant en hier is baie baie jare se ervaring om van te leer
Groete Frik
Re: Middag Manne
Posted: Mon Mar 04, 2013 2:12 pm
by FHM
Welkom by ons kamp Frik, en sien uit na jou deelname hierso

Re: Middag Manne
Posted: Mon Mar 04, 2013 2:21 pm
by DWB
welkom en geniet dit!
Re: Middag Manne
Posted: Tue Mar 05, 2013 1:56 pm
by Dries Skiet
Welkom Frik. Wan watse beton oerwoud is jy afkomstig?
Re: Middag Manne
Posted: Wed Mar 06, 2013 1:40 pm
by lodewyk
Middag manne. Nounet aangesluit. My naam is Chris. Dit lyk en voel heel skaflik hier. Bly in Tableview Kaap, nou vir 10 jaar, kom oorspronklik van Noord Kaap. Ek is n Professionele Jagter. PH met swaar skietgoed maar vir my eie jagte gebruik ek n 300 Win Mag. Ek sien baie uit daarna om met julle te gesels en julle ervarings te deel
Re: Middag Manne
Posted: Wed Mar 06, 2013 1:45 pm
by FHM
lodewyk wrote:Middag manne. Nounet aangesluit. My naam is Chris. Dit lyk en voel heel skaflik hier. Bly in Tableview Kaap, nou vir 10 jaar, kom oorspronklik van Noord Kaap. Ek is n Professionele Jagter. PH met swaar skietgoed maar vir my eie jagte gebruik ek n 300 Win Mag. Ek sien baie uit daarna om met julle te gesels en julle ervarings te deel
Dagse Chris, bly om nog n PH hier in ons midde te he
Welkom hier by ons en ons sien uit na jou deelname en raad.
Ons grootste PH met die meeste geysheid en wysheid (Km's ook

) agter die rug is oom Pine, so as
jy enige raad wil he - hy is jou man!

Re: Middag Manne
Posted: Wed Mar 06, 2013 3:48 pm
by lodewyk
Hi Francois, dankie vir die verwelkoming. Die afere is nog vreemd. Nog nie eintlik baie ondervinding met rekenaars en dinge nie. Meer gewoond aan die bosse en goed wat kan byt,krap en trap! Ek glo dit sal lekker wees hier en lekker interessante geselskap sal definitief volop wees. Raad en advies was nog altyd welkom , dit kos niks. Moet jou se dit het al my lewe gered om na raad te te luister!!!
Re: Middag Manne
Posted: Wed Mar 06, 2013 3:49 pm
by Jaco B
Welkom Frik.
Hoop jy geniet die forum.