Page 1 of 1
Steytlerville einde Maart
Posted: Mon Mar 04, 2013 9:22 am
by JohanvB
Gou julle raad vra...
Is die einde Maart genooi om 'n bok of twee te gaan skiet by Steytlerville, maar ek sien die temperatuur wissel so 32° per dag...hoe lank kan 'n bok nadat sy maag uitgehaal is so in die veld bly...
Ek is beitjie skrikkerig vir bakterië ens wat kan intree...
Dankie ek luister..
Re: Steytlerville einde Maart
Posted: Mon Mar 04, 2013 9:25 am
by Smiley
Ek dink Oom Pine het baie ondervinding met jou vraag, sal graag sy antwoord wil hoor.
Re: Steytlerville einde Maart
Posted: Mon Mar 04, 2013 12:34 pm
by JohanvB
Dankie, dit gaan Rooibokke wees...dit is 'n omheinde wildsplaas, so ja daar kan 'n Kudu ook in die slag bly...maar hoofsaaklik die Rooibokke..
Re: Steytlerville einde Maart
Posted: Mon Mar 04, 2013 2:42 pm
by johnny
Noors
Ek jag reg deur die jaar en ook in Steytlerville, Jansenville, aberdeen en graaf reinet omgewing, Ek ry skadunet saam teen die brommers maar trek ook bo oor die bok van daai rolle lappe materiaal wat jy koop, vir lappe en dan sny jy hulle , nie seker wat naam is, Oom pine is heeltemal reg en doen soos hy se maar ek vries 2 liter bottels en prop in elke pens en ribbekas so 2 of 3 dit werk uitstekend en hou jou vleis koud. Ek het in 10 jaar nog nie wild verloor op die manier nie , tot as ek moet oornag dan werk die metode ook, o ja jy kan ook daai lappe besigheid natgooi dan koel hy ook lekker af, die brommers is jou grootste vyand, so maak toe , probeer daai 2 liter bottels jy sal verbaas wees.
groetnis
Johnny