Skietbaan in aanbou/opgradeer

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

Ek is besig om vir my 'n lekker skietbaan te bou, met ge-eleveerde skietpunt en afdak wat ek met teerpale (oues) bo-op, agter en een sy wil toemaak. Ek sal die gonge ook moet skuif maar dit gaan net beter wees met beter backstop as nou. Vir Arnold gaan ek op 1km ook 'n punt opsit, gong en plek vir papierbok/teiken ;D

Hier is die skietpunt in aanbou.
http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130228-00017.jpg

Skietvlak effe skoongemaak voor skietpunt, moet nou die klippe toegooi met grond.
http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130228-00019.jpg

Vorm om skiettafel x 2 te giet.
http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130228-00024.jpg

Eerste tafel gegiet (onderkant). Boute uitgehaal voor droogword. Gaan weer penne in houtpaal pote sit wat dan in die blad pas om hom in posisie te hou.
http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130301-00026.jpghttp://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130302-00027.jpg

Dit gaan lekker wees, naweke net te kort om alles gouer klaar te kry. Nou kan ek al die horings ook 'n plek laat kry om te hang, by die huis is daar geen simpatie met hulle nie.

Wat kort? wat moet verander? wat moet ek op die grond/vloer gebruik as bedekking, gruis?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Johan Nel »

Christo, dit lyk goed. Dalk 'n sinkdak op die skietpunt?
Ek is jaloers, ek sou wat wou gee om 'n skietbaan met goeie fasilitiete hier in ons omgewing te kon he.
Groete,
JHN
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by THOMAST »

Christo, gaan jy die pale stewig anker in die grond? Niks erger as 'n wankelende skietbank nie. Ons klub se skietbanke is op sement bakstene vasgesit, wat in die vorm van 'n T gebou is, so die hotpoot brigade kan saamskiet.
In watter rigting loop die baan?
Wanneer kan ons kom speel?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Gerhard »

Kyk die lekker baan


User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Marc »

Long drop, veral as daar dames/publiek gaan kom :)

Dit lyk goed so vêr :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Marc »

Lekker baan , maar nog lekkerder roere daai >:D

Het hulle gaan google, het jy hulle Titanium een gesien :o :o :o :o :o :o :o :o

Dit sal lekker wees as jy jou motorhuis deur oopmaak en siedaar, 1000yrd skietbaan O0
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Gerhard »

Dink net hoe lekker sal jy lading ontwikkeling doen.

Ek sou net n KD op daai 300WM sit
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Kalahari »

Christo

Lyk vir my goed sovêr, gaan jy die pale waarop die blaaie rus ook sement? Dink maar net aan rysmiere en goggas wat jou hout dalk mettertyd gaan verniel en dan moet jy weer nuwe pale insit en dit lyk nie vir my die blaaie kan lig wees nie.
Jou blaaie is sommer baie netjies.

Ns: Gerhard, dankie vir daai clip, nou het ek gesien dat 'n 300 wm ook akkuraat tot op 1000ydrs kan wees, so ................... ai die begroting.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Arnold »

Christo, ek gaan binnekort dalk 1.5km nodug hê :)
Ek sal nie omgee vir 'n stukkie kamp plek daar nie.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Marc »

Dalk n ingeboude/baksteen braai area ook inwerk, man wil nie graag veld on nodig verloor nie. Gaan jy die stoele vir die banke sommer soos bokkies laat stel, met n pyp vol gate en pen. Dit help die langer manne nogal baie as hulle bietjie kan sak.
Last edited by Marc on Sun Mar 03, 2013 9:47 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

THOMAST wrote:Christo, gaan jy die pale stewig anker in die grond? In watter rigting loop die baan?
Wanneer kan ons kom speel?
My plan is ESKOM pale in sement, sodat jou bene plekke kan hê om deur te gaan. Daai blad gaan so 130+kg wees as my somme reg is.

Rigting so effe verkeerd na my mening, Oos/Suidoos. Ek draai hom reeds so effens want nou pla die son in die somer jou scope.

Speeltyd moet teen einde van Maart kan wees.
Marc wrote:Long drop, veral as daar dames/publiek gaan kom :)
Ek sal spesiaal een van die mobiele toilette daar parkeer as jy en mamma kom skiet.
Kalahari wrote:Christo

Dink maar net aan rysmiere en goggas wat jou hout dalk mettertyd gaan verniel en dan moet jy weer nuwe pale insit quote]

Dit is ou ESKOM pale wat hulle uitgehaal het. Ek het privaat kraglyn ook met hulle gebou en hy staan al seker maklik 10 jaar. Kom ons hoop vir die beste.
Arnold wrote:Christo, ek gaan binnekort dalk 1.5km nodug hê :)
Ek sal nie omgee vir 'n stukkie kamp plek daar nie.
Ons kan maklik 1.5km toe gaan daar. Kamplek? hang af van wat sien jy by kampplek, anders staan daar sommer net jou tentjie.

Ek sal 'n paar bome moet plant vir skaduwee maar hulle gaan seker 5+ jaar vat om grootgenoeg te word. Nou ja, Rome vas nie in een dag gebou nie, selfs die aarde het 6 dae gevat. Daar moet 'n vullisdrom en braaidrom kom, net eers klaar skietbaan bou, en met die minimum loon soos hy nou is doen ek maar die meeste werk self.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Arnold »

Vir n kamp plek sal so effe gelyk stukkie grond vir die tent voldoende wees :)

As omstandighede reg is sal ek dalk 1.5km kan maak met die toekomstige 300WSM en 230gr Hybrids, maar 1.4km sal ook goed wees.

Dit lyk baie nice sover, net jammer ek bly so ver!
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by THOMAST »

Arnold, ons moet gesels hieroor. Kan nogal 'n lekker naweek word!
Dis nou as Christo instem..?
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Swys14 »

Christo dit lyk goed so ver, hou asb. aan om fotos en vordering te post, ek sal self eendag wil kom draai maak as dit oop gaan wees vir forum lede eendag. Hou van die kamp idee van Arnold.
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by LoveHenties »

Christo wrote:... en met die minimum loon soos hy nou is doen ek maar die meeste werk self.
As ek nader gebly het, het ek verseker kom help. Net vir die voorreg om nou en dan 'n skoot te mag kom skiet. Dis darem mooi wêreld daardie!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

Dak is op, agterste muur is toe. Sal naweek weer foto's plaas.

Arnold, ek het 1.4km uitgemerk met GPS, dit is woes ver. Moet die gong 45 grade skuins hang vir daai koeel op sy pad terug aarde toe?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Arnold »

Ons het n lekker 26" gong wat ons op die lang skote gebruik, dan tref mens hom darem makliker ;)
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

Arnold wrote:Ons het n lekker 26" gong wat ons op die lang skote gebruik, dan tref mens hom darem makliker ;)

Gaan spesiaal vir jou 'n 560mm skottelskaar daar opsit. Sal hom Arnold se gong noem :D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

Gou vragie. Wat is 'n goeie windvlag se afmetings en watter soort materiaal sal werk.

Ek praat nou van vlaggies om wind te lees op die skietbaan.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Swys14 »

Christo, bou jy die baan vir eie gebruik of is dit jou plan om in die toekoms dit oop te maak vir Jan Publiek?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Arnold »

Christo, jy moet daai skaar maar eers opsit by die 1km merk, dit gaan nog 'n tydjie wees voor ek by daai afstand uitkom.

Windvlaggies is moeilik en ek jou nie regtig help nie. Ek sou sê dat die materiaal nie te lig moet wees nie anders wapper hy te maklik in 'n ligte windjie. Vir size kan jy dalk kyk na 'n kleiner replica van die bisley vlae. Afmetings op hulle is 1.8m hoog en 4.6m lank (driehoek)

15. FLAGS
15.1 Wind flags will be pennant-shaped, 4,6 metres in length, with a base of 1,8 metres. The SANDF Item Control Number is 18-419-1401.
In the event of SABU supplying the flags, the following specifications will apply:
15.1.1 The flag shape will be triangular – either true pennant or with two flags cut diagonally from a rectangle of cloth, leaving one edge at right angles to the hoist. If the latter, the flags should be flown with the right-angle edge uppermost.
15.1.2 The “fly” may be truncated.
15.1.3 Length and base dimensions to be approximately the same as those of the SANDF flags.
15.1.4 Preferably of two solid colours horizontally, but a small appropriate sponsor’s logo is permitted. Ideally, red should be avoided if the flags are to be viewed against a background of green vegetation.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

Swys14 wrote:Christo, bou jy die baan vir eie gebruik of is dit jou plan om in die toekoms dit oop te maak vir Jan Publiek?
Swys, eintlik privaat maar my Jaracal familie sal ek skerlik kan akkommodeer.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by swc-tr »

Arnold/Christo

Probeer om die windvlae op die standaard grootte te hou, soos Arnold uit die SABU-reëls aangehaal het.
Kleiner dimensie vlae werk nie lekker nie. >:D
As ek kyk na die omgewing in die fotos, gaan die wind maar lekker druk!!! ;D
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by swc-tr »

Johan Nel wrote:Christo, dit lyk goed. Dalk 'n sinkdak op die skietpunt?
Ek is jaloers, ek sou wat wou gee om 'n skietbaan met goeie fasilitiete hier in ons omgewing te kon he.
Groete,
JHN
Is Middelburg te ver vir jou?
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Johan Nel »

swc-tr wrote:
Johan Nel wrote:Christo, dit lyk goed. Dalk 'n sinkdak op die skietpunt?
Ek is jaloers, ek sou wat wou gee om 'n skietbaan met goeie fasilitiete hier in ons omgewing te kon he.
Groete,
JHN
Is Middelburg te ver vir jou?
As ek mooi beplan en 'n dag trippie daarvan maak sal ek dit kan maak. Middelburg is so ongeveer tweehonderd kilometer van Nelspruit af. So twee ure se ry min of meer.

Groete,
JHN
Post Reply