Page 1 of 1

.375 ruger-herlaai van gebruikte doppe

Posted: Thu Feb 28, 2013 9:42 am
by GIDO
more

ek het al baie tyd spandeer om inligting in te samel oor hoe om van die herlaaiproses van die ruger n sukses te maak.het seker die belangrikste deel van die kaliber agter gekom toe ek gebruikte doppe begin herlaai.nuwe doppe se laai word op baie webwerwe en instruksies, wat gewoonlik saam met DIE-sets kom, beskryf.dit is op die ou end redelik eenvoudig om nuwe doppe vir die herlaaiproses te gebruik.gebruikte doppe daarenteen is n ander storie.ons almal weet die nuwe doppe sit bietjie uit nadat dit gebruik word met die gevolg wil jy die gebruikte doppe net n klein bietjie krimp en dis waar die moeilikheid kom.dis amper beter om niks te krimp nie want die skouers van die gebruikte doppe word baie maklik teruggedruk.jy tel dit amper nie met die oog op nie maar as jy dit in die geweerkamer druk sit die rondte vas of die slot gaan nie toe nie.ek het paar doppe verloor agv dit maar wou dit darem net deel met die mense wat die kaliber in die howa onlangs aangekoop.

groetenis

Re: .375 ruger-herlaai van gebruikte doppe

Posted: Thu Feb 28, 2013 10:00 am
by Geno
Gido,
Ek verstaan nie wat jy sê nie. Nuwe doppe, sowel as gevuurde doppe moet gesize word. As ek jou reg verstaan, resize jy nie nuwe doppe nie, en jy sukkel om gevuurde doppe te size. Is ek reg?

Re: .375 ruger-herlaai van gebruikte doppe

Posted: Thu Feb 28, 2013 10:25 am
by GIDO
Geno wrote:Gido,
Ek verstaan nie wat jy sê nie. Nuwe doppe, sowel as gevuurde doppe moet gesize word. As ek jou reg verstaan, resize jy nie nuwe doppe nie, en jy sukkel om gevuurde doppe te size. Is ek reg?
more geno

weet jy,nee ek resize albei,die ding is net as jy die setting doen moet mens baie versigtig wees,want jy neek maklik daai dop op ,maar deon(dwb)het darem my ook gese ook van die skouers wat maklik seerkry.

Re: .375 ruger-herlaai van gebruikte doppe

Posted: Thu Feb 28, 2013 10:29 am
by tripodmvr
Klink my jy het die klassieke een van die begin herlaaier gedoen wanneer jy die koeëls indruk in die doppe. Jou seating die het 'n funksie dat hy die dop kan krimp - vergeet daarvan en stel jou die (matrys) reg in. Plaas dop in skoen van pers en beweeg die dop tot op sy hoogste punt. Draai nou die matrys in tot hy teen die dop vasdraai. Draai nou 1/2 tot een draai terug en sluit die ring daar en moet nie weer aan hom karring nie. Nou kan jy met die skroef bo-op die matrys jou verlangde TPL verstel.

As jou matrys te diep gedraai was het hy op die bek van die dop gedruk en die nek gedruk totdat die skouer meegee en jou die moeilike pas in die kamer gee.

Re: .375 ruger-herlaai van gebruikte doppe

Posted: Thu Feb 28, 2013 10:53 am
by GIDO
dankie julle,hoop tog ek kan julle ook eendag help met iets. :-[

groetenis

Re: .375 ruger-herlaai van gebruikte doppe

Posted: Thu Feb 28, 2013 11:41 am
by tripodmvr
GIDO wrote:dankie julle,hoop tog ek kan julle ook eendag help met iets. :-[

groetenis
Skaapvleis en wyn sal die ding doen!!!!!!!!