Page 1 of 1

Knaldemper

Posted: Wed Feb 27, 2013 8:07 pm
by schalk
Hallo almal. Ek is opsoek na n goeie oorskuif tipe knaldemper vir my .303 teen n bekostigbare prys, een wat jy nie gebruik nie.hoef nie baie mooi tewees nie,moet net goed werk. Dankie

Re: Knaldemper

Posted: Wed Feb 27, 2013 9:01 pm
by Silent Hunting
Schalk,

Is jy op soek na 'n Refleks knaldemper wat met skroefdraad op die loop vasskroef of een wat nie skroefdraad gebruik nie?

Groete,

Henk

Re: Knaldemper

Posted: Wed Feb 27, 2013 9:18 pm
by schalk
Hallo Henk ek soek die een wat oor die loop skuif, sonder skroefdraad

Re: Knaldemper

Posted: Wed Feb 27, 2013 9:24 pm
by Silent Hunting
Schalk,

Nie vir 303 nie. Daar is baie energie betrokke.

Henk

Re: Knaldemper

Posted: Wed Feb 27, 2013 9:29 pm
by schalk
so hy moet opskroef, of kry 303 glad nie n demper nie.

Re: Knaldemper

Posted: Wed Feb 27, 2013 9:31 pm
by Silent Hunting
Jong, mag verkeerd wees, maar het nog nooit gehoor of gesien van die kds wat nie vasskroef vir senterslag gewere nie. Met skroefdraad op die loop het jy baie om van te kies.

Re: Knaldemper

Posted: Wed Feb 27, 2013 9:36 pm
by schalk
Dankie Henk, wat sal jy aanbeveel, en wat is die pryse,

Re: Knaldemper

Posted: Wed Feb 27, 2013 9:42 pm
by Silent Hunting
Schalk,

Sal jou nou mail. Net gou besig om te kyk wat se die BUDGET vir die jaar.

Henk