Page 1 of 2

Ballistiese Kofisient BC

Posted: Sun Aug 08, 2010 3:27 pm
by Danie Lombard .243
Hi al die forum gebruikers.

Soos jul seker almal gelees het onder die topic by Impala punte is daar begin gesels oor BC. Namate die gesprek voortgesit is het ek begin besef dat dit wat ons weet van BC nie altyd die regte benadering is nie. Is BC relevant t.o.v. ons tipe aplikasie nl "varminting" ?
Ek hoor graag van julle en ander. Ek nooi ook vir Gerard uit om met ons te deel sy kennis rakende BC.

My vraag wat ek aan jul vra, kan ons herlaaiers 'n punt se BC sommer daar by die skietbaan uitwerk met die gebruik van 'n chrony, hoe bepaal mens die korrekte BC van 'n punt?

HELP!

Ek luister graag na jul.

Re: Ballistiese Koefissi?nt BC

Posted: Sun Aug 08, 2010 4:09 pm
by Gerard
Dit is baie moeilik om die BC van 'n punt te bepaal omdat dit teoreties gedoen moet word.  Die invloed van die gekose punt moet dan bevestig word deur dit op 'n koe?lontwerp te sit, weer teoreties te toets en eers dan kan mens skietbaan toe om dit in die praktyk te toets. 

Om die BC van 'n koe?l op die skietbaan te bepaal is nie moeilik nie, net 'n bietjie werk.  Meet die trompsnelheid en skiet dan 'n trajek wat oor 500m strek.  Zero bv die lading op 200 en skiet dan 'n skyf op 200, 400 en een op 500, sonder om toe te laat vir die afstand deur ho?r of laer op die skywe te mik.  As dit 'n langafstand koe?l is, meet die val oor 1000m.  As dit 'n uiters langafstand koe?l is, meet die val oor 3000m.  Deur die boog van die trajek dan met ballistiese sagteware te toets, word di BC bereken.  Baie vervaardigers se BC syfers is uit die duim gesuig en mens moet maar altyd self die val tabelle skiet om seker te wees.

BC is veranderlik vir dieselfde koe?l.  Onder uiterste omstandighede kan die BC met tot 20% verskil.  Die hoogte bo seespie?l, temperatuur, humiditeit, spoed van die koe?l en hoek van die skietbaan (op of af) speel alles 'n rol.

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Sun Aug 08, 2010 5:32 pm
by Danie Lombard .243
Interesant die dat sommige vervaardigers die BC uit hul duim suig, 'n getal publiseer by die advertensie van 'n kooel punt. Ek het al baie daaroor gewonder omdat ek weet dat hooge bo seevlak, lugdruk, temp en dwars wind asook die elevasie van die skitebaan alles 'n invleod het op die BC. Die dat ek ook maak die vervaardigers se advertensies so-so lees as hul die BC aangee van bv.  .500 wat blykbaar baie hoog of goed is in BC taal. Dit is dus slegs 'n projeksie.

In ons omgewing en skiet omstandighede is dit dus soms raadsaam om ons eie BC toetse te doen waneer ons begin gesteld raak oor die BC van 'n bepaalde punt, die vermoe om oor langer skiet afstande beter spoed te behou, dus 'n platter trajek.
Gerard, jy het 'n goeie voorbeeld gegee hoe om BC te toets, maar ons sal dus sit met die woord goeie of slegte BC na die toets en dus nie 'n numeriese waarde aan die eindresultaat kan koppel nie. Maak die numeriese getal op die ou einde saak?

Ek gaan beslis op 'n rustiger stil dag die BC trajek toets doen op verskillende punte MAAR hul moet dan almal dieselfde gewig en kaliber wees, almal moet uit dieselfde wapen gevuur word en almal se trompsnelheid moet dieselfde wees. So 'n toets behoort baie interesant te wees.

VRAAG
Wat sal die verskil in trajek wees oor 'n afstand van bv. 300 meter waneer mens die toets doen soos hierbo beskryf met 'n swak bc punt teenoor 'n goeie of hoe BC punt?
Is die verskil lig jare, sal dit 'n skut bevoordeel tydens 'n skiet kompetisie?

Re: Ballistiese Koefissi?nt BC

Posted: Tue Aug 10, 2010 8:19 am
by Gerard
Gegrond op die gepubliseerde syfers vanaf die vervaardigers.
As mens die syfers en eksterne ballistiek van drie verskillende 243 koe?ls vergelyk, kry ons:

90gr Lapua Naturalis BC 0.230
90gr Barnes X BC 0.382
90gr Swift Scirocco BC 0.419
Almal teen 3120vps en met 200m zero.

Trajek in Duim
-1.5 - 2.20 - 0.0 - 10.44
-1.5 - 1.83 - 0.0 - 8.09
-1.5 - 1.79 - 0.0 - 7.83

Windskuif met 25km/u dwarswind
0.0 - 2.27 - 9.78 - 23.96
0.0 - 1.33 - 5.54 - 13.05
0.0 - 1.20 - 5.01 - 11.75

Spoed
3120 - 2669 - 2260 - 1888
3120 - 2843 - 2582 - 2336
3120 - 2867 - 2627 - 2400

Momentum
40.1 - 34.3 - 29.1 - 24.3
40.1 - 36.5 - 33.2 - 30.0
40.1 - 36.9 - 33.8 - 30.9

Energie
1946 - 1424 - 1021 - 713
1946 - 1615 - 1333 - 1091
1946 - 1643 - 1379 - 1151

Let op dat, ten spyte van dieselfde gewig, het die twee monometaal koe?ls die laer BC.

Die algemene re?l wanneer mens groepe wat geskiet is bekyk, is so:
Dominant vertikale groepe dui op 'n probleem met die ammunisie.  Die koe?ls vlieg nie oor dieselfde trajek nie dus is daar verskille in BC of trompsnelheid of albei.  Verskille in BC word veroorsaak deur punt vorms, neusboog vorms of skaglengtes wat wissel.  Trompsnelheid wat wissel, kom by verskille in eenvormigheid in die komponente of laaiproses. Wanneer mens groot verskille in gewig begin sien of punte en neusbo? begin meetbaar verskil, hoef mens nie te wonder oor wat aan die gang is nie.

Dominante horisontale groepe word veroorsaak deur die geweer en omstandighede.  Daar is iets op die geweer wat onder stress is of wind wat pla en so aan.

Hierdie is nie re?ls wat in klip gegraveer is nie maar dit is waar ek as geweermaker begin wanneer ek met 'n probleemkind begin werk.

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Tue Aug 10, 2010 8:44 am
by DSBW
Gerhard

Stem met jou saam oor die ontleding van groeppe, vertikaal vs horisontaal. Daar kan ook bygevoeg word dat vertikale groeppe baie keer te doen het met hoe konstant die skut die geweer vashou, hoe hard of sag sy voor en agter "rests" is, tot watter mate die "rests" albei presies dieselfde hardheid (of sagtheid) het, hoe konstant terugskop hanteer word deur die skut, ens.

Wat BC aanbetref slaan ek gled nie meer ag op die geadverteerde BC van vervaardigers nie. Bryan Litz in die VSA het 'n omvattende studie gedoen oor BC's, wat alles in sy boek oor "long range ballistics" vervat word. Die BC formaat wat hy gebruik word die "G7 Standard BC" genoem.

Dit is ordentlik nagevorste inligting, alles is fisies getoets, en gee jou 'n realistiese prentjie van jou trajekte. Dit is ook die eerste keer dat ek konstant geloofwaardige informasie kry van die ballistiese program wat hy beskikbaar stel saam met die boek, wat elke keer "pinpoint" akkuraat is in die praktyk.

Gepubliseerde BC's is net eenvoudig nie geloofwaardig nie, dit het die man bewys.

Groete

Dawie

Re: Ballistiese Koefissi?nt BC

Posted: Tue Aug 10, 2010 8:56 am
by Gerard
Bryan is 'n regte egte vuurpylingenieur (rocket scientist).  Wanneer hy begin berekenings maak, hang jou mond oop vir hoe maklik dit voorkom.

Die syfers wat ek hierbo gegee het is interessant in die opsig dat, indien mens 50vps by die Barnes X voeg, dit oor dieselfde trajek skiet as die Scirocco.  Die windskuif bly steeds agterwe?.  Om die windskuif by te kry, moet die spoed opgaan na 3380 toe.  Daar is geen manier wat mens die Lapua Naturalis by die trajek of windskuif van die ander twee kan kry nie.

Dit illustreer baie duidelik dat eksterne ballistiek nooit simplisties is nie.  Dit is altyd 'n kombinasie van verskeie faktore en soms verander mens iets en kry 'n resultaat wat nie voorsien is nie.

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Tue Aug 10, 2010 11:07 am
by Raven
Gerhard,

Wat is gewoonlik die probleem as jy 2 snyers het, en derde skoot val weg?

Raven

Re: Ballistiese Koefissi?nt BC

Posted: Tue Aug 10, 2010 11:16 am
by Gerard
Is die een wat weg is dominant horisontaal of vertikaal en watter fabrikaat is die aksie van die geweer?

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Tue Aug 10, 2010 5:52 pm
by Raven
Gerard,
Tikka 7mm, derde skoot val altyd tussen 10 en 11 uur so duim tot duim en 'n half uit.

Raven

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Tue Aug 10, 2010 6:59 pm
by Freddie101
Danie, Gerard en Dawie.
Interressant. Een van die redes hoekom ek met 87 gn vmax in my .243 skiet is omdat hornady n BC van .4 adverteer. (skiet @ 3350vt/s) Sou julle se dit is akkuraat.
Freddie

Re: Ballistiese Koefissi?nt BC

Posted: Tue Aug 10, 2010 9:12 pm
by Gerard
Raven,
Ek neem aan dit is 'n 7mm RM.  Watter fabrikaat matrys stel gebruik jy?  Die eerste ding om na te gaan is om te verseker dat die dop se skouer goed kontak maak met die skouer in die kamer.  Dit is makliker om dit met fotos te beskryf so ek sal later vanaand die fotos klaarmaak en more op 'n bladsy op my webwerf kry.  Ek is al 'n ent weg met die bladsy so dit sal nie lank neem nie.

Freddie,
Ek verstaan nie jou vraag nie.  Brei bietjie uit asseblief want ek kan nie die konneksie tussen BC en akkuraatheid kry nie.

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Tue Aug 10, 2010 9:18 pm
by DSBW
Freddie

Die vraag is wat Hornady bedoel met die .4 BC wat adverteer word. Gewoonlik is dit die BC teen trompsnelheid, wat natuurlik heltemal gaan verskil van die BC op 200 of 300 meter. Hoe dit ookal sy, ek dink Danie het ook daarna verwys, as 'n ou die jakkies kafdraf is BC veel minder van 'n "issue".

Vir die jakkies soek jy die beste trajek, wat jy kry deur goeie spoed, en die meeste jakkies word in elk geval tussen 100 en 250 meter geskiet. Op daadie afstande maak BC mider van 'n verskil, van 300 meter af vorentoe begin dit lol met swak BC's.

Ons het die toets al verskeie male gedoen op 300 meter, die windverstellings tussen bv. 'n 168gr 7mm punt vs 'n 140gr 7mm punt, op dieselfde dag, selfde wind, is minimaal (12mph 15h00 dwarswind), tussen .25 minute en .50 minute. Van 400 af raak dit egter 'n kopseer, maar nie een van ons skiet jakkies daar nie.

Dus, looi die 87's, met daai tipe spoed is BC die minste van Jakkie se worrys!

Groete

Dawie

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Wed Aug 11, 2010 10:35 am
by Beyers
Na alles gaan lees definitief die wyshede
http://stevespages.com/bc.html

Re: Ballistiese Koefissi?nt BC

Posted: Wed Aug 11, 2010 3:12 pm
by Gerard
Steve het weer 'n dissel onder sy saal gehad toe hy daardie artikel geskryf het.  ;)

Hou in gedagte daar daar twee perspektiewe is hier.  Aan die een kant is die gebruiker/jagter/sportskut wat prim?r belangstel in die werkverrigting van die koe?l en min omgee waarom een koe?l 'n ander se werverrigting oortref.  Hy vind net dat dit so is en vat dit sonder vrae.

Aan die ander kant is die ontwerper/vervaardiger wat moet sorg dat een die ander oortref en wie se verantwoordelikheid dit is om hare te kloof, sodat die verbruiker dit nie hoef te doen nie.

Die BC ding, en of dit in die praktyk gedoen moet word, of op 'n rekenaar, is 'n goeie voorbeeld.  Ek torring in die ontwerpstadium, onder andere, met BC tot in die 5de desimaal.  So ook werk ek met ses en sewe desimale op ander gebiede van ontwerp soos swaartepunt, statiese stabiliteit, dinamiese stabiliteit en ander kragte. 

Ek sou nie verwag dat Schumacher weet wat die treksterkte van die dryfas op sy motor is nie, maar as hy dit weet, verbreed dit sy insig ten opsigte van die taak.  Miskien weet hy en daarom is hy sewe maal kampioen.

Elke bobbejaan sit onder sy krans.

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Thu Aug 12, 2010 9:43 am
by Freddie101
Dawie Blaauw wrote: Freddie

Die vraag is wat Hornady bedoel met die .4 BC wat adverteer word.
Dankie vir antwoord Dawie. Ja ek wou maar weet of julle dink Hornady averteer die BC van .4 reg. Jy is seker reg datm dit nie eintlik tel op die afstande wat ons jakkies skiet nie. Groete Freddie 

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Thu Aug 12, 2010 10:09 am
by Raven
Gerard,
Ek wil nou 'n voorbeeld bysit sodat jy my tog kan mooi verduidelikwat fout kan wees of is dit net die skut wat swak skiet.
Dit is .2506 gelaai met 100gr Nosler BT- Afstand 100 meter
1ste skoot =12 uur, ek stel scope vir zero op 100m
2de skoot = 6 uur.
3de skoot = 5 uur
4de skoot = 2 uur
5de skoot = 1 uur

Image

Raves

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Thu Aug 12, 2010 11:02 am
by Piet Breedt
Raven, was die 12 uur skoot die eerste een van die dag, en was dit uit n skoon loop gewees?
Hoeveel is jou jump na die lands?
Het jy n "runout gauge" wat jy jou patrone mee check voor die tyd vir konsentrisiteit.

Andersins is dit nie n te slegte groepering. Vier van hulle onder n duim.

Ek skiet ook op 100m maar net om te sien wat maak hulle, maar bepaal my beste lading op my 200m groepe. Die beste groepering op 100m, is nie noodwendig die lading wat die beste gaan groepeer op 200m, en beste lading vir jou geweer op die langer afstande, aangesien die BC afneem namate die spoed afneem oor die langer afstande. Aaangesien n .25 06 nie eintlik ontwerp is om op 100m rond te ploeter nie, wil ek die beste moontlikke lading kry vir die langer afstande. In ag geneem dat meeste skote in die veld om en by 200m en v?rder is, soek ek my beste groep op 200m, en hou daarby.

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Thu Aug 12, 2010 11:59 am
by Raven
Piet,
12 uur was die eerste skoot en loop was mooi skoon gemaak.
My jump 82.55 - 80.55 = 2
Ek het nie 'n runout gauge.
Al die doppies was "gefullsize" weer, of moet ek net necksize, en sal ek dan 0.1gr dalk moet opgaan??

As ek 'n kansie kry sal ek 200m groeperings toets en laat weet.

Norton

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Thu Aug 12, 2010 2:52 pm
by DSBW
Raves

Piet het 'n punt beet, as jou lopie so mooi skoon gemaak was, kan jy eintlik die eerste skoot ignoreer, ons praat van die "wet shot", dit plaas gewoonlik buite die normale verspreiding van die res van jou skote. Dit is ook nie met alle roere die geval nie, maar die meeste het tog maar 'n "wet shot" afwyking.

As jy te sleg begin voel oor jou groepie, kom in die veld en skiet ietsie, soos 'n rooi wille hondjie, laat voel mens altyd beter oor jouself en jou roer.

Groete

Dawie

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Thu Aug 12, 2010 5:22 pm
by Piet Breedt
Raven, dit was heel moontlik agv die skoon loop soos Dawie ook bevestig. Ek persoonlik hou van doppe net necksize so v?r as moontlik. Dit is ook my ondervinding dat die .25 06 daarvan hou as jy hom .3mm van die lands af seat. Hy hou nie van n vreeslikke jump, maar dit kan varieer van loop tot loop. Ek self gaan nie met sulke klein sprongetjies 0.1gr op nie.

Ons moet ook nie uit die oog verloor dat ons nie met Benchrest gewere skiet nie, en dus heel tevrede kan wees as ons gewere onder n duim groepeer. Maar dit bly darm lekker as hulle so klawertjie of een gat maak.

n Runout gauge is elke sent werd, en vertel jou n hengse klomp goed oor jou herlaai tegnieke en toerusting. Bel? maar in een as jy kan.

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Thu Aug 12, 2010 9:49 pm
by DSBW
Raven, miskien net nog iets wat kan help. As jy nog nie jou nekke gesny het nie, is dit dalk iets wat jou baie kan help. As jy egter standaard dies gebruik, moet jy versigtig wees oor hoe jy dit doen, maar dit maak regtig 'n baie groot verskil, na my mening meer as enige iets anders in terme van dop voorbereiding, my opinie.

Groete

Dawie

Re: Ballistiese Koefissi?nt BC

Posted: Fri Aug 13, 2010 7:54 am
by Beyers
Gerard wrote: Steve het weer 'n dissel onder sy saal gehad toe hy daardie artikel geskryf het.  ;)

Hou in gedagte daar daar twee perspektiewe is hier.  Aan die een kant is die gebruiker/jagter/sportskut wat prim?r belangstel in die werkverrigting van die koe?l en min omgee waarom een koe?l 'n ander se werverrigting oortref.  Hy vind net dat dit so is en vat dit sonder vrae.

Aan die ander kant is die ontwerper/vervaardiger wat moet sorg dat een die ander oortref en wie se verantwoordelikheid dit is om hare te kloof, sodat die verbruiker dit nie hoef te doen nie.

Die BC ding, en of dit in die praktyk gedoen moet word, of op 'n rekenaar, is 'n goeie voorbeeld.  Ek torring in die ontwerpstadium, onder andere, met BC tot in die 5de desimaal.  So ook werk ek met ses en sewe desimale op ander gebiede van ontwerp soos swaartepunt, statiese stabiliteit, dinamiese stabiliteit en ander kragte.  

Ek sou nie verwag dat Schumacher weet wat die treksterkte van die dryfas op sy motor is nie, maar as hy dit weet, verbreed dit sy insig ten opsigte van die taak.  Miskien weet hy en daarom is hy sewe maal kampioen.

Elke bobbejaan sit onder sy krans.
En wat van SD?

Re: Ballistiese Koefissi?nt BC

Posted: Fri Aug 13, 2010 8:54 am
by Gerard
Wat van SD?

Re: Ballistiese Kofisient BC

Posted: Fri Aug 13, 2010 8:59 am
by Beyers
Hoe belangrik is SD? ;)

Re: Ballistiese Koefissi?nt BC

Posted: Fri Aug 13, 2010 9:14 am
by Gerard
As 'n alleenstaande faktor het dit geen gewig nie.  Ek gebruik die elemente wat SD bepaal (frontale area en gewig) om die kragte wat die koe?l verwring te bepaal.  Kru gestel sal 'n koe?l met meer SD meer verwring as een met minder SD, as alle ander faktore dieselfde is (wat dit nooit is nie).