Page 1 of 2

Snotsiekte

Posted: Mon Feb 18, 2013 6:42 pm
by lechwe
Dagse manne

Wat is juLle ervaring van snotsiekte en wildebesteeste. My navorsing se dis maar n siekte wat hoofsaaklik deur bou wildebeeste oorgedra word en in uitsonderlike gevalle swart wildebeeste en selfs skape.

Het nou 3 koie verloor en dit lyk soos snotsiekte. Het ook gehoor dit kan n gifplant wees. Bloedtoetse is gevat en gestuur na Onderstepoort vandag.

Enige ondervinding sal waardeer word.

Groete

Re: Snotsiekte

Posted: Mon Feb 18, 2013 8:11 pm
by James Wilson
Ek is tans besig met so n saak. Ek het die afgelope 6 maande heelwat navorsing gedoen, en veral na ou hofuitsprake gekyk. Snotsiekte is n eienaardige verskynsel op baie tereine. Eerstens is dit n dodelike siekte en n bees wat simptome toon gaan binne enkele dae dood. Ten spyte daarvan het snotsiekte nog nooit epedemiese afmetings gehad nie. In die hele 2006 is daar maar 126 beeste in die land dood. Vergelyk dit nou met iets soos lamsiek of hartwater en dan is daar nie n vergelyking in die aantal vrektes nie. Die volgende probleem wat jy kry is dat die medici nie met mekaar oor alles saamstem rakende die verspreiding van snotsiekte nie. Tipies in n hofsaak sal jy twee vee artse kry wat een vir die eiser en die ander vir die verweerder optree en dan verskil hulle radikaal van opinie.

Wat wel bestaan, is dat die uitslae kan wys of die snotsiekte van blou wilde beeste afkomstig is al dan nie.

Die probleem by die eiser is die skuldlas. Die hof se wie beweer moet bewys. As jy beweer jou buurman se blouwildebeeste het jou beeste aangesteek, dan moet jy bewys dit was sy bwb. Hoe doen jy dit?
So kom ons se daar loop n pad naby jou plaas verby, hoe weet jy nie dat die bwb wat al daarop verby vervoer is nie jou beeste aangesteek het nie? En so kan n mens aangaan.

Nog n ander redenasie is dat bwb eerste hier was, maw die beeste wat uit europa en ander plekke hier aangebring is, is vatbaar vir inheemse siektes. Deur dus met beeste te boer wat jy weet varbaar is vir siektes van abder diere wat reeds hier is, neem jy welbus n aksie wat jouself in gevaar stel.

En so aan en so aan. Onthou tog dit is nie my opinie nie, ek haal nou maar aan uit hofuitsptake of uit skikkings wat buite die hof plaasgevind het.

Re: Snotsiekte

Posted: Mon Feb 18, 2013 8:48 pm
by lechwe
Tx James, wat se jou navorsing oor swartwildebeeste en skape en die verskynsel daarvamn. Volgens my is hulle ook draers, mar die aanteken aarvan is baie beperk. Sowat 98% van alle gevalle is blouwildebeeste....is dit waar..?

Re: Snotsiekte

Posted: Mon Feb 18, 2013 9:36 pm
by Clinton3006
Blykbaar. Dra blesbokke ook, ek weet van plase waar bees en bwb saam loop, beeste word net mooi gemonitor, dan hoor ek van snotsiek beeste waar daar nie eers n bwb in 3km radius is nie. Dis vir my maar n baie duister saak en glo self voer kan ook n rol speel. Dis maar my 2 sente.

Re: Snotsiekte

Posted: Tue Feb 19, 2013 5:31 am
by henrygriffiths
ek is nie n kenner nie, maar op tech is ons geleer in die wildkunde klas dat dit n virus is waarvan skape en blou wildebeeste die draer is, Dr Ebedes (nie seker oor spelling) het gese die virus word hoofsaaklik oorgedra deur miggies wat op veral jong wildebees kalfies se trane om hulle oe en neuse draai en sit en so die virus optel en versprei na beeste, baie keer om water gate en krippe

hy het ook genoem dat hulle nie 100% kon vastel presies hoe dit versprei nie maar dat hulle wel kan toets of dit afkomstig is van die skaap of wildebees

soos ek verstaan het die wild boer net soveel reg as die beesboer om sy wildebeeste aante hou, ek bly en werk al 10 jaar op wild plase met bees boere as bure en nog nooit n voorval gehad van snotsietke by die bure nie, vriend van my het moeilikheid gehad en is toe later bewys dat die boer se eie skape die oorsaak was!

hoor graag wat dink julle.

Re: Snotsiekte

Posted: Tue Feb 19, 2013 7:58 am
by James Wilson
Ek weet nie wat die presentasie is nie, maar met wat ek tot dusver te doen gekry het sal ek reken dat bwb die meeste van die tyd as die skuldige geaanvaar is.

In my onmiddelike omgewing is daar boere wat groot melk of jare lank groot gemelk het, dit terwyl hulle melkoeie die res van die dag saam met die wild op die plaas loop insluitend bwb. Het met van hulle gesels en was daar in 20 jaar nog nooit n geval van snotsiekte by hule melkoeie nie.

Daar is vir baie jare geglo dat snotsiekte net deur direkte speeksel aanraking oorgedra kan word. Vandag weet almal dit is nie beperk tot direkte aanraking nie, maar wat dit verder behels is daar oor n diskripansie.

Ek sien in baie van die hofsake keer die regters dat die eise in n heen en weer eisery ontaard. Want beeste dra sponsiekte en nou kan dit weer die wildsboer se kameelperde dood. Baie regters werwys na die leef en laat leef beginsel. Baie maak ook die opmerking dat bwb eerste hier was. Sonder uitsondering is die hofsake se kostes meer as die bees wat gevrek het. Daar is natuurlik ook die saak van natuurbewaring wat moet toestemming gee of jy mag bwb aanhou en vervoer. Maar selfs hier verskil dit van provinsie tot provinsie.

Re: Snotsiekte

Posted: Tue Feb 19, 2013 8:08 am
by Smirre
More
Het self al bees verloor agv snotsiekte,
Die probleem is die bewyslas.. as jy nie in afsondering ver van enige pad af boer nie, gaan dit jou net geld kos.

Daar is vir my gese dat vliee dit 2.5km "kan" oordra.
Die virus kan vanuit 'n vragmotor deur die wind verspry word ...ens...ens

Sterkte

Re: Snotsiekte

Posted: Wed Feb 20, 2013 7:59 pm
by Wayne
I must say that I am not a fundi in this topic, but what I hear is that cattle are at risk during the stressful times of the wildebeest. Calving and weaning, so if you can keep your cattle away from the wildebeest at these times, your chances are good that you will not have any problems.My 2c worth
Wayne

Re: Snotsiekte

Posted: Thu Feb 21, 2013 8:39 am
by James Wilson
Wayne, there is a school of thought that would sugest your views on the stress related spreading of the disease is sound. Whats more is that this idea is also supported by game farmers.

Now in my region there are a handfull of farmers that own bwb as while as running a dairy on the same farm. Now dairy farmers will tell you that very few domestic animals experience the same stress levels as cows in a dairy. Being milked twice a day and giving birth often. Thus Dairy catlle are known for being very exposed to disease.

During the day these cattle will be grazing amongst the bwb. This is a ongiong thing for years and years. So somewhere during the year the cattle will be mixed with the bwb, when they(bwb) are at their high stress time. Now a dairy farmer is very much alert to possible outbreake of diseases and on every premature death of a cow a post mortem is ordered. All of this conspires to create a situation in which a perfect breeding ground for disease exists, as well as good data basis of each mortality.

Keeping all of this in mind, I am yet to find a farmer that farms with bwb and dairy catlle intermixed that have had snotsiekte.

Strange indeed, but only one of the reasons why snotsiekte is such a misunderstood phenonemon.

Re: Snotsiekte

Posted: Thu Feb 21, 2013 5:31 pm
by lechwe
Well just to keep you allin the loop. I have taken the blood samples of the three heifers that died and were sent off to Onderstepoort. Will share the results with all

Re: Snotsiekte

Posted: Thu Feb 21, 2013 6:10 pm
by mw
James Wilson wrote: Eerstens is dit n dodelike siekte en n bees wat simptome toon gaan binne enkele dae dood. Ten spyte daarvan het snotsiekte nog nooit epedemiese afmetings gehad nie. In die hele 2006 is daar maar 126 beeste in die land dood. Vergelyk dit nou met iets soos lamsiek of hartwater en dan is daar nie n vergelyking in die aantal vrektes nie.
James Wilson wrote:
Keeping all of this in mind, I am yet to find a farmer that farms with bwb and dairy catlle intermixed that have had snotsiekte.
Wayne wrote: but what I hear is that cattle are at risk during the stressful times of the wildebeest. Calving and weaning

Is snotsiekte nie maar net die natuur se manier om weer balans te herstel nie, te veel kalwers aangekom vir die hoeveelheid kos vir die seisoen, dan vrek van hulle tot die balans weer reg is?

Hoekom kom en gaan snotsiekte so vinnig, hoekom net in sekere gebiede?

Ek weet nie, dalk is ek heeltemal verkeerd, maar dit is hoe ek dit sien

Groete

Re: Snotsiekte

Posted: Thu Feb 21, 2013 9:37 pm
by James Wilson
Is snotsiekte nie maar net die natuur se manier om weer balans te herstel nie, te veel kalwers aangekom vir die hoeveelheid kos vir die seisoen, dan vrek van hulle tot die balans weer reg is?

Mw, dit is n raakpunt wat jy hier noem, maar miskien moet jy net se van watter kalwers jy praat wat te veel is vir die kos vir die seisoen?

Jou redenasie het ooreenkomste met die jakke wat te veel raak en dan hondsdolheid uitbrake beleef of die koedoes wat oormaat word en dan mildsiekte kry. Soos ek se ek is net onseker van watter spesie jy hier na verwys.

Re: Snotsiekte

Posted: Thu Feb 21, 2013 9:39 pm
by James Wilson
Lechwe wrote:Well just to keep you allin the loop. I have taken the blood samples of the three heifers that died and were sent off to Onderstepoort. Will share the results with all
Please do! Will be waiting

Re: Snotsiekte

Posted: Thu Feb 21, 2013 9:59 pm
by mw
James,

Sorry, blonde oomblik. Ek verwwys na die bwb kalwers wat gebore en gespeen word op n spesifieke plaas of gebied wat tot "oorbevolking" kan lei.

Re: Snotsiekte

Posted: Fri Feb 22, 2013 7:45 am
by James Wilson
mw wrote:James,

Sorry, blonde oomblik. Ek verwwys na die bwb kalwers wat gebore en gespeen word op n spesifieke plaas of gebied wat tot "oorbevolking" kan lei.

MW, bedoel jy die bwb raak te veel en dan maak die snotsiekte die getalle weer meer aanvaarbaar deur bwb steftes, baie soos miltsiekte by koedoes?

Re: Snotsiekte

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:38 am
by Dawid
SO DINK EK.....Wagnou manne wagnou....
Al die siektes wat oorkom op die diere is oorbevolking wat plaasvind op die habitat en die HABITAT skei sekere gifstowwe af wat weer die diere uitdun om sodoende die natuur te beskerm.
Dis hoekom vrektes en siektes onder die diereryk somtyds finominale getalle kan bereik.

Groetnis

Re: Snotsiekte

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:51 am
by mw
James,

Ja, dit is hoe ek dit sien!

Groete

Re: Snotsiekte

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:50 pm
by Josef
Why then is there no natural disease that kills the much, much over populated elephants in Kruger, Botswana and elsewhere?

These animals are really killing the whole habitat - as well as other animal species because of that - wherever their numbers are not properly managed.

Josef.

Re: Snotsiekte

Posted: Sat Feb 23, 2013 10:43 am
by James Wilson
mw wrote:James,

Ja, dit is hoe ek dit sien!

Groete
Mw, wag so bietjie, ek hoop nou nie ek het jou verkeerd gely nie. Bwb gaan NIE dood van snotsiekte nie. Hulle is bloot die gasheer van die virus.

Kom ek le n ander redenasie voor wat ek in die hofstukke sien.

Die regter se die eiser moet in gedagte hou dat die bwb eerste hier was( endemies). Dit klink so bietjie kinderagtig soos n kleuter op die speelterein wat eerste by n swaai was. Die punt wat die regter maak is dat bwb al die jare hier was, toe daarna bring beesboere willens en wetens beeste hier in van europese afkoms wat die boer weet vatbaar is vir inheemse siektes. So wie is nou die verkeerde party die wilsdboer wat n n spesie vestig wat in elke geval reeds hier was of die beesboer wat al 50 jaar boer sonder dat daar n bwb naby hom was? En so gaan die intriges aan van snotsiekte voort

Re: Snotsiekte

Posted: Sat Feb 23, 2013 4:45 pm
by lechwe
Uitslae teruggelry en dit os wildebeeste. Ek self het net swartwildebeeste, maar een vd buurmanne wat aangrensend is aan die kamp waar die drie koeie in dood is het blouwildebeeste.

So my aanname is dit is afkomstig vd blouwildebeeste, aangesien my trop swartwildebeeste seker n goeie 6 km van daar loop.

Re: Snotsiekte

Posted: Sun Feb 24, 2013 12:58 am
by James Wilson
Goed, maar wat gaan jou remedie wees, indien enige?

Re: Snotsiekte

Posted: Sun Feb 24, 2013 8:05 am
by lechwe
Hello James, remedy...niks...!

Die area waar ons boer is naby Verkykerskop in die Oos Vrystaat nie tradisioneel Blouwildebees wereld nie. Sal met die boer gesels en kyk wat ons kan doen. Sal julle laat weet...

Interesant dat ander wild speaies nie vatbaar is nie, selfs elande wat genieties naby aan beeste is.

Lekker dag

Re: Snotsiekte

Posted: Mon Feb 25, 2013 7:36 am
by mw
James,

Dan trek ek my hele stelling terug, ek was onder die indruk dat bwb ook vrek van snotsiekte en nie net die draer is nie. Baie jammer!

Groete

Re: Snotsiekte

Posted: Mon Feb 25, 2013 8:37 am
by James Wilson
Mw, ja kyk die snotsiekte is n eiesoortige verskynsel. Dit herriner baie aan vlakvarke wat varkpes dra maar self niks oorkom nie. Die regte gasheer voorbeeld.

Daar was ook nog nooit n bewys van mense wat van snotsiekte doodgaan nie.

Re: Snotsiekte

Posted: Wed Feb 27, 2013 12:37 pm
by Wayne
James
Explain the thing with the bwb being here first thing. To me that is bull, must we hand over our farms because the K's were here first. I am not wanting to start a fight here, just don't seem to understand that it is a known fact that bwb cause snotsiekte deaths in cattle, so if you want to farm with them and put your neighbors at risk, then if there is a claim against you, then bad luck - pay up.
Wayne