Bevoegdheid

Post Reply
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Bevoegdheid

Post by theedge »

Vandag gesien na n jaar en paar dae kort van 4 maande is my bevoegdheid sert. goed gekeer Nou net wag op die lisensies.  Gelukig is daar lig
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Bevoegdheid

Post by Ponkie »

Ek wag ook nou nog Oom! My vorms was na 'n jaar terug gestuur omdat daar erens nie geteken was deur die polisiebeampte nie! Dit het hulle darem vrek lank gevat om dit raak te sien!!!!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: Bevoegdheid

Post by JvB »

Geluk met die bevoegdheid en sterkte verder.

Ponkie, dit is glad nie lekker as dit gebeur nie, maar dit pla hulle seker nie.

Ek hoor gister myne l? nog by vinger afdrukke en Oktober is dit al 'n jaar wat ek wag.


JvB,
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: Bevoegdheid

Post by Francois B »

middag manne

Ek het in naboom vir my bevoegdheid aansoek gedoen en 2 jaar gewag net om uit te vind van my papiere is weg! Ek het toe in Laingsburg weer my papiere van voor af weer ingestuur en 4 maande later toe kry ek my bevoegdheid, koop toe vir my n 243 win en n maand daarna gaan ek vsa toe met  die mening dat dit so paar jaar sal vat! 3 maande later word ek ingelig dat my lisensie goedgekeur is! Wel ek gaan volgende sondag vir die eerste keer weer terug SA toe so ek het my lisensie al vir 2 jaar , maar kon nog nie met die roer n paar jakkies omdop nie! so glo my maar daar sal vir n paar maande net geskiet , gebraai en biltong geeet word!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Bevoegdheid

Post by Freek »

Ek het in naboom vir my bevoegdheid aansoek gedoen ...

Francois, ken jy vir oom Jan Bondesio? Hy is die wapen smit en eienaar van die geweer winkel op Naboom?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: Bevoegdheid

Post by Francois B »

freek

nee ken glad nie vir oom jan persoonlik nie , maar ek dink ek het hom wel al op een geleentheid ontmoet ek was net vir so 8 maande in daardie distrik ek bly maar n karoo klong jong!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Bevoegdheid

Post by theedge »

Thanks hoop om nie te lank te wag vir die lisensie nie.  Sterkte vir die ander manne wat nog wag
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Bevoegdheid

Post by Tiny »

Hallo almal..

Ek is nou eers 17 maar ek het reeds CHASA gedoen en wil nou die bevoegdheidkursus doen sodat ek vir my 'n roer kan aanskaf en onafhanklik kan jag en skyfskiet.. Ek besluit nog net waar ek my papiere gaan ingee. Is dit waar dat die Wes-kaap vinniger is as die Oos-kaap wat die papiere aan betref?

Hopelik kan ek as ek 25 is die .308 op my naam he..

Groete
Tiny
Post Reply