Page 1 of 1

Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 12:31 pm
by DWB
Goeie Dag Menere,

Wil julle nie bietjie hier kom fotos plaas en vertel hoe julle tewerk gaan nie?

Asook in watter area julle dit doen?

Hier is nie vlakvarke nie, maar ek hoor graag.

Ek hou nou maar een maal daarvan om mieliediewe te klop :D

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 12:45 pm
by Geno
Ek skiet so nou en dan varke in die mielies. James Wilson is eintlik die groot varkjagter.

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 12:46 pm
by DWB
Ek sien James is bietjie skaars.

Skiet jy hulle op die voet of van die bakkie af?

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 12:52 pm
by Geno
Altwee. Partykeer sit ek hulle voor langs 'n land, en ander kere ry ons maar rond en soek die otte.

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 12:59 pm
by BLOK
Ek stop sommer altyd my camo bakkie op hhulle pad land toe onder n boom en sit agterop en wag dat hulle verbykom. Jy sal verbaas wees hoe swak die varke sien, as die wind reg is sal hulle sommer amper aan die bakkie vasdraf.

Hier is een wat ek so geskiet het was seker op so 8meter steeds reguit oppad bakkie toe.

Die ander een het Blokkies geskiet maar ook nadat hy verby die bakkie is net voor hy die land in is.

Image

Image

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 1:01 pm
by Geno
Is dit Lynx glase op 'n Burris man se geweer? Wat sê Jacques Botha van dit?

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 1:03 pm
by Jean Marais
Jislaaik maar klein Blokkie het daai vark darem seer geskiet met daai 204 ;D ;D ;D

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 1:22 pm
by BLOK
Geno

Sommer n ou Lynx wat ek eers opgesit het, kry nog nie wat ek soek nie.

Jean

Nee daai was met Blokkies se 243 wat daai vark mee geskiet is. Hier is een wat hy met die 204 gestamp het

Image

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 1:25 pm
by DWB
Daai is 'n mooi vark BLOK!

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 1:44 pm
by Jean Marais
Baie netjies. Jy sal my seker nou nie glo nie, maar ek het in my hele lewe nog net 1 vark geskiet. Hulle weet seker wat vir hulle voorlê, want ek sien amper nooit van die goed nie, en van die kere wat ek al op hulle aangelê het, het ek so bokkoors gekry dat ek hulle geheel en al mis geskiet het. :P :'(

Moet darem bysê ek was toe veel jonger gewees. As ek hom nou raakloop, gaan hy val ;D ;D

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 1:49 pm
by LUAN
Mooi man kyk die mannetjie se "cheat sheet" op die kant van die kolf!

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 1:51 pm
by Pitbull
Baie mooi Blok en Blokkies daai is oom beer.

Daai 204 is ook 'n baie mooi roer, ginwonder jy hom so like nie. En daai sneller skoen werk ook lekke. ;D

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 1:59 pm
by BLOK
Pitbull wrote: En daai sneller skoen werk ook lekke. ;D
Daai skoen is maar vir sussie se klein vingers om by die sneller uit te kom is mos immers haar geweer. :D

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Fri Feb 15, 2013 2:05 pm
by Pitbull
BLOK wrote:
Pitbull wrote: En daai sneller skoen werk ook lekke. ;D
Daai skoen is maar vir sussie se klein vingers om by die sneller uit te kom is mos immers haar geweer. :D
Dit is mos wat ek bedoel, ;D my meisiekind is nou 11 en sy kry daai 223 mooi gedruk met daai skoentjie aan.

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Thu Feb 21, 2013 7:56 pm
by De beer
Ons skiet nou nie in suikerriet nie. Maar die mielies wel. Die tyd nou is wanneer ons baie besig is en baie boere ons bel. Die varke slaap sommer in die lande want hullet kos en water daar binne. Die mieliejag is baie makliker as wat ons aan gewoond is. In die veld werk jy op n koue spoor en die gevare van strikke wat die honde kan vang is baie groter. In die lande is die honde vinnig op die spoor en die honde kry nie so maklik seer nie

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Thu Feb 21, 2013 8:30 pm
by Roger
Ek het saam mense in Schweizer gaan varke skiet in mielie lande. Baie opwindend en vinnige aksie. Ek het my. 308 gebruik. Het vir my lekker gewerk met n fixed-parallax scope.

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Mon Mar 11, 2013 12:06 pm
by Geno
Die naweek se 4 bosvarke en een vlakvark wat ons oor honde geskiet het in mielielande.

https://fbcdn-sphotos-b-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash3/554997_10151468401082239_343834620_n.jpg
https://fbcdn-sphotos-b-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash3/542831_10151468398347239_284197885_n.jpg
https://fbcdn-sphotos-g-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash4/485010_10151468399767239_1904659762_n.jpg
https://fbcdn-sphotos-a-a.akamaihd.net/hphotos-ak-snc7/313418_10151310600711994_1773424125_n.jpg

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Mon Mar 11, 2013 12:10 pm
by Roger
Goeie werk kerels!!

Re: Wie skiet Vlakvarke in Mielies en Suikerriet?

Posted: Wed Mar 13, 2013 8:46 am
by De beer
Ek is eintlik n hardwerkende persoon. Waar was jy en ge geno toe julle daai mooi foto van my geneem het