Page 1 of 1
Hoe lank omtrent?
Posted: Wed Feb 13, 2013 2:28 pm
by Eugene
Ouens, ek lyk meer soos die Wit Buffels as soos SBW, maar is darem nie heeltemal so dik nie! Ek eet reg en gebalanseerd en vermy die vetmaakgoed en alkohol sover moontlik.
Ek wil egter weet watter tipe maagoefening ek kan doen wat my middelrif sal verklein en ook hoe lank dit sal neem? Ek besef ek het 14 jaar aan die pens gewerk en dit gaan nie vinnig wees nie, maar ek wil nie oor 'n jaar agterkom ek oefen verkeerd of na 2 maande moedeloos raak nie...
Dankie, ek luister graag!
Groete
Re: Hoe lank omtrent?
Posted: Wed Feb 13, 2013 2:36 pm
by Chevvy SS
Het jy nie gespog jy het 'n mooi sekretaresse nie Eugene?
Re: Hoe lank omtrent?
Posted: Wed Feb 13, 2013 2:40 pm
by jaracal
Die probleem is dat as jou middel swaartekrag punt eers geskuif het na voor jou voete is dit uiterste inspanning om dit weg te kry. Ek sou aanbeveel om by 'n Gym aan te sluit en laat die kenners jou help. 'n Goeie gebalanseerde dieet is meer werd as al die oefeninge en nie reg eet.
Groete
Re: Hoe lank omtrent?
Posted: Wed Feb 13, 2013 2:48 pm
by Eugene
jaracal wrote:Die probleem is dat as jou middel swaartekrag punt eers geskuif het na voor jou voete is dit uiterste inspanning om dit weg te kry. Ek sou aanbeveel om by 'n Gym aan te sluit en laat die kenners jou help. 'n Goeie gebalanseerde dieet is meer werd as al die oefeninge en nie reg eet.
Groete
Hein, daai het ek reeds gedoen en ek is al op my derde gympartner, want die ander het moedopgegooi! Eks nou al so gewoond aan alleen gym, dit voel skoon snaaks as daar iemand saam is!
Ek wil net weet of my verwagtinge te hoog is en of ek dalk iets verkeerd doen!
Gympartner no 2 (die "ekspert") het gesê mens oefen nie spesifiek jou maag nie, want jy gebruik jou maagspiere met elke oefening.... Maw, ons het nooit spesifieke maagoefeninge gedoen nie. Ek het egter opgelet dat die manne met die PT's doen wel elke dag maagoefeninge en het maar met die oë gesteel en doen self ook nou maagoefeninge. Ek wil net weet wat om te verwag!
Re: Hoe lank omtrent?
Posted: Wed Feb 13, 2013 3:01 pm
by DanieDuP
Hi Eugene
Ek is self nie 'n expert nie maar ek ken 'n helepaar manne wat is, asook manne wat profesioneel rugby speel en het al by geleer by hulle. Omtrent die maag oefeninnge kan jy maar sit-ups en alerhande dinge doen tot jy blou raak dit gaan nie noodwendig die beste werk om jou middel kleiner te maak nie maar wel baie sterker. Die beste oefening vir dit bly maar Cardio. Draf (mdv interval training) fiestry, crosstrainer, tappe klim en daardie tiepe dinge. Rede hoekom mens moet maag oefen is juis dat jou core die belangriskte spier is om sterk te he. Enige oefening wat jy doen gebruik jy jou Core spiere. Daarom sal ek se dat tenimste 30 na 40 min se cardio minimum 3 keer 'n week vir maand of wat behoort jy klaar groot verskil te sien. En natuurlik is jou dieeet die belangrikste van als, reg oefn saam met goeie dieeet kan mens sommer vinnig vinnig gesonde gewig verloor.
Dis net my 2c daar mag van die wees wat verskil maar uit ervaring uit het ek al gesien dat dit is wat die beste werk. Sweet sweet sweet
Groete
Re: Hoe lank omtrent?
Posted: Wed Feb 13, 2013 3:23 pm
by Eugene
Maw, dis nie onrealisties om teen einde Maart al resultate te verwag nie? Op voorwaarde natuurlik dat ek reg eet en reg oefen!
Re: Hoe lank omtrent?
Posted: Wed Feb 13, 2013 3:28 pm
by Eugene
Dankie Ludwig! Daai poster is great, dan weet ek ten minste ek is op die regte pad!
Re: Hoe lank omtrent?
Posted: Wed Feb 13, 2013 6:38 pm
by FCLoretz
Eugene,
Net soos Danie en Ludwig se, maag oefeninge gaan net jou maagspiere sterker maak. Maar niks vir die vetrolle doen nie.
Hou vol met die dieet en werk in die gym aan die Cardio.
Sent from my GT-I9300 Using ForumTouch for Android
Re: Hoe lank omtrent?
Posted: Thu Feb 14, 2013 11:38 am
by spekieries
As ek so na jou Avatar kyk, los jou maag nes hy is en gaan soek 'n goeie kosmetiese Chirurg.

Re: Hoe lank omtrent?
Posted: Thu Feb 14, 2013 12:57 pm
by Eugene