Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by PWV »

Die Ou Ballie jag op Sorgvry.

Moeg na die rit van 1 200 kilometer stop ek en Chris in die sanderige grond van Sans Souci, die jagplaas ongeveer 58 kilometer van Koës af. Dit voel soos wanneer jy ‘n pynpil vir hoofpyn drink, want dadelik is die stres en ander kwale vergete in die pragtige Kalahari. Dan onthou ek skielik wat ek gelees het: Sans Souci beteken Sorgvry! Dit was Woensdag. Môre en oormôre moet ons vleis bymekaar maak.
Met die afklimslag druk Franz ‘n koeligheidjie in ons hande. Hy en Hennie het die vorige dag al gearriveer.

Ou Ballie, ek soek tussen 30 en 40 springbokke en jy kan vir jou twee gemsbokke skiet”, laat Chris hoor.
Die eerste woord wat ek nou hiervan hoor - dat ek die enigste ou is wat gaan skiet. Ek besef dadelik dat ek nou sal moet kophou, want daar is nou nie ander ouens wat ook gekritiseer kan word vir swak skote nie. En hierdie manne se kritiek sny deur murg en been!

Donderdag is die oes 17 springbokke. Ons kry die gemsbokke, maar besluit om die twee eers Vrydag te skiet. Dit is effens warm en die weervoorspelling sê dit gaan Vrydag en Saterdag koud wees; dus ‘n beter kans dat die groot karkas deur die nag sal lekker sal afkoel.

Dit is Vrydag. Die dertigste springbok het geval en nou is dit die gemsbokke. Saam met my teen die skietkussing, staan Hennie. Sy “geweer” is ‘n Canon 1D MKIII-kamera met ‘n Canon EF300mm-lens – amper so lank soos my Tombi. Ek en Hennie verstaan mekaar nou al, want die vorige dag het hy ‘n paar pragtige reekse foto’s geneem terwyl ek springbokke skiet.

Toe die bakkie sy neus oor die derde duin steek, is die gemsbokke voor ons in die straat. Ek weet nou al dat die duine in hierdie gebied so tussen 400 en 450 meter uitmekaar is. Ek skat dus die afstand na die gemsbokke op so 200 meter en stel die teleskoop op die 200 m-merkie.

Tweede een van regs”, fluister ek vir Hennie.
Ek besef dat ek nou moet gou speel, want hulle kyk nou in ons rigting. Ek voel die 7 mm Tombi se kolf gemaklik teen my skouer en links van my hoor en die sagte gekirrr van Hennie se kamera wat aan die gang kom om tien raampies per sekonde te skiet. Met die kruishaar wat vassuig op die bok se regteroog, druk ek die sneller en bok sak in sy spore neer.

Ek het hom ook, Pieter”, laat Hennie hoor.
Met deesdae se wonderlike tegnologie, wys hy vir my wat werklik gebeur het - raampie vir raampie. Op die eerste foto, toe die skoot klap, ruk die bok altwee sy agterpote op. As dit nie ir die kamera was nie, het jy dit nooit gesien nie. Die tweede foto toon die wond waar die 162 gr. Hornady SST-projektiel hom net onder sy regteroog tref en die stof op sy kop uitslaan. Die derde foto toon die bok wat in sy spore grond toe sak.

By die bok gekom, sien ons die koeël is net agter sy linkeroor uit - ‘n geweldige wond wat sy kop flenters geruk het. Weereens besef ek dat hierdie koeëls net geskik is vir kopskote. Chris meet die afstand: 190 meter.

En toe is ons jag skielik oor - vleiswerk met 30 springbokke en twee gemsbokke. Die opwinding is verby en sal ons maar moet wag tot volgende jaar vir ‘n volgende avontuur, as dit ons beskore is.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by Eugene »

Mooi storie en pragtige fotos, Oom Pieter!
Aim small, miss small
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by johnny »

Hel oom Pieter dis mooi, die nuwe tegnologie is wonderlik

groetnis

Johnny
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by FHM »

Lekerrrr man!
Dankie Oom PW - mooi vertel weereens en great fotos om te beaam wat jy se.

Ek dink die manne wat nog nooit Kalahari ge kamp-jag het nie, mis n jag avontuur wat mens nooit en nerens anders kan kry nie. En dis so fooken verslawend!!! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Pitbull
Full Member
Full Member
Posts: 237
Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by Pitbull »

Dankie met die deel van 'n verslawende stokpertjie. MOET NOU BOS TOE.
I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday.
atplay
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by atplay »

Netjies!!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by Marc »

Dankie vir die deel Oom, lekker saam gejag ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by Johan Nel »

Oom Pieter jou yster!!! Mooi fotos daardie. Ek het die foto van die Gemsbok wat se pote so opgeruk word in Magnum gesien ook, as ek nie mis het nie. Sit ook nie sommer in enige man se broek om so 'n klomp bokke te skiet in twee dae nie, welgedaan!

Dankie vir die storie oom. Dis 'n lafenis vir die jagtersdrifte wat soms so sterk is.

Groete,
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by Piet Pille »

Netjies oom Pieter!

Ek sien oom en daai 7mm verstaan mekaar mooi.
En respek aan die kameraman ook!

Knapgedaan!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by Cobus(Cobb) »

FHM wrote:
Ek dink die manne wat nog nooit Kalahari ge kamp-jag het nie, mis n jag avontuur wat mens nooit en nerens anders kan kry nie. En dis so fooken verslawend!!! ;)
FHM....ek hou my posbus dop vir daai uitnodiging na jou wereld toe....

Cheers
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by henried »

WOW!!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by PWV »

pine wrote:Oom Pieter, baie dankie, wonderlik geskryf en die fotos maak die storie net beter. Ek gaan ook nou vir Oom druk vir nog. Geseend Pine.
Pine, jy is die laaste een wat van dit wat ek pleeg, as "wonderlik geskryf" kan praat. Jou stories en vertellings is nie van 'n ordinere soort soos myne nie. Val heeltemal in 'n ander klas.
Wanneer laat jy weer jou rekenaar se toetsbord bietjie praat?

Groetnis
Die Ou Ballie
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by Smiley »

Oome julle altwee skryf mooi stories, hou so aan asb.
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by Dippies »

Daai gemsbok se helmet toe nie so hard om n 7mm te stop nie.

Baie mooi storie en goeie skootplaasing. die kamera man kan ook n bells kry.

Dippies
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Die Ou Ballie jag op Sorgvry

Post by FHM »

Cobus(Cobb) wrote:
FHM wrote:
Ek dink die manne wat nog nooit Kalahari ge kamp-jag het nie, mis n jag avontuur wat mens nooit en nerens anders kan kry nie. En dis so fooken verslawend!!! ;)
FHM....ek hou my posbus dop vir daai uitnodiging na jou wereld toe....
Cheers

Ek hoor jou lied Cobb ;D
Ek en Pieter Vorster (jnr ;) ) en dalk ook Cor Jacobs wat saamgaan - beplan 3 - 7 July Nam Kalahari trippie. Ek weet nie meer hoe om te maak om die tyd om te kry nie!!!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply