MUTE Knaldempers

Post Reply
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

MUTE Knaldempers

Post by Armand Steenkamp »

More kerels!

Ek het gedink ek sal n kort oorsig oor die demper skryf omdat ek nou al so een n geruime tyd toets.
Ek wil ook omverskoning vra vir die gebrek aan fotos! My kammera se memory card wil nou nie een foto op my rekenaar uitspoeg nie!!!

Mute knaldempers is nog reedelik nuut op die mark en word gebou deur Nicol Brand (Nicol Chukudu op die Forum) en Gawie Blaauw ,n geweersmid van Pretoria.

Ek toets die demper op my RSA 308. Ek het seker al so 420 skote deur hom en ek het nog geen probleeme gehad nie. Op die oog af is dit n mooi demper wat Name rings aan het volgens kaliber ,kan nou nie al die name onthou nie maar dink dis noggal iets anders waarvan ek hou! Op die demper is daar groewe wat presies die selle funksie het as "flutes" op n geweer loop ,vergroot die oppervlak wat help dat die demper vinniger afkoel.

Ek het al met n paar bekende dempers tedoen gehad waarvan almal voor en nadele gehad het. Maar ek moet nou se die Mute is rerig stil!! Ek sal nou nie kan se hy is stiller as die of daai demper nie...... maar vir my oor klink dit so ;) ;) Baie stiller as van die dempers wat ek al gehoor het.
Geen knaldemper kan jou geweer meer akkuraat maak nie, maar hy laat my wragtag beter skiet!
Die demper vat ook baie van my 308 se skop weg! Hy vat verseker meer skop weg as n paar bekende dempers wat ek ook al op n 308 met min of meer dieselle gewig geskiet het. Hy skop nou amper soos my 243!
n Ander groot voordeel van die Mute is dat hy so bleddie lig is!! Ek het hom nog nie geweeg nie maar ek verbeel Nicol het gese dis onder 400gram ,en die demper is min of meer 233mm lank met 7baffles . Die balaans word nie so baie affekteer soos met die swaar dempers nie. Ook die punt van impak van jou koel met en sonder die demper is baie kleiner.

Die demper se buis is van "Aircraft grade alliminium" en die baffles is van stainless spring steel.
Ek is so beindruk met die demper ek het vir my 243 ook een gekry.

Maar soos met alles het die demper ook maar sy nadele.
Hy raak reedelik gou warm. Maar gelukkig is daar dam kleertjies wat jy vir die demper kan aantrek om die mirrage weg te vat. Het so iets n rukkie trug op die forum gesien.
Die ander ding is jy moet maar nie die demper laat val nie! Alleminium is nie so hard soos staal nie! Myne het al so n paar battle scars op.

Om af te sluit dink ek steeds dis n uitstekende produk! Lig en doodstil! Die is nie n wetenskaplike oorsig nie, bloot uit die oogpunt van n jagter .

PM maar vir Nico Chukudu as julle meer wil weet. Ek sal hom ook se dat hy nog bietjie van die tegniese inligting van hoe hulle die dempers maak kom by sit. Het wel gehoor die manne gebruik CNC masjiene en lazar cutters!

Nicol moet maar al die tegniese goete kom bysit , my kop is te plat daarvoor!

Groetnis
Image
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: MUTE Knaldempers

Post by jl1904 »

Hello Arnand, wat kos so demper?
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: MUTE Knaldempers

Post by Reghardt »

jl1904 wrote:Hello Arnand, wat kos so demper?
More

Jammer ek is bietjie laat met my pos maar ek hoor ook net goeie goed van hulle. Ek gaan een koop maar op hierdie stadium is safari & outdoor verspreiders van die dempers. Hulle is R3000 by safari. Ek weet varminter 308 op die forum het ook een en is baie tevrede en sê ook dat hulle baie stil is. Ek gaan def vir my ook een kry binnekort.

Lekker dag
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: MUTE Knaldempers

Post by Cobus(Cobb) »

jo jo jo....dit is R1700 meer as wat myne kos vir my 308.....klink goed maar prys veels te swaar vir my sak...

Cheers
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: MUTE Knaldempers

Post by NEGE3 »

Het ook een op my 223 en is baie tevrede. Produk van hoogstaande gehalte.
Proudly South-African.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: MUTE Knaldempers

Post by Francois B »

Ek het ook so mute op my 30-06 gesit en ek is baie tevrede die geweer is baie lig ek het hom speciaal gekoop vir stap in rowwe teryn en ek moet se die mute is baie lig en verander nie veel aan die belaans van die geweer nie ek het al so 1000 skote deur hom en hy loop soos stroop! Ek het n termenator ook en sal nie 1 van die 2 veruil vir enigeiets nie! Ek wil net so ligte vergelyking tref ten opsigte van klank omdat almal termenator ken die termenator het meer n metaal klank iets soos "tjieng" waar die mute meer van n dowwe "duf" klank maak! My groepe met die mute het met n duim gekrimp vandat ek met die mute skiet, ek kry n konstante 9mm uit die 30-06! Die termenator is op my jakkals geweer en is baie lekker uit die stoel uit, maar die mute is op n stap geweer en ek moet se ek is meer as tevrede en die diens wat mens kry van nicole is on geewenaar !

Groete francois
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: MUTE Knaldempers

Post by Armand Steenkamp »

My tweede mute gan nou op my 243 kom!! My 308 sin loop nog soos troop! Soos reeds genoem Hou Safari & outdoor hulle nou aan.

Groetnis
immelmanw

Re: MUTE Knaldempers

Post by immelmanw »

Cobus(Cobb) wrote:jo jo jo....dit is R1700 meer as wat myne kos vir my 308.....klink goed maar prys veels te swaar vir my sak...

Cheers
Cobus, die R3000 is aansienlik minder as wat van die ingevoerde goed kos, ATec, ASE Ultra ens....R5000 plus!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: MUTE Knaldempers

Post by Armand Steenkamp »

As jy kyk hoe die mute ontwerp is en hoe hy gemaak is sal ek se hy is daai R3000 werd, en as jy kyk na sy werkverrigting. Willim sal beter kan verduidelik hoe Nicol die dempers aan mekaar sit, Nicol het my al vertel maar my kop is te plat!

Groetnis
Zack Benade

Re: MUTE Knaldempers

Post by Zack Benade »

Die Mute lyk lekker klein en kompak.
As ek 'n silencer koop is prys egter 'n belangrike faktor. Lyk my 'n silencer kos amper meer as 'n nuwe geweer. :P
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: MUTE Knaldempers

Post by Cobus(Cobb) »

immelmanw wrote:
Cobus(Cobb) wrote:jo jo jo....dit is R1700 meer as wat myne kos vir my 308.....klink goed maar prys veels te swaar vir my sak...

Cheers
Cobus, die R3000 is aansienlik minder as wat van die ingevoerde goed kos, ATec, ASE Ultra ens....R5000 plus!

,,,,maar dan ook meer as dubbel die prys vir die "proudly South African" produk uit Clarence se stal uit.

Cheers
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: MUTE Knaldempers

Post by Armand Steenkamp »

Mute is ook n "proudly South African" produk, net uit n ander stal.

Groetnis
Post Reply