Page 1 of 1

Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Fri Feb 08, 2013 8:19 pm
by uitenwaj
Okay met erken dit voel weird om jouself so te adverteer maar hier gaan dit.

Ek bly in Secunda Mpumalanga.

Ek drink nie oormatig nie en weet waar my perke is. Ek doen net "walk & Stalk" jag.
Is opsoek na vriende saam wie n mens kan gaan jag en nou en dan oefen skiet.

PM my as jy n jag maat nodig het.

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Sat Feb 09, 2013 2:13 pm
by Jake1
My naam is boontjies

Ek is van Hillbrow, en daai storie dat ek uit my woonstel venster jag waarvan almal nou al seker gehoor het is nie waar nie, of ten minste kan ek dit nie onthou nie......

Ek is 'n matige drinker en drink net so 2 bottels brandy 'n aand, behalwe nou as ons kuier dan raak dit meer. Ek is nie 'n sigaretroker nie dit stink. Ek rook so nou en dan 'n spliff maar ek haal die pitte mooi uit.

Ek het 'n dubbelbed slaapsak en sal graag saam met iemand in hom wil slaap(word soms bang in die aande aangesien ek 'n rekkie was, dan skiet ek sommer)

Ek het dit reggekry om 'n R4 en swaarloop R1 uit te smokkel uit die weermag toe ons uitgeklaar het. Ek skiet uitsluitlik op "automatic" want dis vir my te kostelik om te sien hoe die bok eers in die lug op trek en dan val.

Ek hou ook daarvan om voels te skiet ek wil graag 'n lel kraanvoel skiet(braai baie lekker) en so arend of twee. Ek like dit om die voel te skiet en dan net te sien vere waai asof ek 'n vere kussing geskiet het.

My oom verkoop zcc wors so ek sal die wors bring, op die huis!

Enigiemand wat belangstel om saam met my te jag gooi my 'n pm

Boontjies

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Sat Feb 09, 2013 2:30 pm
by uitenwaj
Boointjies jy klink na die perfekte jag maat en met die lepel le sal ons nie een koud kry nie.

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Sun Feb 10, 2013 1:09 pm
by Jake1
ok alle grappies op 'n stokkie......

Ek het vir julle die ideale plek gekry waar jy alleen kan gaan jag in die Thabazimbi area, pryse is baie goed, plek het dubbelbed kamers en enkel bed kamers met air conditioning, asook Jacuzzi en 'n baie goeie PH as jy hom verlang. Koelkamer, slagters - die works.

Die plek het mooi gesonde wild en as jy nie 'n vlakvark skiet nie is jou geweer uitgestel- daar is baie.

Die eienaar van die plaas is 'n baie joviale ou en julle sal lekker saam met hom kuier, julle maagspiere gaan seer wees van te veel lag- hy like van jokes.

Laat my weet per pm as julle belangstel, julle sal dit regtig geniet, ek was al baie daar.

Jake1

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Wed Sep 18, 2013 8:54 am
by Henco 7 x64
Jake 1 nou het ek dam lekker gelag ou maat goeie werk met jou eerste plaasing

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Wed Sep 18, 2013 12:12 pm
by ROBBIE1
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :'( :'(

Onse aarde Jake, reel n trip jong, sien mens gaan n strap-on lewer :o , kalmeerpille >:D en koeltrok moet saamvat om saam jou te jag!!

:police:

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Wed Sep 18, 2013 2:31 pm
by Jake1
><) ><) ><) :-[ ;D

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Wed Sep 18, 2013 6:33 pm
by mariusr
Jake hou van daai Thaba plaas en die lekker lag! Gooi maar eers die pryse voor ons miskien begin hui! Los maar vir ou Boontjies van Hibrow glo nie hy sal in pas nie!!? Hoe se hulle van lekker lag kom lekker huil!!

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Wed Sep 18, 2013 10:46 pm
by Jake1
Sal bietjie pryse kry Marius hy is nie duur nie,

Jake1

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Fri Aug 19, 2016 3:18 pm
by Hennie Oelofse
Jake1 wrote:ok alle grappies op 'n stokkie......

Ek het vir julle die ideale plek gekry waar jy alleen kan gaan jag in die Thabazimbi area, pryse is baie goed, plek het dubbelbed kamers en enkel bed kamers met air conditioning, asook Jacuzzi en 'n baie goeie PH as jy hom verlang. Koelkamer, slagters - die works.

Die plek het mooi gesonde wild en as jy nie 'n vlakvark skiet nie is jou geweer uitgestel- daar is baie.

Die eienaar van die plaas is 'n baie joviale ou en julle sal lekker saam met hom kuier, julle maagspiere gaan seer wees van te veel lag- hy like van jokes.

Laat my weet per pm as julle belangstel, julle sal dit regtig geniet, ek was al baie daar.

Jake1
Hi Jake,

Stuur asb vir my ook die detail... Groete, Hennie.

Re: Enkel Jagters Besonderhede

Posted: Fri Aug 19, 2016 10:54 pm
by Jake1
Hennie jammer ek is nie meer betrokke by daai plaas nie.