Page 1 of 1
Silencers en ligte
Posted: Sun Aug 01, 2010 9:15 pm
by Gerhard
Ek wil graag hoor wat maak die manne en wat stel julle voor....
My light force 170 word bo op my scope geskuif as ek jag.
My silencer vang dan van die lig en weer kaats dan lig terug in die scope wat soms baie frustreerend kan wees veral met lang skote...
Wat stel julle voor om van die probleem ontslae te raak...
Re: Silencers en ligte
Posted: Sun Aug 01, 2010 9:32 pm
by tafjak
Gerhard
As die scope se vergroting ho?r is as so 10x sal die weerkaatsing minder wees(kleiner field of view). Sien op so 12x is die weerkaatsing minimaal. Ander plan is om onderste 3de van optiese lens met "mask tape" te plak en dit help verseker en maak ook geen verskil in die beeld van die scope nie.
Taffie
Re: Silencers en ligte
Posted: Sun Aug 01, 2010 9:35 pm
by Roelo
Taffie is reg ek plak ook my scope se onderste 3de toe en dit werk
Re: Silencers en ligte
Posted: Sun Aug 01, 2010 9:40 pm
by Izak H
Gerhard
So het ek myne geplak, en soos Taffie s? dit werk goed. Ek het dit die aand in die veld geplak, dit is hoekom die tape skeef sit, ma hy werk.
Groete Izak
Re: Silencers en ligte
Posted: Sun Aug 01, 2010 9:49 pm
by Gerhard
tafjak wrote:
Gerhard
As die scope se vergroting ho?r is as so 10x sal die weerkaatsing minder wees(kleiner field of view). Sien op so 12x is die weerkaatsing minimaal. Ander plan is om onderste 3de van optiese lens met "mask tape" te plak en dit help verseker en maak ook geen verskil in die beeld van die scope nie.
Taffie
Taffie,
Baie dankie ek gaan dit beslus more doen.
Dit is vir my asof dit meer word hoe groter die vergroting gestel word.
Sal beslus terugvoer gee..
Re: Silencers en ligte
Posted: Mon Aug 02, 2010 10:19 am
by Raven
Gerhard,
Die stukkie tape werk soos 'n bom, Taffie het my gewys en siedaar, Dit werk soos 'n "MAGIC TRICK"
Raves.
Re: Silencers en ligte
Posted: Mon Aug 02, 2010 11:55 am
by Gerhard
Sien uit om dit te toets, dan gaan die jakkalse darm lekke pakslae kry hoor.
Re: Silencers en ligte
Posted: Mon Aug 23, 2010 11:35 pm
by Francois Marais
Hi
Ek plak sommer n stukkie tape tussen die loop en die silencer, werk ook heel goed. Net om die blink op die silencer te breek.
Mooi loop
Francois
Re: Silencers en ligte
Posted: Tue Aug 24, 2010 5:20 pm
by CHRIS
Majubakettie
daai camo tape is skaars, waar kry mens van dit
Re: Silencers en ligte
Posted: Tue Aug 24, 2010 9:16 pm
by Christo
CHRIS wrote:
Majubakettie
daai camo tape is skaars, waar kry mens van dit
Stillbow bo Safari and Outdoors het op hulle rak daarvan. Die diens is egter iets wat nie op die rak is nie maar as jy soek is daar tape.
Re: Silencers en ligte
Posted: Tue Aug 24, 2010 9:45 pm
by theedge
CHRIS wrote:
Majubakettie
daai camo tape is skaars, waar kry mens van dit
[ftp][/ftp]Het gaan inloer by hunters boma sien hulle het camotape prys reg
http://huntersboma.co.za/catalog/product_info.php?products_id=1380 loer maar self