Page 1 of 1

Musiek as jy oefen.

Posted: Mon Feb 04, 2013 8:05 am
by Gerhard
Wat se mesiek luister jy as jy oefen?

Ek geniet DJ Ossewa omdat die doef doef my laat werk op ritme veral op cardio.

Ek is egter nou besig om hulle te ontgroei.

Ek het die naweek mesiek van Rob Bailey raak geloop. (Die man is self n bulletjie in die gym om nie eers van sy vrou te praat nie)

Ek is nou amper geneig om meer na rock/ agro mesiek te begin kyk vir my gym sessie.

Wat werk vir julle?

Re: Musiek as jy oefen.

Posted: Mon Feb 04, 2013 8:12 am
by SV MAD (Henk)
Nee wat, ek sny alles uit as ek oefen, ek hoor nie eers die gym se musiek nie. Is net totaal gefokus...

Re: Musiek as jy oefen.

Posted: Mon Feb 04, 2013 8:19 am
by Gerhard
SV MAD (Henk) wrote:Nee wat, ek sny alles uit as ek oefen, ek hoor nie eers die gym se musiek nie. Is net totaal gefokus...
Die mesiek op die IPod help my juis om beter te fokus.

Re: Musiek as jy oefen.

Posted: Mon Feb 04, 2013 8:57 am
by SV MAD (Henk)
Sien, as ek cardio doen probeer ek my hartklop 140 hou, so ek gaan of bietjie vinniger of stadiger, konsentrasie is lekker dan.

Met gewigte konsentreer ek op elke repetisie wat ek doen, dat ek hom reg doen. Vir my is dit baie belangrik dat mens die "mind-muscle engagement" moet reg he as jy maksimaal uit jou spierre wil uithaal!

Re: Musiek as jy oefen.

Posted: Mon Feb 04, 2013 10:20 am
by Eugene
SV MAD (Henk) wrote:Nee wat, ek sny alles uit as ek oefen, ek hoor nie eers die gym se musiek nie. Is net totaal gefokus...
Ek sny ook alles uit en hoor ook nie die gym se musiek nie! Ek is net totaal en al moeg....

Re: Musiek as jy oefen.

Posted: Wed Feb 06, 2013 7:47 am
by Gerhard
Ek het gister en vanoggend met geoefen met Rob Bailey se mesiek op die IPod.

Ek moet eerlik se ek het die sessies baie geniet.

Ek soos ek met die trappe op stap zoom ek in en daar is niks anders as die volgende rep, sweet en mesiek nie...

Dit werk vir my!!!