Page 1 of 1

mediese fondse

Posted: Mon Feb 04, 2013 7:05 am
by Francois B
Ek sal graag by die meer ervare manne wil uitvind , hoe kies ek n mediese fonds en as ek oor 2 jaar trou watse mediese fondse gaan swangerskap en al hierdie dinge beter dek, en wat gebeur as ek kanker kry of een of ander chroniese siekte watse dekking moet ek voor uitkyk en fynskrif? Julle ervarings is waarop ons jong manne staatmaak!

Groete Francois botes

Re: mediese fondse

Posted: Mon Feb 04, 2013 7:37 am
by cassie_calvinia
ek hou niks van discovery nie. voel jy betaal vir klomp goed wat jy nie gebruik.
toe my vrou nou gekraam het. die vroutjie langs haar het baie swakker diens van medies gekry as ons. ek by fedhealth. hul is duur, maar betaal as hul moet.
bygese dis net hospitaalplan.
net 1 voorbeeld, hul moet vir al die medikasie betaal, waar ons verniet was.
dis my ervaring

Re: mediese fondse

Posted: Mon Feb 04, 2013 7:59 am
by Gerhard
Ek is by Discovery.

Kos my R2200 n maand.

Maar is elke cent werd.

Re: mediese fondse

Posted: Mon Feb 04, 2013 8:00 am
by jaracal
Francois
Ek sal aanbeveel dat jy 'n makelaar vra om jou te help. Hulle kan jou behoefte bepaal en dan weet jy wat jy betaal vir wat jy gaan kry.
Groete
Heinrich

Re: mediese fondse

Posted: Mon Feb 04, 2013 8:32 am
by Lourens Potgieter
Sal beter wees om makelaar te kry..ek is by GEMS, betaal deur my nek maar die voordele is goed....

Re: mediese fondse

Posted: Mon Feb 04, 2013 9:51 am
by Silent Hunting
Makelaar opsie is die regte roete. Maak net seker jy gaan na 'n makelaar wat nie 'n spesifieke fonds "verkoop" nie.

Ek het "vol" medies gehad totdat my oudste 3 was. Deur my nek betaal en elke jaar Mei/ Junie begin inbetaal omdat die dekking vir daagliks op was. Het toe oor gegaan na Hospitaal plan, spaar R1500 - R2000 per maand. Betaal nou alle daaglikse uitgawes uit my sak, maar jy spaar nogsteeds. Daaglikse dekking is gewoonlik tussen R3500 to R7500 per jaar. Jy spaar, sonder uitgawes, tussen R18000 en R24000 per jaar. Nie moelike besluit gewees nie.

Groete,

Henk

Re: mediese fondse

Posted: Mon Feb 04, 2013 12:21 pm
by hencohugo
Ek is by Momentum Health, dit kos my R3300.00 vir my die vrou en twee kinders. Ek het nog nooit probleme met hulle gehad nie.

Re: mediese fondse

Posted: Mon Feb 04, 2013 12:47 pm
by JohanvB
Praat met Johan Coffee, hy is 'n medies makelaar, het my lekker gehelp, sy kontak besonderhede:

Johan Coffee

Financial Advisor RFP3
Personal Financial Advice
"Licensed Financial Services Provider"
Office: Bloemfontein PFA
Tel: +27 - 51 505 2977
Fax: 086 511 7099
Mobile: +27 - 73 484 5422
Email: jcoffee@oldmutualpfa.com

Old Mutual South Africa