Pacnor of Truvelo

User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Pacnor of Truvelo

Post by Armand9 »

Hallo almal,

Wil graag weet watter van die twee lope om te gebruik. Die geweer is n 243. Het die keuse om te kies.

Hoor graag
Armand
.22 lr Voere
.223 Rem. Brno
.243 AI Howa Varminter
.270 Win. Musgrave Mod 90
Glock 17
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Lourens »

Jy kan die 2 nie eers in dieselfde sin noem nie, gaan met die Pac-Nor!  ;)
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Armand9 »

Dankie Lourens.

Dit help baie met my keuse!
.22 lr Voere
.223 Rem. Brno
.243 AI Howa Varminter
.270 Win. Musgrave Mod 90
Glock 17
Danie Lombard .243

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Danie Lombard .243 »

Hi Lourens

Help my asb met die Pac-nor vs. Truvelo. Is Truvelo swak lope, is Pac-nor beter lope? Watter eienskappe beskik die twee lope oor en watter aspekte van die een is beter as die ander een?

Ek vrae regtig nie 'n hardelyf vraag met verskuilde sugesties nie. My vraag is opreg en eerlik en ek wil graag weet wat maak een tiepe beter as die ander.

Dankie

Danie
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Yalair »

Danie

Ek het 'n Truvello loop op my 300 WSM baie akuraat en regtig tevrede
Danie Lombard .243

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Danie Lombard .243 »

Ben

Ek het self 3 ketties met Truvelo lope.  .243  .308  .300 Win Mag  Hulle skiet baie klein groepe en doen hulle ding. Die .243 skiet nou al jare en gee steeds baie goeie diens. Ek het al verskeie waaghalsige skote snags op jakkalse en rooikatte geskiet met die Truvelo .243 en hou vir hou akkuraat raak geskiet.

Ek weet Truvelo se lope is getrokke lope. Ek het 'n lang en in diepte gesprek met 'n voormlige krygkor ingeneur gehad asook met my ma se broer wat 'n internasionale metalurg is en die gesprek het gehandel oor lope. Die tiepe staal graad en hardheid, die koolstof inhoud asook die proses om die koolstof te verwyder tydens die smelt en gied van die staal, leef tyd en gehalte. Ook was daar gesels oor chrome steel, chrome moly en al die ander dinge wat by staal bygevoeg word. My mond het oop gehang soos 'n onosel kind oor wat ek alles gehoor het t.o.v. die toetse wat denel en krygkor gedoen het met die toets van lope.

Almal van ons saam se geld en nog so 'n paar ander manne se baie geld is te min om die toetse te kan dupliseer wat gedoen is op die lope.

Ek is dus regtig steeds nuuskierig om te weet wat maak een tiepe fabrikaat loop meer en minderwaardig teenoor 'n ander fabrikaat.

Danie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Gerhard »

Maak Truvelo nog lope soos wat hulle altyd gedoen het of bou hulle nou net hulle eie wapen stelsels?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by spekieries »

Ek het ook 'n .308 truvelo op 'n P14 aksie wat baie mooi skiet.

Gerard

Myne was een van die laaste wat Truvelo aanmekaargesit het. Soos ek verstaan het van Rujuan, van Truvello, kan geweersmede nog lope( blanks) by hulle koop, maar hulle bou nie meer jaggewere vir die privaatmark nie, net daardie sniper spinnekop gewere.

Wil ook graag weet wat maak die Pacnor beter as die Truvelo. (Wil ook nie grootgat wees nie, sal net graag 'n eerlike wetenskaplik gefundeerde antwoord wil hê.)   
Danie Lombard .243

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Danie Lombard .243 »

Truvelo verkoop tans steeds blank billets soos jy dit wil he t.o.v. spiraal draai ens. Kolstofstaal asook chroom staal lope.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Silent Hunting »

Danie,

Hoe vergelyk die Truvelo loop pryse met die ander?

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Gerhard »

Danie Lombard .243 wrote: Truvelo verkoop tans steeds blank billets soos jy dit wil he t.o.v. spiraal draai ens. Kolstofstaal asook chroom staal lope.
Dankie vir die bevestiging.

Ek het geen probleme met die lope gehaad wat Truvelo vir my bou het nie en sal weer na hulle produkte kyk as ek weer in die mark is.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Danie Lombard .243

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Danie Lombard .243 »

@ Henk

Tans is Truvelo lope glad nie meer goedkoop nie. Ek het 'n jaar terug my .308 laat herloop by Gerrie Coetzee vuurwapen met 'n Truvelo loop. Die het my net oor R7000 gekos vir die loop, fit and profile, SABS proof en blou. Wat 'n blank billet kos kan ek nie onthou nie. Die betrokke .308 skiet van begin af en tans gemaklik snyer skote op 100 meter van die tafel af. Ek het anderdag 2 snyer skote op 300 meter geskiet van die bank af met die geweer. Ek is baie tevrede met Truvelo lope.
User avatar
Karl Stumpfe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Karl Stumpfe »

Ek wil nie eers Truvelo lope persent he nie, waar ek dink Pac-Nor maak uitstekende lope.
Ek het soveel drama en probleme met 5 verkillende Truvelo lope gehad, en verskeie mense wat ek ken wat baie skote skiet het dieselfde probleme opgetel na 400-800 skote, dat al beweer Truvelo hul het die probleme opgelos, sal ek nooit weer met een van hulle lope op my gewere sit nie, dankie.
Karl Stumpfe
+264811285416
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Louis Kriel »

Die beste, wetenskaplike bewyse is mos maar daar voor op die teiken! Et nog nooit enige ouens hoor kla oor pac-nor lope. Ek het n artikel in Petersens Rifle shooter oor hulle lope gelees en ook n foto gesien van drom vol lope wat nie hulle kwaliteits toetse geslaag het nie. Kwaliteitsbeheer is uiters belangrik by lope.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by PWV »

Wil maar net se dat 'n bekende geweerbouer hier in ons omgewing slegs PacNor lope gebruik.  My Tombi het een op en verskeie geweersmede het dit beaam dat dit 'n uitstekende loop is.  Kan my egter nie uitlaat oor Truvelo nie.
Danie Lombard .243

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Danie Lombard .243 »

Dit is beslis waar dat Pac-Nor by uitstek baie goeie lope maak.

@ Carl, gids mens, lyk my jy het 'n nare ondervinding met Truvelo lope. Sal jy asb met ons deel jou ontevredenheid t.o.v die Truvelo lope wat jy gehad het?
User avatar
Karl Stumpfe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Karl Stumpfe »

@ Danie

Eerstens, my naam spel jy met K, nie C nie... LOL Ek is nie Engelsman nie!

My 1ste probleem was toe ek my 8x68 laat bou het. Die loop was so tight, dat dit fabrieks patrone laat prmers pop het. Ons het die loop ge laat meet, en dit was 10/1000 duim te klein. Loop is teruggestuur , hulle het hand en mond belowe die probleem is opgelos..... 2 lope later, het ek hulle in hulle M*$r gestuur en 'n McGowan loop gekoop.

2 van my vriende het lope geskiet vir 400-800 skote, wat toe ewe skielik druk probleme begin wys. By nadere ondersoek is gevind dat die lope (ten minste een was .25-06 en ek dink daar was ook 'n .243), na so klompie skote blyk "kleiner" te geword het. Na bewering het Truvelo gese dat hulle hul proses verander het, en dat die vernouing agv 'n stap wat ge-skip was op daai lope....

Dan het ek redelik onlangs op my vriend Gerrie se gerusstelling weer een van daai lope in my .243 getry, sogenaamd nadat hul probleme opgelos is. Daai gun wou net nooit onder 25mm skiet nie, maar onthou, daai kolf/aksie/sneller/ scope combo het al 4 lope opgeskiet, en het nou 'n Pac Nor op (was heel dag 15mm en onder skiet, sonder om eers moeite te doen.)

So ja, as jy my wil ontstel,gee my 'n Truvelo!!!!
Danie Lombard .243

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Danie Lombard .243 »

@ Karl met 'n K :) :D

Liewe ouers, ek sal ook goed bedompig wees as ek so 'n nare ondervinding gehad het met Truvelo lope.

Dankie vir jou terugvoer en dat jy met ons jou ellende gedeel het met Truvelo.

Ek myself is tot en met hede baie tevrede met die Tuvelo lope wat ek besit. Tog sal ek heel anders reageer as ek sulke nare ondervinding ervaar soos Karl.
Ek ken vir Karl al 'n hele paar jaar. Karl is 'n knap skut en het 'n baie goeie kennis oor vuurwapens en beskik oor baie jare se ondervinding van jag en skiet. Ek trek nie Karl se terugvoer in twyfel nie.
As Karl se hy het probleme ondervind met die lope dat is dit so.

Effe van die onderwrp af. 'n Forum mater van my het 'n vreeslike nare ondervinding beleef met 'n LYNX 10X42 sniper scope asook met 'n ander LYNX scope. Hy kan die LYNX maak nie verdra nie. Ek weer aan die ander kant is gaande oor LYNX scopes. Die scope wat hom so ellende gee is presies dieselfde scope as wat my vrou Yolandi op haar .308 Win het en die scope werk soos 'n droom.

Dit is nou maar eenmaal so. As 'n produk hom swak gedra en die verbuiker ellende versoorsaak is die koeel deur die kerk. Die verbruiker sal nooit ooit weer die produk vertrou nie en almal waarsku oor die betrokke produk. Dit hoort so en ek dink ons almal ondersteun die konsep om mekaar in te lig oor die werkings vermoe van produkte.

Groetnis

Danie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by PWV »

Karl Stumpfe wrote:@ Danie

Eerstens, my naam spel jy met K, nie C nie... LOL Ek is nie Engelsman nie!

!!

Laat my aan die pa dink wat sy kind gaan registreer het.
"Naam" vra die beampte?
"Jac(k)ob", se die pa..
Vra die beampte, "Met 'n "k" ?
Se die ou: "Met 'n "J", wil jy he hy moet Kakkop wees?"
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Frikkie Coetzee »

Elke ou het sy opinie. Een geweersmit wat ek mee praat sweer by Truvelo ander een se weer dis klomp nonsens en vertel my van groewe wat uitbreek!!!!.

Ek het een in 7mm. Is op soek na n 6.5 loop en kyk na Pacnor.
Frikkie
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by spekieries »

Toe ek my geweer by Truvelo gaan haal het was Ralph Badenhorst se vrou daar om lope op te tel. So lyk my Ralph bou defnitief gewere met Truvelo lope. Ek was Saterdag op die skietbaan en my P14 .308 het die 180 gr Claw's baie mooi geskiet.

Ek is en bly tevrede en daarmee trek ek niemand se woorde in twyfel nie. Een ou sweer by 'n Toyota, 'n ander man ry Nissan en daar is selfs manne wat Landrover ry en niks ander wil ry nie.
Danie Lombard .243

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Danie Lombard .243 »

Ek skiet Truvelo, al baie lank en sal so aanhou todat daar nie meer beskikbaar is nie. En as ek 'n Truvelo loop kry met 'n fout weet ek dit sal omgeruil word sonder enige probleme. My gunsteling wapen smit is 'n uur se ry van my af in Bloem. Truvelo is in Pta, so 5ure se ry va my af. Omruil en reg maak is dus vinnig en maklik. USA, Europa en al die ander plekke wat lope maak is ver. Omruil en klagte hanteer gaan so 'n knerts moeiloker wees.

O ja, EN31B Low Carbon steel is in Pta en enige ander plek in die wereld presies dieselfde ding. Carbide mandrell button pull proses in Pta en elders is ook dieselfde proses.

Cheers
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Armand Steenkamp »

Ek het nog nooit een van die lope gebruik nie so kan nie rerig kommentaar lewer nie. MAAR gewoonlik waar daar n rokie is ,is daar n vuurtjie
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by Johann Marais »

Hallo Armand,

Ek kan net goed praat van die Pac-Nor.

Groete

Johann
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Pacnor of Truvelo

Post by johnny »

Manne

Waarom op en af julle oor truvelo en pac nor.

Beste lope
1) Hart
2) broughton

groetnis

Johnny
Post Reply