Page 1 of 1

Erg ge-oksideerde 158 semi wadcutter koeëls - 357 kaliber

Posted: Thu Jan 31, 2013 11:21 am
by Jean Marais
Dag Vriende

Ek het onlangs seker so 'n 1000 koeëls by 'n oom van my persent gekry, nog in die verseelde boksies. Ek was moerse dankbaar, maar by nadere inspeksie by die huis, was ek nogal verbaas en terleurgesteld om te sien dat die koeëls erg ge-oksideer het - so 'n witterige poeier op omtrent alles.

Sal die koeëls oorgegiet moet word, of is daar dalk 'n ander manier om van die oksidasie ontslae te raak?

Groete

Re: Erg ge-oksideerde 158 semi wadcutter koeëls - 357 kaliber

Posted: Thu Jan 31, 2013 12:39 pm
by DWB
Tumble hulle,

My ook al oorgekom.

Re: Erg ge-oksideerde 158 semi wadcutter koeëls - 357 kaliber

Posted: Thu Jan 31, 2013 12:53 pm
by Jean Marais
Deon

Ek het daaraan gedink, maar was nie seker of dit die lube sal beskadig nie. Sal dit 'n invloed op akkuraatheid hê?