Page 1 of 1

Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Wed Jan 30, 2013 12:49 pm
by marthinus100
Hi almal

Wat is n normale kostes vir vuurwapen bevoedheid?
Ek kan n geweer hanteer en het al gejag ens, maar nog nie n geweer op my naam nie.
Ekt n prys uitgevind op Zeerust dis so R800 en vir elke adisionele vuurwapen R450.

Klink dit omtrent reg?
Is daar enige ander persone in die Lichtenburg distrik wat so n program aanbied?

Baie dankie

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Wed Jan 30, 2013 12:54 pm
by Eugene
Doen die kursus vir al 4 katogorie vuurwapens, dan hoef jy dit nie later weer te doen nie. In die platteland is die kostes so tussen R750 - R1000 vir die volledige kursus.

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Wed Jan 30, 2013 2:21 pm
by Roger
Hier is dit R800 vir n module (rifle of shotgun of handgun) en dan R400 per module daarna. Of dis R1200 vir al 3. My swart kruit was n addisionele R450 as ek reg onthou.

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Wed Jan 30, 2013 8:32 pm
by marthinus100
Baie dankie vir die bydraes almal. Wardeer dit

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Wed Jan 30, 2013 8:45 pm
by Herman Venter
Of kom doen dit hier in Kathu dan vra hulle jou sommer vinnig R2700 vir alles! Dan voel hulle nie eers sleg daaroor nie!

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Thu Jan 31, 2013 8:05 am
by Eugene
Herman Venter wrote: Of kom doen dit hier in Kathu dan vra hulle jou sommer vinnig R2700 vir alles! Dan voel hulle nie eers sleg daaroor nie!
:o :o :o Daar is seker net een ou wat dit doen!

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Thu Jan 31, 2013 10:06 am
by Herman Venter
Eugene wrote: :o :o :o Daar is seker net een ou wat dit doen!
net so!

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Thu Jan 31, 2013 10:22 am
by Eugene
Herman, hier by ons was dit ook eers so, maar gelukkig het baie ouens op daai bus geklim en derhalwe moes die pryse val. Nou kan jy al 4 modules doen vir onder R1000!

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Thu Jan 31, 2013 10:29 am
by marthinus100
Ekt gedink dis n regverdige prys vir so R800 tot R1000, maar meer as dubbel dit? Dit is bietjie rof.

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Thu Jan 31, 2013 2:12 pm
by Killzone
Hier in ons dorpie is daar ook net een diensverskaffer. Ek het R1700 vir HW, GW en HGW betaal. Die winkel is nie bekend vir goedkoop pryse nie maar dit was maar so gedoen so gedaan.

Re: Vuurwapen bevoegdheid koste

Posted: Thu Jan 31, 2013 2:24 pm
by Killzone
Ek sien mety mense skiet net 10 rondtes met die psitool. Ek en my vrou moes elk 25 skiet. Dit was vir my moevies lekker en ek het daai CZ soos 'n AK laat loop. Met my vrou was dit 'n senuwee tergende êffere ! Sy het omtrent 20 sekondes tussen elke skoot gevat. Sy het geskiet vir punte !!! :-)