Page 1 of 1

Re: Gym humour

Posted: Wed Jan 30, 2013 8:36 am
by Cobus(Cobb)
Nee man Luddie....daar mors ek nou net 3 minute van my lewe...

Dis jammer as die samelewing manne so "debone"

Cheers

Re: Gym humour

Posted: Wed Jan 30, 2013 10:11 am
by Eugene

Re: Gym humour

Posted: Wed Jan 30, 2013 10:44 am
by Jacko
Dis spot-on!

Hier waar ek soms in die Kaap oefen - (Groenpunt se VA) is daar BAIE van daai outjies soos die man met die stywe geel pakkie wat na sy en ander se boude loer!  ;D

Wat my persoonlik irriteer is die volgende:

1. Mense wat weights neermoer.
2. Mensie wat nie die weights bere waar hulle dit gekry het nie.
3. Mense wat k*kpraat en dan ander mense ophou wat wag om daai masjien/weights te gebruik.
4. Mense, veral vrouens, wat wanneer hulle loop op die treadmill (hoekom 'n treadmill gebruik? Gaan loop in die straat man!) met reguit arms aan die masjien hang en agteruit terugleun met die masjien op 'n moerse gradient gestel. HOEKOM?
5. Ek hou nogal van die roeimasjien, maar omtrent 90% van almal weet nie lekker hoe hy werk nie.  ???

Verder hardloop ek maar baie, daar is minder moere daar wat my irriteer.

Grumpy Jacko.

Re: Gym humour

Posted: Wed Jan 30, 2013 11:01 am
by Geno
Jacko wrote: 5. Ek hou nogal van die roeimasjien, maar omtrent 90% van almal weet nie lekker hoe hy werk nie.  ???
Jacko,
Ek wou sê dit lyk soos jy!
http://www.liveleak.com/view?i=9aa_1310514522

Re: Gym humour

Posted: Wed Jan 30, 2013 1:30 pm
by Jacko
Geno wrote: Jacko,
Ek wou sê dit lyk soos jy!
http://www.liveleak.com/view?i=9aa_1310514522
Haha, lag ek nou! Ja, daar is soms sulke nommers ook...  ;D ;D ;D

Re: Gym humour

Posted: Thu Jan 31, 2013 8:15 pm
by theedge
Nou leke gelag - dit nodig gehad na die dag ;)

Re: Gym humour

Posted: Fri Feb 01, 2013 7:49 am
by SmitH
Wonder wat het die ou gedink

Image

Re: Gym humour

Posted: Mon Apr 15, 2013 1:38 am
by Fanie
Die geroeiery en fietsryery en dan bly jy op een plek maak nie veel sin nie. Leer visvang dan kan jy met die fiets dam toe ry en daar gaan rond roei ;D

Ek onthou jaaaare terug toe ek nog mooi en jonk was as jy daar onder die ysters le en stoei en jy kan net nie meer nie... dan stap die pop met haar gee-string hier verby jou dan pluk jy daai ysters so dat almal vir jou kyk soos wanneer iemand die gewigte, soos jy se, neergooi ;D

Re: Gym humour

Posted: Mon Apr 15, 2013 1:46 am
by Fanie
Ek wil by se. Elke ou dink seker hy is "ok" so met die oefeninge saam ne'. Daar kom eendag 'n maat van die VSA by die gym aan, nie baie lank nie, so lank soos ek omtrent maar hy was seker vier keer breer as wat ek ek is. My eerste woorde aan hom was "as hier moeilikheid kom dan is ek aan jou kant".

Jitte dit was 'n groot maat, hulle tel treinwiele so klomp aan 'n kant op, moes seker die assie toets vir breeksterkte as hy so buig.

Re: Gym humour

Posted: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
by SV MAD (Henk)
hahahaha