Hoe later hoe laer ???

Post Reply
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Hoe later hoe laer ???

Post by Nickvn »

Ek het n .270 CZ 550 met n Lynx 4.5 - 14 x50 teleskoop op. Het in die begin baie gesukkel om hom te maak reguit skiet en het nou n mooi lading en sy groepe was aanvaarbaar. Toe ek nou weer met hom geskiet het het ek eers op 100 so 1" laag geskiet. Ek gaan toe terug 200 toe en stel teleskoop op en skiet toe weer so 1" laag. Tweede sarsie van 200 is toe so 2" laag. Stel weer teleskoop op en ek skiet weer so 1" laag is.

Ek gan toe terug 100 toe en stel teleskoop terug, toe is ek amper 2" laag van in die begin. Ek het in totaal so 30 rontes deur hom in so n uur geskiet. Hy was warm maar nie te erg nie. Die patrone was ook in groen kassie in die son en was warmer later aan as toe ek begin het.

Nou is daar n probleem met die geweer, skut of die teleskoop. Ek het al die skroewe gecheck van die teleskoop en hulle is almal mooi vas. Die loop is mooi gefloat en raak aan niks nie, papier skuif mooi in tot agter.

Enige voorstelle wat ek aan kan werk sal waardeer word.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Hoe later hoe laer ???

Post by Nickvn »

Kan dit wees dat hoe warmer die loop en KD raak hoe laer skiet die geweer?
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Danie Lombard .243

Re: Hoe later hoe laer ???

Post by Danie Lombard .243 »

Nick

Was dit laat middag toe jy geskiet het? Het die son op die teikens geskyn en toe later in die skaduwee gewees? Ek verwys na jou teikens.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Hoe later hoe laer ???

Post by Nickvn »

Hi Danie. Nee dis vanaf 11:00 tot so 12:00 gewees met die son reg van bo.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Post Reply