Page 1 of 1

308 rak ammo

Posted: Sun Jan 27, 2013 8:57 am
by BenG
Manne,

Wat sal julle voorstel wees in terme van 308 rak ammo vir 'n eland.

Dit is my eerste eland en wil seker maak alles is 100%

Re: 308 rak ammo

Posted: Sun Jan 27, 2013 9:21 am
by Beer (Christo)
Hi BenG

Ek weet regtig nie watter tipes rak ammo beskikbaar is nie, maar soek iets waar hulle spesifiseer watter koeel gelaai is en dat die betrokke koeels ten minste premium bonded koeels is of moo koeels soos Barnes.

Ek dink Barnes maak Vortex ammo wat met hulle Tsx koeels gelaai is.

Kom ons hoor wat se die ander manne ook.

Re: 308 rak ammo

Posted: Sun Jan 27, 2013 9:31 am
by VdWalt
Ek stem ook vir Vortex met TSX of GMX gelaai in Hornady se ammunisie

Re: 308 rak ammo

Posted: Sun Jan 27, 2013 10:24 am
by Jacquesb
Keuse 1 - Monometaal koeel, met 100% skootplasing!
Keuse 2 - ander premiun bonded koeel, met 100% skootplasing!

Re: 308 rak ammo

Posted: Sun Jan 27, 2013 8:16 pm
by Johan22
Naand se

Jy moet maar winkel toe gaan en 180gr  ammo gaan kyk en baan toe gaan en kyk wat hulle maak en dan soos die ander gese het kry die regte plek om die eland op sy kniee te dwing en jy is reg vir die jag. My opinie.

Groete
Johan22

Re: 308 rak ammo

Posted: Sun Jan 27, 2013 8:38 pm
by stephensonsknives
dag ben g

ek weet pmp african elite is duur, maar van die rak af gaan jy sukkel om die koeelkonstruksie asook meer akuraate  koeels  te kry.

die  pmp ae patrone gebruik swift koeels wat n hoe akkuraatheid het. ek het bygestaan waar oubaas gustav met sy 30-06 180 gr tot op 400 meter geskiet het ,die akuraatheid was verstommend .

dit is net die prys wat nie sin maak nie .
mesgroete