Page 1 of 1

Dagskiet gelukkie

Posted: Sat Jul 24, 2010 8:56 am
by frinam
More almal, hierdie meneer het gister 16h20 (RSA tyd) koets geklim tydens 'n dagroepsessie. Het op "springboklam" van Hein Funk se "gevorderde kursus" CD ingekom na 20 min se roep. Het 7.5 kg geweeg, was 85cm lank(lyflengte), en stert was 35 cm lank. Pensinhoud: hare en klein beentjies, oorsprong onbekend. Tande soos jul kan sien, "ou" man, seker ouer as 6 jaar. Taffie/ Freddie en ander pro's, help asb!!! Die enetjie was ook so brandsiekerig soos die een op my vorige "post" waarna Louis gereken het dit was dalk 'n "valetjie". Enigste verskil is dat die twee 14 km van mekaar geskiet is, lyk my definitief na 'n tipe brandsiek. Pro's, help ook hier asb. Kyk ook asb na die "uitwendige "ghoene". So, ons vriend en leermeester, Johan van Wyk se teorie dat reun jakkalse se teelballe slegs gedurende die teeltyd buite sigbaar is, het ook nou gesneuwel hier in Duitswes. Alle reuns wat ek vanaf Februarie 2010 tot nou hier in my omgewing geskiet het, was "buite". Hierdie ook vir almal se kennisname en kommentaar asb. Duitswes groete- Frinam
Image
Image
Image

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sat Jul 24, 2010 10:23 am
by Izak H
Frinam

Jy kan trots voel, dis nie elke dag wat `n man so `n ou jakkals geskiet kry nie.
Geluk !
Lyk hy nie dalk so sleg agv sy ouderdom nie?

Izak

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sat Jul 24, 2010 11:37 am
by Louis102
Oom Frikkie

Top werk!  En ek gaan jou nie weer spot oor die vinnige valetjie nie, behalwe om te s? dat dit ongelooflik is hoe vinnig hy 14 km afgel? het.  ;D

Nee wat Oom Frikkie, lyk my jy is die dagroep koning.  Ek dink jy is te konserwatief met jou 6 jaar, ek sou reken hierdie jakkals stap al 'n bietjie verder aan in jare, maak dit 8jr uit my leke oogpunt.

Mooi!
Louis

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sat Jul 24, 2010 12:42 pm
by frinam
Dankie Louis en Izak, net 'n korreksie, die "teelbal" kenner se van het ek verkeerd gespelle, dit is vriend Johan van Schalkwyk, nie Van Wyk nie!!!! Jammer manne :'(. Het maar forum kom sit en lees, die bokke se kohesie teen Australia is beroerd. Hoop hul vaar later beter ???. Post later weer as ek nie aan die drink raak agv toetsrugby nie!!!! Frinam

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sat Jul 24, 2010 3:13 pm
by Freddie101
Oom Frikkie
Geluk! Met die ou man. Lyk my ek moet ook n koets kry dan sal ek hulle ook kry ;)

Ja so kom die rugbymanne terug aarde toe. Veral die coach. Hulle wil mos sonder n Brussow of Stegman of van daardie soort.
Freddie

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sat Jul 24, 2010 4:13 pm
by Christo
Freddie101 wrote: Ja so kom die rugbymanne terug aarde toe. Veral die coach. Hulle wil mos sonder n Brussow of Stegman of van daardie soort.
Hieroor praat ons NIE, in elk geval nie tot hulle gewen het nie. Ek is seker Jaracal sou tussen ons 'n beter span kon kies.

>:(

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sat Jul 24, 2010 5:38 pm
by GREYHOUND
FRINAM.
Kon jy dan nie die ou man so n bikini wax gegee het voor jy hom laat pose het vir die foto, dan kon ons moes mooi sien wat aangaan.
greyhound

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sun Jul 25, 2010 8:12 am
by frinam
Greyhound, bikini wax is seker 'n opsie, maar wat wil jy nou eintlik beter sien, dit was dan 'n reun? ;) Freddie en Christo, ja die slagting van die bokke daar doer "down under" sal seker baie oorsake moet kry maar feit is, lyk my die "coach" se planne begin nou opraak. Hy was mos gelukkig om die bokspan op 'n "high" oor te vat, een of ander tyd sou dit mos gebeur dat die momentum wat hy ge-erf het begin opraak, nou sal ons sien wat rerig in hom steek. Mooi naweek verder-Frinam

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sun Jul 25, 2010 1:19 pm
by Biker
Frinam
Daar is niks lekkerder as so dagroep outjie nie . Was die teef ook gesien? Geluk man.
Groete

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sun Jul 25, 2010 3:58 pm
by AndreW
Geluk met daai ou hond.
Christo het ook eenslag een geskiet wat omtrent nie tande het nie maar was nie so grys nie.
Die jakkie was al te slim vir die nag jagters.

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Sun Jul 25, 2010 11:26 pm
by frinam
Naand Andre en Biker, dankie, nee teef was nie gesien nie, het nog so 2 ure geroep nadat die ou ingekom het, geen verdere reaksie. Mooi week manne-Frinam

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Fri Jul 30, 2010 5:32 pm
by frinam
Dagse almal, nog 'n dagskiet gelukkie ;D. My beskeie bydare tot OTA 3, 'n jong rooikatwyfie wat ek vandag so 15h40(nam tyd) oppad raakgeloop het. Wat ek graag wil oordra is haar ouderdom, seker so 2-3 mnde en dat ek haar met my 357 magnum (Colt Python 6dm loop) op 53m met die 3de skoot agter die koppie geklap het soos sy weggedraf het!!! :D. Voorwaar 'n gelukskootjie!!! Geniet naweek, voorspoed met OPS MANNE-Frinam
Image
Image
Image

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Fri Jul 30, 2010 9:39 pm
by Monrique (SJ)
Nogal met die rollie, baie geluk en laat die goeters val.

Groetnis
SJ

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Tue Aug 10, 2010 6:18 pm
by Biker
Praktiese bewys van use enough gun  ;D Die ma moes ook daar gewees het en hardloop seker nounog
Mooi loop

Re: Dagskiet gelukkie

Posted: Wed Aug 11, 2010 7:39 am
by frinam
More Biker, ja, ongelukkig het ek die res van die familie gemis, hoop maar die lot hol nou nog!!! Mooi week verder. Frinam