Page 1 of 1

Is dit moontlik?

Posted: Thu Jan 24, 2013 9:41 am
by Monrique (SJ)
Dagse

Is dit moontlik om n geweer loop en aksie te laat "powder coat"? n Vriend het my gevra en ek het nie n idee nie, se toe ek sal bietjie uitvind, die dat ek hier kom aanklop vir raad en die dalk voordele en nadele indien moontlik?

Ek luister graag.

Groetnis

Re: Is dit moontlik?

Posted: Thu Jan 24, 2013 9:46 am
by BRNO (Pierre)
Dit is natuurlik moontlik, maar ek sal dit nie aanbeveel nie.

Ek bou vir n lewe, en het al baie met allm powdercoated vensters ens. te doen gekry. Die powder coating krap te maklik. Dus sal die geweer opgepas moet word soos n baba, anders sal hy sommer vreeslik vinnig lelik lyk.

Re: Is dit moontlik?

Posted: Thu Jan 24, 2013 9:47 am
by Eugene
Ek weet powder coating word onder redelike hoë temprature gedoen, so ek is nie seker of dit haalbaar is nie!

Ek wonder ook waarom hy dit sou wou doen? Wat is die voordele daarvan?

Maar ek luister graag om te hoor!

Re: Is dit moontlik?

Posted: Thu Jan 24, 2013 9:55 am
by Monrique (SJ)
Dankie Pierre

Die maat van my doen self Alu. venster, dit sluit die maak en installasie daarvan in, so hy weet hoe dit is.  Sal die temperatuur nie enige uitwerking op die loop he of dit laat "stress" nie. Wie het dit al gedoen en wat was die manne se bevindinge oor hoe die wapen skiet na die tyd?

Eugene wrote: Ek weet powder coating word onder redelike hoë temprature gedoen, so ek is nie seker of dit haalbaar is nie!

Ek wonder ook waarom hy dit sou wou doen? Wat is die voordele daarvan?

Maar ek luister graag om te hoor!
Eugene

Die plek hier naby ons wat dit doen het gese teen 200degC word dit gebak totdat dit reg is. SY geweer se loop is "geblue", maar die aksie is alreeds iets op gespuit wat groen is, dit lyk en voel nie soos powder coating nie, dalk die ander goed wat die manne so opspuit om teen roes ens te beskerm, hy het dit so gekoop. Nou wil hy dit net als dieselfde he.

Luister verder vir die kommentare

Groetnis

Re: Is dit moontlik?

Posted: Thu Jan 24, 2013 9:56 am
by tripodmvr
Ceracoating is iets wat aan gewere en pistole aangebring word. My 7x64 is op 'n manier gecoat en dit is baie duursaam. (Duracoat?) Baie prakties synde dit geredelik bestand is teen stampe en stote sowel as chemiese middels (sweet ens.)

Re: Is dit moontlik?

Posted: Thu Jan 24, 2013 10:00 am
by tripodmvr
Or contact Dave Sheer Guns, they were going to bring in the Duracoat DIY kits, another great option, not quite as tough as Cerakote but way cheaper.

Hierdie op Gunsite gekry. Man daar wat in dit spesialiseer is "numenor".

Re: Is dit moontlik?

Posted: Thu Jan 24, 2013 10:27 am
by Jakkalsgat
More SJ en almal

Powdercoating het ek self vir sowat 8 jaar gedoen en die proses om dit te doen is as volg.

1) Eerstens word die item wat jy wil "coat" skoon gewas en moet die oppervlak skoon wees van enige olie, roes ens.
2) Nou word die produk opgehang en aan 'n statiese elektrisiteit lyn gekoppel sodat die poeier aan die produk vassit
3) Produk word nou gespray met die poeier.
4) nou word die produk in die oond geplaas, gehang (verskillende maniere)
5) Hierdie produk word nou gebak teen 'n konstante hitte van 200 grade C en om die gemiideld op 200 te hou moet die oond loop teen so 220 grade C vir 20 minute.


Voordele.

1) Dit lyk pragtig, met egalige tekstuur
2) Beskerm die produk

Nadele:

1) Staal is geneig om met die tyd saam te roes onder die coating.
2) Gaan nie op jou aksie werk nie omdat dit 'n dik laag skat 500 micron vorm.

In kort 11.1.11 idee ;)

Groete
 

Re: Is dit moontlik?

Posted: Thu Jan 24, 2013 11:38 am
by Monrique (SJ)
Baie dankie vir almal se insette, waardeer dit en sal so deurgee.

Groetnis