Page 1 of 1

Kolf poleer

Posted: Wed Jan 23, 2013 9:48 pm
by Jacquesb
Goeienaand Manne en dames

Ek het nou 'n geweerkolf afgeskuur en oorgedoen. Ek het op die forum baie raad gekry oor skuur, suurlemoen, eierwit, alkohol ens. Ek het die rate en leiding mooi gevolg en die eindproduk is baie bevredigend, behalwe vir een ding. Die extra donker Schaftol het 'n mooi kleur gegee, maar die kolf is nou dof soos 'n ou antieke meubelstuk. Ek wil 'n 'satin' afwerking he, nie blink nie, maar nie dof nie!

Enige raad sal waardeer word.
Dankie

Groete
Jacques

Re: Kolf poleer

Posted: Wed Jan 23, 2013 10:01 pm
by mariusr
Jacques
Het my kolf ook jare terug gedoen dan begin jy london oil opsit so drie keer per week en vryf in met handpalm dan een keer per week dan een keer per maand dit neem paar maande om daai satin look te kry daar na een keer per jaar!

Groete
Marius

Re: Kolf poleer

Posted: Wed Jan 23, 2013 10:13 pm
by grumpy
JY vryf dai Chaftol in jou hande tot dit warm is dan vryf jy dit op die kolf. Onthou dit moet in trek. Vat later n lappie en buff hom deur goed te vryf soos jy kar sal polish dan blink hy mooi. Die satin finish wat jy soek.

Moet vir jou kom kuier en my geweer kom wys!

>:(

KOntak my dan sal ek jou mooi verduidelik.

Re: Kolf poleer

Posted: Wed Jan 30, 2013 6:44 pm
by Christo Peltz
Jaques,

Ek wil self 'n projek op 'n haelgeweer kolf begin. Die hout is nogal regtig mooi en ek glo kan fantasties word met die regte afwerking. Kan jy my verwys na jou navorsing op die forum sodat ek nie 'n klomp dom vrae weer oor hoef te vra nie? Ek leer graag uit jou ervaring.

Byvoorbaat dank
Christo

Re: Kolf poleer

Posted: Fri Aug 09, 2013 3:01 pm
by Mauser_Werke
Sahara Shooting Academy het Polish vir gewere laat opmaak in Durban op n resep van Ingilse Stock Oil en dit kos nie baie nie maar dit werk ssos n bom. Maar dit vat baie lank, baie geduld, vryf en vryf met jou palm en vee weer n 100 maal af.

Ek sal oof Frikkie Greef kontak (Hy versamel en skiet self baie) van Rekara Mills in Fort Beaufort - hulle maak Woodoc en sy produkte werk ook baie goed. Ek gebruik sy waks om die olie "in te seel"

Hoop jy kom reg -

Re: Kolf poleer

Posted: Wed Aug 28, 2013 9:00 am
by tau
Ek is nou op dieselfde plek. As die Schaftol nat is is die greine op die kolf hemels, as ek my vriende die volgende aand wys is hy net donker en ruik lekker. Dit is op so ou kolf wat ek net op oefen so ek het hom sommer grof afgeskuur en oor begin doen voor ke my mooier gewere se kolwe doen.

Net so vraag. MOET mens die kolf skuur voor jy kan Schaftol op sit?? My Ander geweer se kolf is mooi glad en afgewerk ek wil net die hout bietjie Schaftol gee. Kan ek dus net begin aansmeer en laat droog en weer aansmeer en dan liggies skuur?

Re: Kolf poleer

Posted: Wed Aug 28, 2013 10:21 am
by Pappabeer
Jy kan dit liggies met 0000 staalwol skuur en dan Schaftöl opsit

Re: Kolf poleer

Posted: Sat Aug 31, 2013 12:31 pm
by tau
Manne ek het darem my eerste laag Schaftol op my 7mm se kolf en die ander kolf wat ek op oefen het ook nogals mooi begin vlam.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4545_zpse169e3e3.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4543_zps87a520cd.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4542_zpsa7003b22.jpg

Ek het hom met 240 sandpapier en staalwol behandel voor die tyd.

Re: Kolf poleer

Posted: Sat Aug 31, 2013 4:21 pm
by LongWolf
Tau dit lyk sommer spiekeries...

Re: Kolf poleer

Posted: Sat Aug 31, 2013 7:52 pm
by Forester
Dit lyk ongelooflik! Sal jy asb kan verwys na die ander threads waar jy die raad gekry het?

Byvoorbaat dank!

Re: Kolf poleer

Posted: Sat Aug 31, 2013 7:59 pm
by tau
Ek het iewers gelees dat Wouter baie van die produk dink en toe het ek eendag 'n Sako by Safari gesien wat iemand met die Scafthol gesmeer het en die vlamme het vreeslik gepop.