Page 1 of 1

Visvang kompetisie

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:23 pm
by Eugene
Manne, ons groep pelle het so paar jaar terug een keer 'n jaar 'n private karp bonanza gehou op een van die ouens se plaas. Inskrywingsgeld was styf,  so R500-00 per hengelaar vir maks 2 stokke en het 'n kaartjie vir jou en metgesel na die dans en skaapbraai na die tyd ingesluit. 1/3 van die inskrywingsfooi was die wengeld en die balans is aan 'n outehuis/kinderhuis geskenk. Daar was by daai plaasdam net plek vir 30 ouens en die kompetisie het 8uur begin en 4 uur gestop. Dit was altyd vet pret omdat dit baie informeel was en glad nie streng reels gehad het nie. Die grootste karp het gewen en elke karp is geweeg, aangeteken en laat gaan. Party manne het dieselfde vis 2 keer gevang.

Is hier manne wat sal belangstel in iets soortgelyk? Miskien 'n Jaracal Karp Bonanza?

Re: Visvang kompetisie

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:25 pm
by FCLoretz
Klink vir my na 'n bakgat idee,

Het jy vir my papgooi stokke? ;D

Re: Visvang kompetisie

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:33 pm
by Geno
Klink goed! Ek is in!

Re: Visvang kompetisie

Posted: Tue Jan 22, 2013 2:27 pm
by De beer
Eks ook in

Re: Visvang kompetisie

Posted: Sun Jan 27, 2013 2:19 pm
by johann
Kan lekker wees, latweet wanneer en waar.