Page 1 of 1
Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:15 am
by Gerhard
Ek het my cardio die laaste 5 weke of wat afgeskeep en meer gefokus op gewigte en spier groep oefeninge.
Ek wil nou die twee begin meng elke oggend.
Wat is die beste???
Om met cardio die sessie af te skop of om met cardio af te sluit?
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:21 am
by Gerhardu
More Gerhard,doen die gewigte eerste en dan die cardio.
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:21 am
by Eugene
Sal dit verkeerd wees om cardio voor en na die gewigte te doen? Ek wil nie soos 'n BB lyk nie en wil net gewig verloor en in shape bly. Ek doen bietjie cardio as opwarming en doen dan gewigte, as ek klaar is doen ek weer bietjie cardio, onder andere roei. Is dit verkeerd?
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:32 am
by SV MAD (Henk)
bese is om gewigte te doen om jou glikogeen storeklaar te kry. Dan doen jy cardio met HR van 65-75persent van max, dan is jy in lipolise. Dit is die beste manier om lean body mass te bou en vet te verbrand.
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:37 am
by Gerhard
SV MAD (Henk) wrote:
bese is om gewigte te doen om jou glikogeen storeklaar te kry. Dan doen jy cardio met HR van 65-75persent van max, dan is jy in lipolise. Dit is die beste manier om lean body mass te bou en vet te verbrand.
Ek het so iets vermoed...
Ek sal dit so in werk die volgende 4-6 weke en kyk wat se resultate ek kry.
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:37 am
by Eugene
Dankie, ek hoor wat julle sê!
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:49 am
by Gerhard
Ludwig,
Ek het net 15min om cardio te doen.
In die tyd sal ek druk om 75% max HB te hou van 5min tot 15min ...
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:02 am
by JF. SCHOEVERS
Gerhard
15 min is genoeg na n harde sessie! Kyk of jy kan interval training dan in kry soos 2 tredmils langs mekaar en wat jy op kan loop teen n incline 30sek en en wat jy op kan hardloop/draf incline vir 1min en wissel hulle so
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:10 am
by Gerhard
JF. SCHOEVERS wrote:
Gerhard
15 min is genoeg na n harde sessie! Kyk of jy kan interval training dan in kry soos 2 tredmils langs mekaar en wat jy op kan loop teen n incline 30sek en en wat jy op kan hardloop/draf incline vir 1min en wissel hulle so
Nie is Bedfordview Virgin Active nie.
Dis te besig selfs so vroeg in die oggend.
Die idee is brand die spier groep vir die dag met gewigte en stap dan af na die cardio masjiene toe en klim of die fiets of steps masjien vir n 15min sessie.
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:15 am
by JF. SCHOEVERS
Jy kan dit met n fiets ook doen 1min los rustig spin 1min meer weerstand vinnig spin 1min stywe weerstand groot opdraende...
Maar google HIIT soos Ludwig gese het

Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:20 am
by SV MAD (Henk)
Beste manier van cardio na jy 'n strawwe sessie ingesit het is nie om HIIT ens te doen nie, maar net jou hartklop tussen 120 en 140 te hou. Onthou, as jy hardloop ens kan jy jou spiere seermaak ens. Maar as jy loop teen 6km/hr op 'n treadmill teen 15% gradient sal jou hartklop maklik 130-140 haal. Jy doen dit net vir 20 min post gewigte. Daai 20min brand jy ongeveer 400kcals, wat baie goed is. Dis wat ek doen, en ek verloor elke week nog ten minste 1-1.5kg (saam met massive weight training wat spiere bou). Soos ek bo beskryf het laat die BF% kwaai vinnig val.
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:42 am
by Eugene
Ludwig wrote:
Ek gaan nou begin squash speel vir so 30 minute na gewigte. Ek vind geen pret daarin om op 'n stilstaande fiets of treadmill te oefen nie.
Die mooi meisies op die ander fietse hou darem my aandag langer as wat my asem hou.....

Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:45 am
by Gerhard
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:45 am
by Eugene
Ludwig wrote:
Ja, net jammer in ons gym het die vrouens 'n eksklusiewe aparte oefen area waar die mans nie mag kom nie.
Ja, daar is seker maar 'n baie goeie rede daarvoor, ne!

Hier by ons ou plattelandse plekkie is die mans nog gentlemen en geniet die vroue ons geselskap (of gehyg na asem...

) in die gym!

Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:49 am
by Lourens Potgieter
Wie gym in Montana???Julle sal daai ou met die rooi gesig sien op die fiets en treadmill, hehehe.....
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:49 am
by Lourens Potgieter
Planet
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 12:44 pm
by Gerhard
Ludwig wrote:
Nee wat, ek is daar vir die regte redes. By gyms soos Planet Fitness en Virgin Active lyk my die ouens gaan net om dates te gaan optel inpleks van gewigte.
Nee wat.
Ek is al uit getrap as die norste ou in die gym omdat ek nooit glimlag nie (dit kom nou van n blonde poppie n klompie jare terug)
en my antwoord...
Ek is in die gym om te oefen nie om girls te probeer beindruk of op te chat nie.
Ek weet nie van later in die dag nie maar behalwe waar mense mekaar reeds ken is daar nie veel wat staan en gesels of selfs net groet in Bedfordvie VA nie...
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 12:51 pm
by Eugene
Gerhard, 'n mooi lyfie en gesiggie op die fiets skuins voor jou, maak darem die fietsry draagbaar....

Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 12:53 pm
by Gerhard
Eugene wrote:
Gerhard, 'n mooi lyfie en gesiggie op die fiets skuins voor jou, maak darem die fietsry draagbaar....
Verseker,
Maar dan moet ek by se dat die "hills program" wat ek gebruik op die fiets of trappe masjien jou nie kaans gee om rond te kyk nie.
Jou longe klap te veel hande en as jy klaar is strompel jy daar weg... lol
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 12:59 pm
by SV MAD (Henk)
eye candy het nog nooit iemand doodgemaak in die gym nie...
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 1:05 pm
by Eugene
Ludwig wrote:
Henk, hoe seker is jy?

Wonder hoe baie van hierdie"youtube gym fails" is agv "eye candy" of om die mooi tannies te impress.
Ek is nog nie lank in die gym ding nie, maar Januarie (na die vakansie...) het ek 'n paar nuwe gesigte in ons relatiewe stil gym gesien. Ek giggel elke keer as die manne wil begin om 100kg te bencepress, veral as ek sien hoe hulle sukkel om die 20kg gewigte op die bar te kry....
En as daar nou 'n mooi jong dingetjie naby is, dan gaan dit nog erger!
Ek begin maar lig en gaan eerder gelydelik op, as om eers 3 poepe te los en dan gewigte te moet afhaal....
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Tue Jan 22, 2013 1:12 pm
by Gerhard
Eugene wrote:
Ek begin maar lig en gaan eerder gelydelik op, as om eers 3 poepe te los en dan gewigte te moet afhaal....
HAHAHAHA
Re: Cardio saam Gewigte
Posted: Thu Jan 24, 2013 11:52 am
by Swys14
Gerhard, vir my werk lae intensiteit cardio die beste om vet te verbrand, kenners reken 30 na 40 min per dag maar ek doen 25min per dag na elke gewigte sessie. Dit werk baie goed en my vet % daal baie. Swem is ook goed.
My cardio behels staan uit 25min/3km stap/draf...elliptical...fiets ry...ek wissel dit maar af want dis vervelig en ek wil dit net klaar kry.