Ek wil graag inligting he oor die korrekte gradient waarteen die terugskop buis in 'n kolf gemonteer moet word. Ek het eenkeer gehoor dat dit om en by 18 grade moet wees teenoor die middel lyn van die loop in 'n afwaarste rigting.
Ek is in die proses om vrou Yolandi se 9,3 te monteer in 'n sintetiese kolf. Ek het die buis uitgehaal wat in die houtkolf was, die moet nou in die sintetiese kolf kom.
Die buis in die tiepe wat met 'n spring demper werk en nie die tiepe met die kwik nie.
Danie
Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)
Danie, ek het so 4 jaar terug in Dok Potgieter se winkel gestaan en luister hoe hy dit aan n klient verduidelik. Nou ek gee toe ek kon die gesprek verkeerd verstaan het, ek was bietjie oorweldig in die Oom se tenwoordigheid.
Soos ek dit verstaan het moet die buis parralel wees met die kolf se onderkant. Maw as jy jou wang teen die bo kant druk van die kolf op die bench rest dan loop die kolf se onderkant met n hoek opwaarts to by jou handgreep. Dieslfde hoek waarteen die kolf opwaarts loop, is dieselfde hoek waarteen die die buis moet le binne in die kolf.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Danie Lombard .243
Re: Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)
Dankie James
Dit maak sin soos jy verduidelik.
Dit maak sin soos jy verduidelik.
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)
Danie,
Ek praat onder korreksie, maar ek dink dit is 11 grade. Christoff by Lock Stock & Barrel van PE af, wat ook hier op die forum is, het myne ingesit en ek onthou iets van 11 grade. Ek kan verkeerd wees. As jy hulle more n luitjie gee en met hom praat, sal hy vir jou kan se.
Mooiloop,

Dankie Iceman
Ek waardeer almal se terugvoer. Dit sal verseker help om die beste resultate te kry.

Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)
In die distruction manual staan dit 7grade