Page 1 of 1
Jagplek vir voorsit van springbokke gesoek
Posted: Thu Jan 17, 2013 12:07 pm
by jamalley
As daar enige persone is wat weet van plek waar 'n klomp jagters springbokke in die 2013 jagseisoen kan jag, laat weet my asb. Ek beplan 'n voorsitjag vir 'n klompie lede van die Visierskerf Jagtersvereniging op Ficksburg.
Re: Jagplek vir voorsit van springbokke gesoek
Posted: Thu Jan 17, 2013 6:08 pm
by tokjak
jam pm my
Re: Jagplek vir voorsit van springbokke gesoek
Posted: Fri Jan 18, 2013 8:27 am
by jamalley
Goeie More "TOKTAK" ek verstaan nie jou reply nie, maar sal graag met jou wil kontak
Re: Jagplek vir voorsit van springbokke gesoek
Posted: Fri Jan 18, 2013 8:51 am
by jamalley
Jammer oor die tikfout met die "tokjak" nog nie my koffie klaar gedrink nie
Re: Jagplek vir voorsit van springbokke gesoek
Posted: Fri Jan 18, 2013 9:20 am
by Sarelss
Hi Jam,
Stuur hom 'n PM (Personal Message)
Onder sy profile is so 'n blou ikon wat PM wys, dan stuur jy direk aan hom 'n epos wat nie op die forum verskyn nie, en hy kan direk met jou kommunikeer
ss
Re: Jagplek vir voorsit van springbokke gesoek
Posted: Fri Jan 18, 2013 9:22 am
by Jakkalsgat
Jamalley
Tokjak bedoel jy moet hom Persoonlik Boodskap stuur, Dit doen jy of deur bo op messages te klik of links onder sy naam is daar 'n blokkie, as jy met jou cursor op hom staan sal dar staan Send Pm, klik op dit.
Se vir ons hoeveel jagters, hoeveel Springbokke, datums ongeveer, dan kan ons kyk of ons kan help.
Groete
Jaco
Re: Jagplek vir voorsit van springbokke gesoek
Posted: Fri Jan 18, 2013 10:59 am
by jamalley
Dankie, nou weet ek presies wat om te doen - ook maar redelik BC. Sal vir tokjak pm. Jong soos wat dit met die tipe van goed werk, wil die manne eers pryse kry voordat hulle "commit" dit sal heelwaarskynlik so ongeveer 7-10 manne wees, wat elk twee of meer springbokke sal skiet.
Re: Jagplek vir voorsit van springbokke gesoek
Posted: Fri Jan 18, 2013 11:23 am
by Varminter-308
Jakkalsgat.....
Jy my PM gekry?
Groete
Re: Jagplek vir voorsit van springbokke gesoek
Posted: Fri Jan 18, 2013 11:56 am
by Jakkalsgat
V308
Negatief, het nie gekry nie, hoe kan ek help?
Groete
Jaco