Page 1 of 1

Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 8:47 am
by Lourens Potgieter
Ouens, hengelmaat van my in die Kaap se vrou het HARD geoefen vir die wedren....inskrywings het gister oopgemaak en vinnig die perk van 16 000 bereik, terwyl sy besig was om te registreer. Dis 'n baie groot teleurstelling. As enige en van julle hoor van iemand wat ingeskryf het en dit NIE gaan maak nie, laat weet asb...ek weet jy kan die inskrywing net soos die Argus inskrywing oordra.....sal julle hulp waardeer!!!

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 8:51 am
by matewis
Deeg, janee dit was belaglik hoe vinnig die laaste 6000 opgeraap was - die mense is oor die algemeen baie ontevrede met die proses, so ek sal nie verbaas wees indien dit volgende jaar op lotto-stelsel toegeken word nie. Gelukkig het my konneksie gehou en ek het my nommer gekry!

Sy moet dalk gedurig op runnersworld.co.za se forums kyk. Baie keer kry iemand beserings of val iets voor dan gooi hul inskrywings daar op. Jy kan dit wel oordra.

Sterkte en groetnis

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 9:03 am
by Lourens Potgieter
Dankie waardeer die raad!!!Ek verstaan nie die manier van registreer nie.....dis die klomp Kaapse huisvrouens wat verveeld is wat 40% van die inskrywings vat, selle as met die Argus....ek het die Argus gery en het na 5 van die 105 km al manne gekry wat nie die pad kan sien nie, so moeg is hulle...maar hulle behoort aan WP pedal power so hulle spring voor my weg....dis jare terug maar ek is steeds vies daaroor.

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 9:10 am
by matewis
Ek dink dit is die groot rede waarom hul eers 10,000 verlede jaar oopgemaak het vir mense wat alreeds 2O gedoen het. Die laaste 6,000 gister was vir mense wat hom die eerste keer wil hardloop, of wat nie reggekom het onder die eerste 10,000 nie.

Klomp Kaapse huisvrouens se jy?  ;D ;D ;D

Sterkte!

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 9:24 am
by Jacko
matewis wrote: Klomp Kaapse huisvrouens se jy?  ;D ;D ;D
Sterkte!
;D ;D

Die ouens wat einde laasjaar kon registreer (dis nou ons ouens wat hom voorheen gehardloop het) moes ook vinnig spring.

As 'n kollega my nie ge-sms het nie, was dit tickets want ek was toe in Mpumalanga in 'n bakkie, salig onbewus van al die drama. Het gou by 'n lodge op die internet geklim en die ding gedoen. Ook net-net die cutoff gemaak!

Dit nadat ek in Oktober my hol af gehardloop het (nevermind die oefen voor die tyd...) om 'n wedren te kon doen in 'n kwalifiserende tyd om ten minste in 'n D-seeding weg te spring. Hier vanaf die E-groep (die holhangers en stappers) vat dit jou so 6 min voordat jy oor die wegspringstreep kom nadat die skoot geklap het...

Dan kon 'n mens al 1 kilometer gehardloop het.  :P

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 9:33 am
by Lourens Potgieter
Jacko, die mense het vanaf Gauteng verhuis kaap toe laasjaar, dink dit sou haar eerste gewees het.

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 9:37 am
by matewis
Jacko, lyk of ek ook darem in die D-klassie is. Maar dit is seker die grootste groep? Is die tyd nie "mat-to-mat" nie?

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 9:42 am
by Jacko
matewis wrote: Jacko, lyk of ek ook darem in die D-klassie is. Maar dit is seker die grootste groep? Is die tyd nie "mat-to-mat" nie?
Negatief!

Daai klok begin loop wanneer die skoot geklap het. Vra my - ek het dit twee jaar in 'n ry beleef.

Tensy hulle en Racetech intussen bygekom het...

D-klas is kleiner as E. Herhaal agter my aan: "E is vir holhangers, sy-aan-sy bondels k*kpraters en armswaaiende stappers. E is Evil! E moet vermy word!"

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 9:49 am
by matewis
Ek hoop net nie in my geval die klomp Evils snol hier van agter af verby en dink hierdie D staan vir die Dr@l in die drinkwater nie!

Verwag dalk maar nog 'n paar vragies van my kant af hier na Maart se kant toe! My senuwees is reeds aan't loop..  :o

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 11:54 am
by Chevvy SS
As jy nie plek kry nie, gebruik daai tyd vir n kopdokter. Dis malligheid om so ver te hol.

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 12:02 pm
by Lourens Potgieter
Hehehe Chevy ek dink ook so.....

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Wed Jan 16, 2013 12:33 pm
by Jacko
matewis wrote: Ek hoop net nie in my geval die klomp Evils snol hier van agter af verby en dink hierdie D staan vir die Dr@l in die drinkwater nie!

Verwag dalk maar nog 'n paar vragies van my kant af hier na Maart se kant toe! My senuwees is reeds aan't loop..  :o
Met graagte. Nie dat ek Bruce Fordyce is nie.

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Thu Jan 17, 2013 7:39 am
by Lourens Potgieter
Matewis, net gou terugvoer.....na jy genoem het van Runnersworld se forums het ek hom laat weet gister.....hy het netnou laat weet sy vrou het reggekom daar en sy is in!!!

DANKIE!!

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Thu Jan 17, 2013 8:39 am
by cassie_calvinia
Chevvy SS wrote: As jy nie plek kry nie, gebruik daai tyd vir n kopdokter. Dis malligheid om so ver te hol.
die wiel het gekom om te bly....

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Thu Jan 17, 2013 8:51 am
by matewis
Deeg wrote: Matewis, net gou terugvoer.....na jy genoem het van Runnersworld se forums het ek hom laat weet gister.....hy het netnou laat weet sy vrou het reggekom daar en sy is in!!!

DANKIE!!
Mooi man, plesier!

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Thu Jan 17, 2013 12:28 pm
by Herman Venter
Ek het probeer inskryf vir my suster en dit was helemal belaglik! Daardie 6000 plekke is rerig net te min! Ek het die heeltyd probeer maar met geen geluk nie! Sterkte wel vir die mense wat wel dit gemaak het!

Groete
Herman

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Thu Jan 17, 2013 12:37 pm
by Jakkalsgat
Ag nee ;) wil julle vir my se daar is nie meer plek nie  8) en ek wou dit so graag hierdie jaar gedoen het :laugh:

Re: Two Oceans - Hulp nodig

Posted: Fri Jan 25, 2013 8:08 pm
by Jacko
Jakkalsgat wrote: Ag nee ;) wil julle vir my se daar is nie meer plek nie  8) en ek wou dit so graag hierdie jaar gedoen het :laugh:
Ag nee! En ek WEET jy wou so graag.

Volgende jaar, dan?  ;D