Page 1 of 1

Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 11:23 am
by Gerhard
Wie is besig om deeltyds te swot en vir wat?

Ek het nou begin met Certified Supply Chain Professional studies en dinge raak rof tussen al die werk en dinge deur.

My tyd beplanning raak nou nog moeiliker.

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 11:24 am
by DWB
Ek is in my 6de jaar van 6 en 'n half vir my deeltydse bosbou diploma.

Die einde is in sig maar kan nie vinnig genoeg kom nie!

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 11:26 am
by savage(P Coetzer)
Gerhard, ek swot nie nou meer nie maar ek het so 4jr terug klaar gemaak met myne.
Het my Btech deeltyds oor 2jr so tussen die werk deur gedoen.
Kon nie oor my sosiale lewe kla nie want daar was nie een nie.
Maar is baie bly ek het vasgebyt en klaar gemaak.
Sterkte met joune!

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 11:37 am
by Gerhard
savage wrote: Gerhard, ek swot nie nou meer nie maar ek het so 4jr terug klaar gemaak met myne.
Het my Btech deeltyds oor 2jr so tussen die werk deur gedoen.
Kon nie oor my sosiale lewe kla nie want daar was nie een nie.
Maar is baie bly ek het vasgebyt en klaar gemaak.
Sterkte met joune!
Dankie,

Toemaar die werk sorg klaar vir n minimum sosiale lewe.

Die trick vir my nou is hoe om dit saam met  die werk te laat werk want ek is muff kop teen 18:00 as ek met die dag se werk klaar maak.

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 11:51 am
by Sako75
Ek werk en swot voltyds (na ure).  Die kursuswerk is net effe uitputtend en stressvol.  Maar nou ja, hopelik is dit alles vir 'n goeie doel en pluk mens die vrugte daarvan.  Laaste 6 maande se klasse begin Februarie - dan net tesis.

DWB - Ek doen PhD (Landbou-ekonomie)

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 11:55 am
by DWB
Wat swot jy Sako?

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 2:01 pm
by Spanner
Ek is ook in my finale jaar van BTech - en hierna is dit KLAAR.  Ek moes klaar geswot het toe ek nog kind was, en nie so laat eers begin het nie, om steeds te moet swot as jy amper 40 is, is nie pret nie.

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 2:08 pm
by VdWalt
Spanner wrote: Ek moes klaar geswot het toe ek nog kind was, en nie so laat eers begin het nie, om steeds te moet swot as jy amper 40 is, is nie pret nie.
;D ;D Ken daai gevoel !! BCompt so deur Unisa gedoen op my ou dag want ek het mos gejeuk
toe ek moe swot!!! Vir ondersteuning het my vrou toe ingeskryf vir LLB want sy het gesien
ek's te lui om die so alleen te doen.

Sy het die naweek begin krap aan wat gaan ons volgende swot om ons breine in oefening te hou. :P ??? ???

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 2:43 pm
by Gernie
Moeilike een die!!

Ek is huidiglik amper op die einde, 'Total Quality Management' deur Unisa. Ek moet se dit vat nogals om te swot en take te doen terwyl ander braai en rugby kyk.

Gernie

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 3:33 pm
by PWV
Gerhard wrote: Wie is besig om deeltyds te swot en vir wat?

Ek het nou begin met Certified Supply Chain Professional studies en dinge raak rof tussen al die werk en dinge deur.

My tyd beplanning raak nou nog moeiliker.
Sorry, Gerhard, ek het lanklaas studeer, maar leer elke dag nog iets by.  As jy vir my se wat "Certified Supply Chain Professional Studies" is, sal ek al weer iets geleer het. :-\

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 5:44 pm
by Gerhard
Pieter Willem Vorster wrote: Sorry, Gerhard, ek het lanklaas studeer, maar leer elke dag nog iets by.  As jy vir my se wat "Certified Supply Chain Professional Studies" is, sal ek al weer iets geleer het. :-\
Pieter,

Jy kan gerus hier gaan lees.

http://www.apics.org/careers-education- ... ation/cscp

APICS CSCP education is essential if you are

interested in increasing your knowledge and expertise in the field of global supply chain management, specifically in the areas of customer relations, international trade, information technology enablement, and physical logistics
consulting or facilitating supply chain functions or working with ERP systems
creating a common standard of understanding, vocabulary, resources, and frameworks within your company to address your supply chain challenges and opportunities.

An APICS CSCP designation will help you:

master the necessary tools to effectively manage global supply chain activities, including suppliers, plans, distributors, and customers around the globe
acquire the skills you need to create consistency and foster collaboration through best practices, common terminology, and corporate communication
understand how to use enterprise resources planning (ERP) systems and other technologies to improve the entire supply chain process
maximize your organization's ERP investments by millions of dollars
increase your professional value and secure your future.

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 5:51 pm
by PWV
Gerhard wrote: Pieter,

Skielik raak ek so moeg!  :o  Sterkte, my vriend.  My ma het altyd gese jou geleerdheid kan niemand van jou af wegneem nie. 

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 6:25 pm
by Gerhard
Pieter Willem Vorster wrote: Skielik raak ek so moeg!  :o  Sterkte, my vriend.  My ma het altyd gese jou geleerdheid kan niemand van jou af wegneem nie.
Dankie,

Die voordeel met die is dat n Amerikaanse Kwalifikasie is wat internasionaal aanvaar word.

Gaan nog lekker sweet agter die boeke..

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 6:52 pm
by Jacquesb
Gerhard
Mater dis nie 'n maklike pad nie, maar jy MOET deurdruk. Sukses is soet.
Ek het SAP diploma deeltyds gedoen en klaargemaak in 1993. 13 jaar 'afgevat' en toe begin met LLB. Ek werk voldag, doen standby, nagbesoeke, oortyd. Het 2 laaities wat nou 12 en 8 is. Stokperdjies en werk by my pa op die kleinhoewe. Ek het 6 jaar aan 'n 4 jaar graad geswot, en Oktober 2012 graad gevang.

Dis lekker om klaar te wees man. Maar kwalifikasies is joune vir altyd. Vebeter jouself! Dit plaas jou in 'n beter posisie in die lewe.

Sterkte

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 7:34 pm
by PWV
Jacquesb wrote: Gerhard
Mater dis nie 'n maklike pad nie, maar jy MOET deurdruk. Sukses is soet.
Ek het SAP diploma deeltyds gedoen en klaargemaak in 1993. 13 jaar 'afgevat' en toe begin met LLB. Ek werk voldag, doen standby, nagbesoeke, oortyd. Het 2 laaities wat nou 12 en 8 is. Stokperdjies en werk by my pa op die kleinhoewe. Ek het 6 jaar aan 'n 4 jaar graad geswot, en Oktober 2012 graad gevang.

Dis lekker om klaar te wees man. Maar kwalifikasies is joune vir altyd. Vebeter jouself! Dit plaas jou in 'n beter posisie in die lewe.

Sterkte
Vir so 'n ou lig ek my hoed baie hoog!!!!

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 7:58 pm
by Gerhard
Pieter Willem Vorster wrote: Vir so 'n ou lig ek my hoed baie hoog!!!!
Verseker!

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 7:59 pm
by Jacquesb
Dankie oom Pieter. Ek waardeer, maar ek het nie gevis vir komplimente vir myself nie.
My bedoeling was net om vir Gerhard te se dat hy dit beslis kan regkry as hy deurdruk. En dat die beloning groot is!

Vriendelike groete
Jacques

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 15, 2013 8:02 pm
by Gerhard
Jacquesb wrote: Dankie oom Pieter. Ek waardeer, maar ek het nie gevis vir komplimente vir myself nie.
My bedoeling was net om vir Gerhard te se dat hy dit beslis kan regkry as hy deurdruk. En dat die beloning groot is!

Vriendelike groete
Jacques
Dankie Jacques,

Hierdie is iets waarvoor ek net so groot passie het soos my jag en visvang....

Dit vat immers al klaar 65 ure n week van my tyd.

Om bloot gestel te word aan die huidige ontwikkelings in Supply Chain kan verseker net beter goete betekin

Re: Deeltydse swot

Posted: Mon Jan 21, 2013 2:51 pm
by SV MAD (Henk)
Jip, ek begin ook nou. Het die boeke begin nadersleep, doen my MBA. Skryf eerstet eksamen module in Jun (organizational behaviour). Dan nog net10 modules om te gaan...

Re: Deeltydse swot

Posted: Mon Jan 21, 2013 4:01 pm
by Gerhard
SV MAD (Henk) wrote: Jip, ek begin ook nou. Het die boeke begin nadersleep, doen my MBA. Skryf eerstet eksamen module in Jun (organizational behaviour). Dan nog net10 modules om te gaan...
Skryf ook in Junie.

Die eksamen het 4 modules.

Eksamen koste is R6500.00 met slaag % van 75% om te slaag...  :o

Re: Deeltydse swot

Posted: Tue Jan 22, 2013 9:21 am
by SV MAD (Henk)
Gerhard wrote: Skryf ook in Junie.

Die eksamen het 4 modules.

Eksamen koste is R6500.00 met slaag % van 75% om te slaag...  :o
Baie sterkte! Jip, deeltyds swot is nie maklik nie.