7mm-08 opinies?
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
7mm-08 opinies?
More manne,
'n Kaliber wat my al 'n geruime tyd baie interesseer is die 7mm-08. Dit lyk op papier soos 'n bitter lekker geweer vir klein en medium wild en kan met 'n verskeidenheid van koeels aangewend word verskillende situasies. Ballistiek lyk min of meer soos volg: 120gr @ 3000, 140gr @ 2800, 160gr @ 2600, 175gr @ 2500.
Die kaliber is gebasseer op die 308 dop wat afgenek is na 7mm. Hy behou ook die inherente akkuraatheid van die 308. Ballisties is hy die tweeling van die 7x57. Die terugskop is min of meer vergelykbaar met die van 'n 25-06. In Amerika is die kaliber redelik gewild onder jagters sowel as kompetisie skuts en praat die ouens met groot lof van hom. Daar is ook volgens Midwayusa.com 28 fabrieksladings vir die kaliber beskikbaar en 4 verskillende soorte doppe nl Remington, Winchester, Norma en Nosler. Doppe kan ook maklik van 308 af gevorm word en dan bring dit vervaardigers soos Lapua ook in die prentjie in. Die meeste van die groot geweer vervaardigers maak ook almal gewere in die kaliber.
In Suid Afrika is die kaliber maar redelik skaars en mens sien hom nie sommer op geweerhandelaars se rakke nie. Wat sou julle se is die rede hiervoor? Ek verstaan die 308 en 7x57 is baie populer maar laasgenoemde is in elkgeval deesdae bitter skaars in nuwe gewere.
Is hier enige ouens op die forum wat die kaliber skiet? Wat id julle manne se opinie oor hom? Kyk ek iets mis?
Groete,
Lou

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 7mm-08 opinies?
7-08, baie baie akuraat. Te stadig na my sin. Maar nou ja maar net my gevoel oor die kaliber.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 7mm-08 opinies?
Dink 'n kaliber wat 7x57 ewenaar is 'n wenner.
Weet net dat ammunisie duur en skaars is - R600+ vir 20. As jy herlaai sal dit nie probleem wees behalwe om matryse te kry - het nou die dag met iemand gesels wat van mening is dat dit beter sal wees om die 243 doppe op te nek. Minder verdikking van die nek en skouer.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: 7mm-08 opinies?
Baie lekker kaliber. Myne verbaas my nog steeds na 21 jaar.
Het al springbok, blesbok, swart willebees, koedoe en gemsbok met hom gejag.
Nuutste loop is 26.25" lank en ek druk 'n 140 gr klas koeël teen 2960fps, 120gr koeël teen 3100fps.
Het al springbok, blesbok, swart willebees, koedoe en gemsbok met hom gejag.
Nuutste loop is 26.25" lank en ek druk 'n 140 gr klas koeël teen 2960fps, 120gr koeël teen 3100fps.
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: 7mm-08 opinies?
Driepoot,
Matryse is alhoewel nie volop nie, selfs by ons groot winkels beskikbaar en ekt nou die dag (premium) ammo gesien teen R450/20. Indien 243 opgenek word sal dit ook goed werk en daar kan jy ook weer top klas doppe soos Lapua gebruik sou jy premium doppe verlang. Die enigste klein nadeel wat ek moontlik aan kan dink in SA is dat PMP nie vir hom ammo maak nie, behalwe daarvoor kan ek aan niks dink nie. Dit hoort egter nie die manne wat weet van beter te pla nie...
Ludwig,
Ek self het nogal gereken dat hy in Ackley-gewaat selfs nog beter sal doen, veral as jy inagneem dat hy op 'n kort aksie gebou is en vir die hoeveelheid kruit wat jy brand vs performance wat jy uitkry. Ek dink dis 'n wenner al die pad. Miskien kan Wouter ook bietjie uitbrei oor die Ackley van die kaliber? Baas Wout kom in?
Thomas,
Vertel bietjie meer oor jou geweer en setup wat jy gebruik?

Last edited by Lourens on Tue Jan 15, 2013 10:14 am, edited 1 time in total.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: 7mm-08 opinies?
Lou, ek nek 308 Lapua doppe af om die 7mm08 te maak. Dit gee my 'n dikker nekwand dikte wat my geweer kamer beter pas.
Ek het elders op die forum 'n die geweer beskryf, sal dit moet gaan soek.
Die langer loop maak mooi. As ek hom eendag korter maak om die keelverbranding uit te sny sal ek oorweeg om hom dan te Ackley.
Ek het elders op die forum 'n die geweer beskryf, sal dit moet gaan soek.
Die langer loop maak mooi. As ek hom eendag korter maak om die keelverbranding uit te sny sal ek oorweeg om hom dan te Ackley.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 7mm-08 opinies?
Lourens, hier is n intresante stukkie info, Musgrave het in die tagtiger jare vir die Taakmag 7-08 snipers gebou op n 22 duim loop. Alhoewel die Taakmag ook baie Musgrave 308's gebruik het was hierdie 7-08 projek gedoen uitsluitelik op versoek van die Taakmag.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: 7mm-08 opinies?
James,
Voorwaar 'n baie interessante stukkie info daai! Sou nie omgee om een van daai roere in die hande te kry nie!
Voorwaar 'n baie interessante stukkie info daai! Sou nie omgee om een van daai roere in die hande te kry nie!
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Zack Benade
Re: 7mm-08 opinies?
Ek het 'n Sako 75 in 'n 7mm-08 gehad. Ek het dit vir silhouette gebruik saam met 'n .308
Die 7mm-08 het ek pap gelaai vir 200 en 300 m met PMP se 130gr punte. Op 385 en 500m het ek Sierra se 165 punte geskiet met goeie resultate. Dis was verseker 'n lekker kaliber met beheerbare terugskop.
Toe die loop uitgeskiet is het ek dit vervang met 'n 1-9 twist .224 loop vir 'n 22-250
As ek tussen die 308 en 7mm-08 moet kies sal ek eerder die 308 weer skiet om een rede ----Kostes van punte.

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 7mm-08 opinies?
Lourens
Baie lekker onderwerp die en ek luister graag. Ek het self al n bietjie gedink oor die kaliber en is self lus vir ene wanneer ek loopvervanging moet doen, sal self na die AI weergawe kyk.
Groetnis

RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: 7mm-08 opinies?
Ek het een in n Remington met n 22 duim loop. Dit is n sogenaamde mountan rifle. Wat interessant is van die geweer is dat dit met alle punte vanaf 100 grein tot 170 grein groepeer.Weet nie of dit die kaliber is of geweer nie.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 7mm-08 opinies?
RV
Het jy dalk enige data wat jy ons kan gee op die roer asb. soos koeel spoed en groeperings, ens?
Groetnis
Het jy dalk enige data wat jy ons kan gee op die roer asb. soos koeel spoed en groeperings, ens?
Groetnis
-
RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: 7mm-08 opinies?
Ek sal more aand vir jou plaas. Ek gebruik tans Remington doppe. Ek dink daar het nou weer n klomp in die land ingekom via Formalito. Die afgenekte doppe van af 308 werk nie vir my so lekker nie. Dit is nie so groot probleem om komponente vir die 7-08 te kry nie.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 7mm-08 opinies?
Ek hou van die kaliber maar om 'n geweer te kry is ander storie het die geweertjie in aksie gesien op 'n jag in Namibie, sebra, gemsbok, springbok, swart wildebees, vark almal is dood. Met 140gr koele.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: 7mm-08 opinies?
RV,
Sal interessant wees soos SJ se as jy vir ons bietjie van jou data kan weergee. Soos ek verstaan is die 7mm-08 soos die 308 glad nie temperamenteel nie en sal hy feitlik enige ding skiet sonder probleme.
Groete,
Lou
Sal interessant wees soos SJ se as jy vir ons bietjie van jou data kan weergee. Soos ek verstaan is die 7mm-08 soos die 308 glad nie temperamenteel nie en sal hy feitlik enige ding skiet sonder probleme.
Groete,
Lou
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: 7mm-08 opinies?
Ek gebruik tans slegs n 140 grein Sierra Prohunter met 41.2 grein S341 teen ongeveer 2730 vt. Dit is nie noodwendig die beste lading nie maar ek besit 16 kalibers waaronder n 7x57 en n 7x64. Dit vul dus vir my die 140 grein gaping.
Ek het ook die volgende ladings gebruik:
1. Sierra 160gr BTHP gelaai met 40.2 gr S335 en CCI 200 teen 2630. Beste groepering was 8 mm.
2. 130gr GS Custom met S335 44.5gr CCI 200 teen 3200 vt .Dit toon druk. Beste 14mm groep.
3. 115gr GS Custom met S335 45.7 3294 vt.Beste 17 mm groepering.
Ek het ook 130 gr PMP probeer maar was nie suksesvol nie. Gewoonlik het 2 mekaar gesny met die derde skoot so 20 mm regs bo.
Het ook 130 grein Capstans( Hulle was in PE vervaardig) probeer . Hul groeperings was ongeveer 25 mm.
Onthou my geweer is n jaggeweer met n 22 duim loop. Ek glo dat kompitisie gewere in die kaliber het baie potensiaal. Hulle word baie in Mexiko gebruik.