Page 1 of 2

Resep vir ingelegte karp?

Posted: Mon Jan 14, 2013 4:13 pm
by Dweetster
Ek is nou nie 'n karp vanger nie maar het Desember 'n paar gekry. Hoe kan ek die vissies gebruik? Ek het gedink ingelegte kerrie-vis kan die ding doen, maar nou hoe maak jy dit.?
Het iemand vir my 'n lekker resep?

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Mon Jan 14, 2013 4:26 pm
by DWB
Ek dog jy werk?  ;D ;D

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
by Eugene
Kyk in jou vrou of ma se Kook en Geniet. Daar is 'n resep vir kerrievis in en dit kan met sukses vir karp gebruik word!

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Mon Jan 14, 2013 5:06 pm
by Dweetster
Die een wat ek het is vir geelstert, sal dit werk?

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Mon Jan 14, 2013 6:10 pm
by Spanner
Het die resep op die net gekry - miskien kan jy net dit op karp toepas ?

------------------------------

Ouma se resep. dis die beste!! nie eers snoek of grunter of "sharkfin" sop kan so proe nie

Ingelegde Kerrie vis

Bestandele:

4kg Baber Geelvis of Kabeljou
1 Rooi Rissie Fyngekap, Geen sade
750ml Asyn
6 Groot Uie
125ml Suiker
Peper
Sout
45ml Kerrie Poeier
5ml Kookolie

Sny die vis in bediengrootte stukke, gooi sout en peper na smaak en laat staan oornag in koel plek.
Bak volgende dag vir kort rukkie in warm olie(Moenie vis in broodkrummels rol nie).
Sny uie op en kook hulle vir 5min in 500ml water.
Voeg res van bestandele by en kook vir 3 minute, roer met houtlepel om sous te vorm.
Voeg dan die vis en sous in lae in die houers.
Los vir 7 dae en geniet.
--------------

Spanner

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 12:03 pm
by Dweetster
Dankie die een klink smaaklik, ek gaan my vrou uit die kombuis jaag met die vis reuk. Sal julle laat weet hoe hy smaak. Thanks.

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 12:25 pm
by Eugene
Dweetster wrote: Die een wat ek het is vir geelstert, sal dit werk?
Sal 100% werk!

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 12:33 pm
by Gregvzyl
Alhoewel karp ingevoer is vir eet is dit nou nie juis die lekkerste eetvis nie, Die klein grate maak dit ook nie 'n gawe kerievis kaniedaat nie. Dalk eerder viskoekies oorweeg.

As jy nie by die kerievis lus kan verbykom nie is baber (nee moenie neusoptrek nie) 'n beter opsie. Meer seevis is maar die beste vir die kerievis.

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 12:58 pm
by spekieries
Greg

Is die idee nie dat die asyn en die kerrie die grate sag maak nie?

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 1:07 pm
by Gregvzyl
Spekieries jy kan reg wees. Al wat ek van kosmaak weet is om dit te eet.

Die kerievis wat Ouma gemaak het (See vis) was die beste, ek het my vingers af ge-eet. Het onlangs karp kerievis ge-eet wat iemand anders gemaak dit was vol grate en hulle was nie juis sag nie. Dalk was hulle nie lank genoeg gelos sodat die grate kon sag word nie, ek weet nie, maar dit was nou nie juis lekker gewees nie.

Nou water my bek so na Ouma se kerievis, ek wens sommer ek het die post misgelees.

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 1:15 pm
by Dweetster
Indien dan vis koekies, watse resep is lekker daar?Ek sal als probeer.Die baber het ek vir my werkers gegee.(moes ek nie?)

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 1:24 pm
by Eugene
Die karp wat ek kleintyd in die vaalrivier gevang het, het soos 'n snoek, oorwegend groot grate gehad en baie minder klein grate (in verhouding tot 'n geelvis of moddervis). My ouma het altyd die vis ge-fillet en dat die groot grate met 'n tangetjie uitgetrek. Die klein grate word deur die asyn saggemaak.

Baber is 'n baie lekker vis met baie min grate, maar dit is ongelukkig die hiena van die rivier en sal enige vrot ding eet. Sy vleis proe baie keer effens modderig. As jy 'n baber vang, gooi hom eers vir 'n paar dae in 'n dam met skoon en helder vars water en slag hom dan. Sy vleis is ook baie lekker.

Vandat daar meer drolle as vis in die vaalrivier is, eet ek nie meer die vis wat ek daaruit vang nie!

Vir die viskoekieresep, kyk in die kook en geniet!

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 1:35 pm
by Dweetster
Vandat daar meer rolle as vis in die vaalrivier is, eet ek hoender.

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 1:57 pm
by Lourens Potgieter
Wou nou net vra waar vang julle daai karp....

Ek het dit ook so dat die asyn die grate sag maak...dink net dit moet lank genoeg lê.....

Ek het al Bass en Kurper geëet....weet nie of ek sommer sal karp eet uit 'n SA dam uit nie.....bottom feeders smaak na modder, ek sal die karp ook vir 'n week of so uitvars in skoon water.....voor jy hom slag...

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 2:06 pm
by Eugene
Deeg, 'n pel van my het die naweek gaan graskarpe skiet naby Christiana in die Vaalrivier en hulle beweer dit lekkerder as meeste seevis!

Ek weet darem nie.... Het iemand al van daai graskarpe geeet, hulle word mos maklik sommer 20kg+

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 2:16 pm
by Dawie D
Manne

Julle mis die punt hierso met al julle resepte, kry nou maar eenmaal vir Goose om julle die regte manier te vertel.
Hy is mos n ou papgooier ;D ;D

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 2:39 pm
by Lourens Potgieter
As die manne hulle eet het ek nie 'n probleem nie...of minstens vir die volk gee....ek het die naweek nuwe klub rekord graskarp van 7.9 kg gevang by die Vaaldam.

Pic is stupid, ek het so bietjie gebewe...vis het eers uit die net gespring toe my pel hom skep, toe bring my laaitie 'n groter net...vis was langer as 'n meter.

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 3:14 pm
by Marc
Eugene wrote: Deeg, 'n pel van my het die naweek gaan graskarpe skiet naby Christiana in die Vaalrivier en hulle beweer dit lekkerder as meeste seevis!

Ek weet darem nie.... Het iemand al van daai graskarpe geeet, hulle word mos maklik sommer 20kg+
Ek weet self nie so mooi oor daai stelling nie, maar stem saam Deeg, hoe meer daar uit ons waters gehaal word, hoe beter vir die ander spesies  ;)

Le hulle in manne, wil iemand hulle nie sommer blik nie  ;D

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Tue Jan 15, 2013 5:08 pm
by Dweetster
Ek dag die goet kan nie teel nie, hoe kom ons water dan so vol van die vis? Die karp wat ek gevang het was in die Morgenstond dam wat een van die damme in MP is wat die Vaaldam voer. Die water is baie skoon en jy kan nog die bodum sien tot op 2 mtr.( dis al hoekom ek die vis sal eet)

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Wed Jan 16, 2013 8:03 am
by Eugene
Klaarblyklik was die graskarpe aanvanklik steriel en is gebruik om damme soos Potchdam en Boschkopdam se watergras te vreet. Baie boere het dit ook aangekoop om hulle besproeiingsdamme soos te maak en te hou. Maar soos met alles in ons wonderlike landjie, het iemand weer gewone graskarpies ingebring teen die helfte van die prys, wat natuurlik nie steriel was nie, en siedaar, 'n spiksplinternuwe probleem...

Marc, ek is nie seker met watter gedeelte jy nie saamstem nie, die skiet gedeelte of die proe soos seevis gedeelte nie. Visskiet is klaarblyklik onwettig in SA en 'n redelike kontroversuele onderwerp. My opinie is dat solank jy uitheemse, probleem spesies skiet, dit met my ok is, maar by geelvis en kurpers, trek ek die streep! Wat die smaak aanbetref, weet ek nie, nog nooit geeet nie en ek is onseker of ek vaalriviervis gaan probeer.... :P

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Wed Jan 16, 2013 8:47 am
by Dweetster
Dankie nou verstaan ek, en met die baie reen versprei hulle baie vinnig. Is gewone karp nie ook maar 'n Alien spesie by ons nie? Daar is mense wat wild raak as jy karp uit die damme haal.

Ek maak vandag my kerrie vissie.

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Wed Jan 16, 2013 8:56 am
by Lourens Potgieter
Eugene, dis baie kontroversieel....ek hengel kompeterend en ons HOU van die graskarps...hulle groei vinnig en is 'n goeie hengelvis. Die probleem met visskiet, is wat die manne na die tyd met hulle maak...ek het al pics gesien van BAKKIE vragte vol vis wat op 'n hoop gegooi word om te vrot. Dan, skiet die manne meestal groter vis, wat deur hengelaars opgepas word soos goud....ek het al gehoor van boog manne wat baie vinnig moes wegkom of hulle kry slae. Ek weet julle almal mors nie so nie, dis hoekom ek my houding heeltemal verander het. As die vis wel benut gaan word, het ek nie pyne nie. Moet net nie soos party manne maak en wag vir spawn tyd waar die GROOT vis teen die kant kom skuur en hulle dan skiet nie...dis soos om 'n Rooibokram van 'n ooi se rug af te skiet....

Benut die vis al is dit vir jou hond, en skiet binne perke...moet nie probeer 50 vis skiet en 48 weggooi nie...dan het ek geen pyne nie.En probeer om die grotes uit te los behalwe as jy een wil laat mount.

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Wed Jan 16, 2013 9:17 am
by Dweetster
Deeg as visskiet onwettig is in SA hoe word daar dan nog geskiet, of word dit skelm gedoen? Is speerfishing nie ook maar die selfde nie?

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Wed Jan 16, 2013 10:11 am
by Lourens Potgieter
Dweetster, ek het nie genoem dat dit onwettig is nie, maar volgens my inligting is dit wel onwettig. Ek kla egter nie daaroor nie, ek vra net dat dit beheerd gedoen word, en die vis nie gemors word nie.

Re: Resep vir ingelegte karp?

Posted: Wed Jan 16, 2013 12:05 pm
by Marc
Eugene, ek meen daai deel van proe soos seevis. Seevis eet vis, damvis eet plante, hulle loop ander paaie  ;D

Ek stem ook dat vis nie onnodig uitgeroei moet word nie Deeg, maar as dit iets is wat ingebring was, se ek haal hulle almal uit. Al is dit om die voels en katte by die dam se dag te maak. Moet natuurlik asseblief niks besoedel nie, wees 'n mens  ;)