Page 1 of 3

Dieet

Posted: Mon Jan 14, 2013 9:49 am
by Gerhard
Ek het Vrydag my dieet gekry van die dieet kundige...

Wie volg nog n dieet plan?

Die idee is om 2kg n maand te verloor en te val van 25% body fat na 17% toe oor die volgende klompie maande.

Dit gaan nogal n aanpassing wees om net weer in n goeie gewoonte te kom.

Re: Dieet

Posted: Mon Jan 14, 2013 10:04 am
by vernon
Hi Gerhard

Ja ek volg ook een.
Grootste aanpassing is om 6 keer per dag te eet. Weeg nou 129.1 doelwit is om teen  April 120 te weeg.

Vernon

Re: Dieet

Posted: Mon Jan 14, 2013 10:23 am
by Smirre
More
net iets om altyd te onthou

Die spoed waarteen jy gewig verloor is dieselfde spoed waarteen jy gewig weer optel as jy ophou dieet 

Smirre

Re: Dieet

Posted: Mon Jan 14, 2013 10:24 am
by SV MAD (Henk)
Ek volg 1.

het in 8 weke omtrent 14kg vet afgeskud en 4kg spiermassa aangesit. Dus totaal al 10kg verloor.

maar weet net dat dit baie sweet vat ook, eet is 'n belangrike deel, maar mens moet oefen ook!

Re: Dieet

Posted: Mon Jan 14, 2013 12:33 pm
by Gerhard
SV MAD (Henk) wrote: Ek volg 1.

het in 8 weke omtrent 14kg vet afgeskud en 4kg spiermassa aangesit. Dus totaal al 10kg verloor.

maar weet net dat dit baie sweet vat ook, eet is 'n belangrike deel, maar mens moet oefen ook!
Baie netjies.

Ja die sweet en oefen is ook baie belangrik.

Re: Dieet

Posted: Mon Jan 14, 2013 1:11 pm
by vlakvark1
Kan julle nie julle dieet programme hier opsit nie laat ons kan sien hoe maak julle om die vettjies af te gooi  ;)

Re: Dieet

Posted: Tue Jan 15, 2013 2:48 pm
by SV MAD (Henk)
2 heel eiers en 6 eierwitte ontbyt

50gr proteien

50gr oats en proteien uur voor oefen

60gr proteien direk na oefen

200gr hoender en koppie groen groente middagete

200gr "lean" vleis en koppie groente aandete

50gr proteien net voor slaaptyd

Geen alkohol, brood, suiker, suiwel. Sny enige iets met koolhidrate ens uit.

Re: Dieet

Posted: Tue Jan 15, 2013 3:21 pm
by vlakvark1
Dankie Henk
Dit klink nie te erg nie. Word seker afgesaag na n ruk maar as dit werk dan doen mens maar bietjie moeite ;)

Re: Dieet

Posted: Tue Jan 15, 2013 3:27 pm
by SV MAD (Henk)
Dit werk definitief.
Doen 30min cardio in oggend en ook gewigte oefen later in middag.

Re: Dieet

Posted: Tue Jan 15, 2013 8:03 pm
by Gerhard
Ai maar ek bly darm lus in die aande vir iets soets...

Peanut-butter en n druppel stroop sal dalk maar die ding moet doen.

Die proteine kan net help...

Re: Dieet

Posted: Wed Jan 16, 2013 11:14 am
by BRNO (Pierre)
Paar vrae:
Met wat eet jy jou Kellogs/ Weet bix in die oggend? Seker darrem nie met water nie?
Wat van Coke Light? Dit het geen suiker in nie, en slegs 8kj's/2l?

Re: Dieet

Posted: Wed Jan 16, 2013 11:25 am
by SV MAD (Henk)
As jy wil coke drink, drink coke zero. 1kj per 100ml.

beter nog is sprite zero. Daar is caramel sweetner in coke zero wat nie in sprite zero is nie.

Oor die keloggs vraag, ek weet nie, ek eet net eiers vir ontbyt

Re: Dieet

Posted: Thu Jan 17, 2013 1:50 pm
by Gerhard
Jy kan so 125ml melk n dag saam met jou graan kos en koffie of tee gebruik sonder n probleem.

Ek is af van gas koeldrank en drink koue water met n bietjie suurlemoen sap.

Koffie is nou een koppie in die oggend en as ek weer iets warms wil drink is dit groen tee sonder suiker...

Re: Dieet

Posted: Fri Feb 15, 2013 2:34 pm
by KSV
Gebruik julle nie fruktose in die suiker se plek nie?

Maak mooi,
Hein

Re: Dieet

Posted: Fri Feb 15, 2013 8:42 pm
by JPS
Hi, ek is ook besig met eetplan.

Baie selfde as Henk sin, meestal maar gebaseer op USN eetprogram.

Het die begin van Januarie begin en ten 4 Feb so raps onder 6kg verloor. Het nog nie rerig begin oefen nie aangesien ek so long ontsteking onderlede gehad het tussen in en op die oomblik werke ek so tot so tussen 12uur en 1 uur in die oggend.

Is maar julle manne se motiverings draad wat my laat besluit het om so 25 van my 150kg te verloor. dankie daarvoor is nou op so 143 en nog 18 om te gaan.

Mooiloop
JP

Re: Dieet

Posted: Sat Feb 16, 2013 7:45 am
by Gerhard
Awesome JP.


Go for it

Re: Dieet

Posted: Sat Feb 16, 2013 8:41 am
by LUAN
Henk moet daar nie meer carbs in jou dieet wees om spier te bou? Dit lyk of jy net proteine eet.

Re: Dieet

Posted: Sat Feb 16, 2013 10:19 pm
by NEGE3
Ek het 13 Aug 2012 met dieselfde dieet begin na my laaste jagtog. Ek het baie swaar gekry in die bos met ver stap en buk onder die bome deur. Gesweer ek sit my voete nie weer in die bos voor ek soos 'n mens ipv 'n luislang moet voort beweeg nie.
Soos op verlede Maandag 11 Februarie 2013 is ek van 126kg na 96kg. Gebruik nie meer bloeddruk of waterpille nie. Voel soos 'n nuwe mens. Nog net 10kg om te verloor voor Mei 2013 dan is ek reg vir die bos OP MY VOETE.
Groetnis en Sterkte. Dit is die moeite werd.

Re: Dieet

Posted: Mon Feb 18, 2013 1:34 pm
by KSV
Nege3,

daais nou netjies gedoen ou maat!

Hou uit!

Maak mooi!,
Hein

Re: Dieet

Posted: Wed Feb 20, 2013 9:34 am
by NEGE3
Dankie KSV. Reg eet is soos ophou met rook. Aan die begin suffer jy maar soos die tyd aangaan word dit 'n tweede natuur om die regte dinge te doen. Jy mis net nie meer ongesonde eetgoed nie.
My skoonma het altyd die gesegte gehad dat mense grawe hulle grafte met hulle tande.
Al die manne wat besig is met die maer word proses. Sterkte en bytvas.
Groetnis.

Re: Dieet

Posted: Wed Feb 20, 2013 10:17 am
by SV MAD (Henk)
.303 wrote:Henk moet daar nie meer carbs in jou dieet wees om spier te bou? Dit lyk of jy net proteine eet.
As jy pre-workout en post-workout koolhidrate invat saam met jou proteiene dan bou jy lean muscle. Onthou ook dat jy jou liggaam forseer om vette af te breek in vetsure. Daardie versure word ook vir energie gebruik en kan ook gebruik word om spiere te bou, mits jou dieet 100% is.

As jy regtig baie vinnig wil bou dan eet jy 'n helse klomp koolhidrate. Maar ek moet ook se dat weereens jou dieet 100% moet wees en jy moet ook die regte kosse eet.

Re: Dieet

Posted: Wed Feb 20, 2013 10:56 am
by savage(P Coetzer)
Het nou al 15kg verloor van die 26ste Des af.
As ek nog net so 8kg kan afskud en op 92kg kan stibiliseer dan sal ek baie gelukkig wees.
Vandat ek minder dik is weet ek nie meer van my m$@rtoe knie nie en snork glo baie minder.
Is sommer omgekrap met myself omdat ek dinge sovêr laat gaan het maar my kop is nou reg om deur te druk en gesonder te wees.

Re: Dieet

Posted: Wed Feb 20, 2013 11:55 am
by Gerhard
savage wrote:Het nou al 15kg verloor van die 26ste Des af.
As ek nog net so 8kg kan afskud en op 92kg kan stibiliseer dan sal ek baie gelukkig wees.
Vandat ek minder dik is weet ek nie meer van my m$@rtoe knie nie en snork glo baie minder.
Is sommer omgekrap met myself omdat ek dinge sovêr laat gaan het maar my kop is nou reg om deur te druk en gesonder te wees.

Baie geluk man!!!

Hou so aan.

Dis verbaasend hoe n man hom self kan straf as jy n klompie gewig af gegooi het en besef dinge gaan nou baie makliker.

Die manne gaan lekker in die jagveld operate die jaar.

Re: Dieet

Posted: Wed Feb 20, 2013 1:33 pm
by SV MAD (Henk)
Geluk aan al die manne.

Sit bietjie hierso hoeveel kilo's julle al verloor het, netnou het ons sommer al 2 volgroeide mans se gewig afgeskud!

SV Henk 15kg

Re: Dieet

Posted: Wed Feb 20, 2013 2:01 pm
by Eugene
SV MAD (Henk) wrote:Geluk aan al die manne.

Sit bietjie hierso hoeveel kilo's julle al verloor het, netnou het ons sommer al 2 volgroeide mans se gewig afgeskud!

SV Henk 15kg
Ek het nog net 5 kg verloor, maar oefen en eet ook maar eers eintlik van 14 Januarie 2013 af reg! Wil graag nog 10kg verloor en op 90kg wees!

SV Henk 15kg
Eugene 5kg