Page 1 of 1
270 Win
Posted: Sun Jul 18, 2010 12:37 pm
by Brno308 jagter
Hi Manne
Ek was gister by die skietbaan om gou 'n ou se 270 in te skiet en kon nie glo hoe akkuraat die kaliber is nie.? Ek kon op 'n 100m 1 dium groepe skiet sonder enige moeite met fabrieks ammunisie.!!
Ek ken glad nie die 270 Win nie, is hy gewoontlik so akkuraat.?
Groete
Brno
Re: 270 Win
Posted: Sun Jul 18, 2010 1:34 pm
by spekieries
Brno 308
Ek het in die vroe? 90-jare vir my 'n BRNO Zkk gekoop in die .270 kaliber. Dit is 'n standaard winkel geweer wat ek self net die loop "gefloat" bietjie weggeskuur dat hy nie raak nie. O ja en Andries Moller het so ruk terug die kroon oor gesny. Hy het van die begin af baie goed gegroepeer hoewel ons weet die ou BRNO's was maar trekkers. Sterk werk gewere wat nie noodwendig fynskiet gewere was nie. Miskien was ek net gelukkig. Ek vermoed egter sy loop staan aan die einde van sy leeftyd.
Groete
Spekieries
Re: 270 Win
Posted: Sun Jul 18, 2010 8:04 pm
by Jagtersdok
Hoekom dink jy ek is so lief vir my 270?
Re: 270 Win
Posted: Sun Jul 18, 2010 8:26 pm
by CHRIS
Brno
min standaard roer skiet soos 270, ander moet getoor word of geackley of so iets

. 270 is soos landy net beter
270 groete Chris
Re: 270 Win
Posted: Sun Jul 18, 2010 8:37 pm
by Jagtersdok
Nee hel man Chris. Ek sal nooit my 270 so beledig om hom met 'n landy te vergelyk nie

Re: 270 Win
Posted: Sun Jul 18, 2010 8:42 pm
by Agentkoos
Het jare terug toe ek nog op skool was met my pa se .270 gejag en moet saamstem, dit is n lieflike kaliber