Page 1 of 1
Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Fri Jan 11, 2013 9:14 am
by Swys14
Hello Manne
Kan iemand my dalk help met die verskille tussen die 2 koeele?
Gewigsretensie? Watter een van die twee breek minder op? Akkuraatheid vir jag doeleindes? Koste verskil tussen die 2?
Ons praat nou van 'n 150gr gewig uit 'n 30-06 wat so teen 2900 fps die loop verlaat.
Sal baie dankbaar wees.
Swys
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Fri Jan 11, 2013 9:22 am
by BLOK
Sweis
Nosler is n premium bonded koel, duurder as sierra en baie beter met minder vleis skade.
Sierra is nie bonded nie en breek baie meer op met enorme vleis skade as jy groot been tref.
Beide is goeie koels maar vir jag sal ek eerder die Nosler aanbeveel, albei is ook meer as akuraat genoeg vir hul doel.
Wat lekker werk as jy die nosler sou kies vat die accubonds vir as jy gaan jag en vir oefening gebruik jy weer hul ballistic tips wat heelwat goedkoper is. Koels se bou en vorm is presies die selfde en jy laai hulle presies die selfde.
Werk lekker uit as jy dan baie oefen is dit goedkoop, maar as jy die keer wil bokskiet gebruik jy net die bondeds wat jy dan presies laai en skiet soos met die oefen koele.
Weet hier is heelwat manne ek inkluis wat noslers so gebruik
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Fri Jan 11, 2013 9:26 am
by FCLoretz
Swys,
Teen die spoed waarvan jy praat wil jy die Noslers skiet. Ek het verlede jaar Junie 'n Koedoe geskiet met 200gr Sierre Gamekings teen 2340ft/s. Die koeel was reg deur, so ek kon nie gewig retensie toets nie,
Maar die sierra, soos Blok se is nie Bonded nie. En teen die spoed wat jy gaan skiet gaan hy sleg opbreuk en groot vleis skade veroorsaak.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Fri Jan 11, 2013 10:14 am
by Swys14
dankie manne
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Fri Jan 11, 2013 10:17 am
by Swys14
BLOK wrote:
Sweis
Nosler is n premium bonded koel, duurder as sierra en baie beter met minder vleis skade.
Sierra is nie bonded nie en breek baie meer op met enorme vleis skade as jy groot been tref.
Beide is goeie koels maar vir jag sal ek eerder die Nosler aanbeveel, albei is ook meer as akuraat genoeg vir hul doel.
Wat lekker werk as jy die nosler sou kies vat die accubonds vir as jy gaan jag en vir oefening gebruik jy weer hul ballistic tips wat heelwat goedkoper is. Koels se bou en vorm is presies die selfde en jy laai hulle presies die selfde.
Werk lekker uit as jy dan baie oefen is dit goedkoop, maar as jy die keer wil bokskiet gebruik jy net die bondeds wat jy dan presies laai en skiet soos met die oefen koele.
Weet hier is heelwat manne ek inkluis wat noslers so gebruik
ek gaan dit sterk oorweeg, dan kan ek lekker oefen op papier bokke met die b-tips en die accubonds net gebruik vir jag
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Tue Jan 15, 2013 11:45 am
by Jean Marais
Swys
Wat blok sĂȘ werk baie goed, ek doen ook so. Accubonds behou sy gewig baie goed, met aansienlik minder vleisskade.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Tue Jan 15, 2013 2:08 pm
by Johan22
Daar is 'n groot verkil tussen die leegte van die nosler en die siera. Jy kry 'n beter tlp lesing op die nosler as die siera. Ek het al met baie manne gepraat wat dit laai en se dat dit al een is wat hy sal laai en die noslers skiet ook baie mooi groep.
Groete
Johan22
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Tue Jan 15, 2013 5:55 pm
by Herman Huyser
Moet met die manne saamstem. Nosler Accubond, of selfs Nosler partition is beter. Paper punch met Nosler BT en jag met Nosler Accubond of Nosler Partition.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Tue Jan 15, 2013 8:25 pm
by Flip Nel
Ek het jare terug toe ek begin laai het Sierra Gameking gebruik om 'n koedoe of twee te skiet, het okay gewerk met skote agter die blad maar hulle
is geneig gewees om maar uitmekaar ge gaan as die spoed hoog is of as jy been tref, die accubond het ek nog nie gebruik nie maar het al ander bonded koeels gebruik en die werkverrigting is baie beter, meer betroubaar. Die gameking werk lekker vir kopskiet.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Thu Feb 07, 2013 9:56 pm
by Johan22
Sierras Bullet Name Diameter inches Weight grains Sectional Density Ballistic Coefficients
.308 dia. 150 gr. SPT
.226 .336 @ 2600 fps and above
.346 between 2600 and 1800 fps
.360 @ 1800 fps and below
nosller .226 .435 @ 1800 fps
As jy sien trek die nosler baie beter deur die lug
Johan22
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Fri Feb 08, 2013 7:59 am
by 30-06
Ondervind julle manne in die praktyk dat die accubond en die balistic tip op dieselfde plek skiet.
Iemand wat ek ken het dit probeer maar dieselfde lading het op 'n heel ander plek geskiet.
My tweede vraag is oor die balistic tips. Ek skiet met hulle op "gongs" of eintlik net staal plate.
tot op 400 m breek hulle heeltemal op. Dit lyk fisies of hulle ontplof daar is net so 'n vaal spatsel op die plaat terwyl al die ander punte redelike groot gate op die gongs maak, selfs die gamekings.
My vraag is nou hoe veilig is dit om met balistic tips te jag en hoe sou hulle met gamekings vergelyk.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Fri Feb 08, 2013 8:38 am
by Gerhard
My 30 06 skiet die BT's and Accubonds op die selfde impak punt op 100m.
Jy kan met BT's jag veral as jy hoe nek of kop skote skiet.
Blad skote sal ook mooi werk maar dan moet jy nie groot been tref nie want die BT's is nogal sag.
Onthou daar is twee tipe BT's
Die Varmint en Hunting.
Op die 308 kaliber kry jy net Hunting.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Fri Feb 08, 2013 8:45 am
by Andrew Leigh
Generally the Sierra is considered to be very good over longer ranges. It needs to lose a little velocity to stop it from breaking up too bad.
As the Accubond is bonded it suffers less from this at closer ranges.
I have not use the ballistic tip but based on what I have read this is a varmint type bullet rather than a premium hunting bullet. It is designed to disintergrate on impact.
Have a look at this video, although it is not Accubonds it shows the difference between a mono, bonded, Sierra GK and Ballistic tip. This should give you a great idea of what happens inside the buck when you shoot it. It show straight gellatin tests and gellatin with bone.
http://www.youtube.com/watch?v=nMKvetaMqhE
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Wed Apr 19, 2017 12:53 pm
by Salty
Goeie Dag
Ek het al die forum op en af ge-"search" maar sukkel om 'n antwoord te kry.
I recently purchased/licensed a Howa 6,5x55mm Rifle. The intended quarry is Springbok, Blesbok and SWB. (engine room shots) There are however B(lou)WB and Kudu on the farm where we hunt, so I do not want to take them out of the equation entirely. For these I would rather use my .308...maar 'n mens weet nooit wat uitdop as die 6,5 naby is.
I started the loading process with Sierra Game Kings 140gr and have had good results @ 100m using the Lapua Brass with 42gr S365 Powder and a TPL of 78mm. Barrel is the standard Howa 22" barrel with a GMX reflex suppressor.
swede.jpg
I do not have access to a chrony and therefore it is a bit of trial and error. Considering the caliber, I am worried that the 140gr Gamekings might not be up to the task should a Kudu or BWB present themselves, or if the Blessies are beyond the 200m mark. For this I am considering the 140gr Accubonds as a preferred projectile.
My question is, is there a way that QL or something / some one could by how much you would need to alter the current load in order to make the switch from the Gamekings to the Accubonds ....of krap ek nou waar dit nie juk nie?
Groete
Kallie
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Wed Apr 19, 2017 1:16 pm
by DawieKotze
Sit daai GK's op die regte plek met die 6.5 en hulle sal mooi doodmaak. Dis maar die ou storie van skootplasing.
Ek glo ook nie die AB's gaan jou veel help as jy bv die dik skouerbene van 'n koedoe raakskiet nie.
Ek jag met AB's in my 308, maar het vir jare net GK's geskiet.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Wed Apr 19, 2017 1:38 pm
by Giepie
Tussen Sierras en Accubond vir jag beslis Accubond. Het hy kan maar dik been ook tref, hy bly steeds mooi by mekaar.
Die Balistic tip en Accubond gee nie by al die kalibers dieselfde poi met selfde lading nie. Met die 270 is daar tog 'n verskil in vorm, asook poi, omtrent 2" op 100m, maar dieselfde lading gee by altwee die beste groepe.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Wed Apr 19, 2017 1:40 pm
by Ashley
As said above by Dawie, everyone here will tell you that shot placement is 95% of the kill.
Many Elande have for instance fallen with .270's, launching130gr bullets...
No animal can live very long, or get very far with a bullet hole through the heart/lungs.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Wed Apr 19, 2017 1:47 pm
by Melckman
Ek skiet self 165gr Gamekings teen 2,800vps uit my 30-06 en het nog nooit probleme gehad nie.
Daar is geen twyfel dat die Accubonds (of enige bonded koeel) terminaal beter sal presteer as 'n Gameking (of enige non-bonded koeel) nie, maar in my opinie is dit marginaal vir die algemene jagter. Hiermee bedoel ek nou dat as jy staatmaak op die verskil tussen die twee om te kompenseer vir 'n swak skoot, is jy reeds in die moeilikheid, soos die manne hierbo al genoem het oor skootplasing.
In my beskeie opinie is die Sierras baie goeie waarde vir geld, en sal ek dit vir enige iemand aanbeveel. Dit is nie beter as die Noslers nie, maar ek dink nie dit is soveel swakker nie.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Wed Apr 19, 2017 3:03 pm
by 2shot
My swaer skiet gamekings uit sy 6.5 en ek uit my 308. Geen klagtes tot dusver nie. Solank jy jou kant bring.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Wed Apr 19, 2017 3:22 pm
by Wouter Roets
Melkman
Ek dink jy som dit nogal heel mooi op. Ek is n groot voorstaander van premuim koeels, maar die naweek op die plaas het n jagter n groot kameelperd bul se hart mooi kas toe geskiet met n 200gr Sierre Game King uit n 300 Win Mag. Beide die koeel en die kaliber is vir my marginaal op n kameelperd, maar ek moes maar my trots in my sak steek en my hand uit my sak uithaal en offer vir n gelukwensing. Ek skiet al vir jare met 65gr in my 223 Ackley en vind hulle basies te hard vir oeswerk. Hulle doen uitstekend op lyfskote op die kleiner bokke en ek beplan om hulle te gebruik as my bloedjies hierdie jaar dalk hulle eerste bokke gaan omdop. Dit is werklik n koeel wat beter presteer as die katogorie waarin hulle geklasifiseer word.
Groetnis
Wouter
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Wed Apr 19, 2017 7:33 pm
by Salty
Dankie vir die terugvoering.
Ek het geen twyfel dat die Accubonds wel beter is.
I will load /shoot out the game kings in the meantime, as they go to where they are aimed.
Enige voorstelle oor hoe om die lading te "tweak" vir die 140gr Accubonds sal waardeer word.
Re: Nosler Accubond vs Sierra Gameking, Help.
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:35 pm
by Malan123
Skiet so paar skote orr 'n chrony en begin van scratch af

. Ek is seker die quickload manne sal jou vinnig help met 'n regte lading. Ek het voorheen gamekings geskiet en het so ruk terug oorgeslaan Noslers toe. Uit en uit die moeite werd.