Page 1 of 1

Dieethindernisse vir mans

Posted: Wed Jan 09, 2013 12:14 pm
by FHM
8 dieethindernisse vir mans
Geskryf: (Andrew Luyt, Health24, May 2011)

Jy probeer nou al 'n hele ruk lank om van jou ronde boeppensie ontslae te raak, maar die vetjies klou soos klitsgras. Miskien is dit te wyte aan een van hierdie dieetfoute waaraan mans hulle so dikwels skuldig maak.   

1. Man-grootte maaltye
Dis eintlik voor die hand liggend, maar elke nou en dan moet jy tog weer daaraan herinner word: hoe meer jy eet, hoe groter die kanse dat jy gewig gaan aansit. Die belangrikste wagwoord is 'porsie-grootte'. Liewer as om een enorme bord kos per dag te eet, probeer meer gereelde, kleiner porsies.
En, nee, groot porsies gesondheidskos gaan ook nie werk nie – 'n groot porsie is nou eenmaal 'n groot porsie. Verminder geleidelik die hoeveelheid wat jy eet, en jy sal vind dat jou liggaam vinnig gewoond raak aan minder kos. Los ook liewer die tweede porsies en hou op om almal anders se oorskiet te verslind. Jou mikpunt is 'n goedgebalanseerde dieet met gereelde, gesonde en matige porsies.

2. Vloeistof-dieet
Manne, ons gunsteling dieet-resep om vaste kos met 'n paar biere te vervang, werk nie! Raai wat? Bier is vol kalorieë. Baie teleurstellend, om die waarheid te sê. En wat sake net vererger, is die feit dat alkohol jou inhibisies verlaag. Kom ons wees eerlik: bestel ons nie keer op keer weer 'n bord vetterige kroegkos saam met daardie ekstra bottel Lager nie?
En as jy dink jy gaan jouself slank drink met gaskoeldrank, energiedrankies of selfs vrugtesap, dink weer. Hierdie drankies bevat almal hope suiker en sal nie jou heupmaat laat krimp nie. Die beste drankie vir 'n dorstige man op 'n dieet is 'n doodgewone glas heerlike, koel water, wat jou liggaam boonop sal help om vette te metaboliseer.

3. Oefening is nie genoeg nie
Jy kan nie aanhou om reuse burgers en familiegrootte pizzas te verorber en verwag om die ekstra kalorieë met 'n ekstra sessie of twee in die gym af te werk nie. Maak geen fout nie, gereelde oefening is baie belangrik, maar as jy werklik ernstig is oor jou gewig, sal jy jou dieet móét aanpas.
Dit is veral van toepassing op mans in hul veertigs en ouer. Soos jou liggaam se metabolisme afplat, word dit al hoe moeiliker om slegte eetgewoontes deur middel van oefening uit te kanselleer.

4. Eet op 'n drafstap
Baie mans is die hele dag lank so besig dat hulle net tyd het vir vinnige happies tussen vergaderings en ander belangrike take. Maar die stres van kos op 'n drafstap afwurg, kan bydra tot ekstra gewig. As jy altyd haastig is, het jy nie tyd om gesonde voedsel-keuses te maak nie en dit tas ook jou spysvertering aan. Maak maaltye 'n kalm en aangename deel van jou daaglikse roetine – dit sal help om jou spysvertering glad te laat verloop.

5. Jy's nie Jamie Oliver nie
Vir die meeste mans is die groot struikelblok op pad na 'n goeie dieet die feit dat hy nie kan kook om sy lewe te red nie, en afhanklik is van vetterige en hoogs geprosesseerde kitskos. Kook kan aanvanklik 'n bietjie intimiderend wees, maar as jy eers 'n paar vaardighede aangeleer het, is dit nogal pret. 'n Ekstra bonus: vroue word nogal beïndruk deur mans wat kan kook.
Koop 'n goeie kookboek of twee vir beginners, soek 'n paar gesonde disse wat lekker lyk en spring weg. Jy kan selfs 'n kookkursus wat spesifiek vir mans ontwerp is bywoon.

6. Maaltye oorslaan
Om te dink dat om gedurende die dag maaltye oor te slaan jou sal help om gewig te verloor, is 'n fout. Die teenoorgestelde is waar: hierdie gewoonte neig om jou metabolisme stadiger te maak en jou liggaam aan te moedig om vet op te gaar, die meeste daarvan om jou maag. Jou beste oplossing is dus 'n matige, gesonde en gebalanseerde ontbyt, middag- en aandete.

7. Die naweek-vergrype
Nadat jy die hele week fluks by jou dieet gehou het, mag jy voor die versoeking swig om jouself oor die naweek vrye teuels te gee, maar dit sal jou gewigsverlies net soveel stadiger maak. Probeer om oor naweke liewer gesonder opsies te probeer as om jou selfdissipline gedurende die week ongedaan te maak. Dieselfde geld vir daardie laatnag roomys-sessies!

8. Dieet- en vetverbrandingspille
Medikasie is die lui manier om gewig te verloor. Maar moenie jouself om die bos lei nie. Aanvullings en pille is nie genoeg om jou liggaam reg te ruk nie. Hierdie middels neig om jou aptyt te onderdruk deur jou metabolisme te vertraag.  Dit moedig egter ook jou liggaam aan om meer vet te stoor namate sy oorlewingmeganisme, as gevolg van 'n tekort aan kalorieë, in werking tree. Sodra jy ophou om die pille te neem en jou normale eetgewoontes hervat, is die kanse goed dat die verlore kilo's, met rente, hul pad na jou middellyf gaan terugvind.

(Andrew Luyt, Health24, May 2011)

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Wed Jan 09, 2013 1:16 pm
by Gerhard
Ek was gister by n dieetkundige om te help.

Tyd is my grootste probleem omdat daar nie tyd is om kos te maak nie.

Eet meeste dae meskien 2 etes.

Nou moet ek aanpas by die dieet my alarm stel om seker te maak ek eet gereelde klein etes totdat dit n gewoonte word.

Gaan nogal n uitdaaging wees maar as die skaal begin saam gesels net n groter motiveering.

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Wed Jan 09, 2013 1:23 pm
by Gert Odendaal
Ja..maar baie wildsvleis is baaaiee gesond...vernaam as jy walk en stalk....en nie bakkie ry nie.. ;D ;D..

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Wed Jan 09, 2013 1:23 pm
by Hugov
Gerhard bele in n lekker kompakte coolbox wat jy jou etes in kan saamvat werk toe.

Oggend ete vir my is sodra ek by werk kom 5:50 n koppie kellogs special K of soortgelyke.

9 uur snack 1x vetvrye yoghurt 1x vrugte porsie 2x laevet kaas wiggies.

12 uur middagete. tuna slaai/hoender borsie met tamaties. 1x vrugte porsie.

3 uur snack 4x provitas met marmite/hand vol neute/stuk biltong

6uur aandete vis/hoender/lean mince/minute steak en lekker slaai. (gewoonlik handpalm grote protein porsie)

was nogals n aanpassing maar dit is die moeite werd moes "junkfood" los dit was my groot euwel.

Groete H

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Wed Jan 09, 2013 1:39 pm
by Gerhard
Hugov wrote: Gerhard bele in n lekker kompakte coolbox wat jy jou etes in kan saamvat werk toe.

Oggend ete vir my is sodra ek by werk kom 5:50 n koppie kellogs special K of soortgelyke.

9 uur snack 1x vetvrye yoghurt 1x vrugte porsie 2x laevet kaas wiggies.

12 uur middagete. tuna slaai/hoender borsie met tamaties. 1x vrugte porsie.

3 uur snack 4x provitas met marmite/hand vol neute/stuk biltong

6uur aandete vis/hoender/lean mince/minute steak en lekker slaai. (gewoonlik handpalm grote protein porsie)

was nogals n aanpassing maar dit is die moeite werd moes "junkfood" los dit was my groot euwel.

Groete H
Ek gaan plan maak.

Een van my probleme is die maak van al die bleddy kos... lol

Daar is nie n blondie by die huis om dit te doen nie... (Sal moet plan maak dalk) hehehehe

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Wed Jan 09, 2013 2:26 pm
by SV MAD (Henk)
Ek maak 1 keer elke 2 weke kos vir my, maak dan sommer 2 weke se kos.

ontbyt is 8 eiers

proteinshake en neute

oats en heuning (carbs vir gym)

protein shake na gym

rooivleis en groente

witvleis en groente

proteinshake

Dis my daaglikse ete, ek eet basies elke 2-3 ure van 7 uur die oggend to 8 uur die aand. Drink 4-5 L water per dag

Mense onderskat water. Hoe meer water jy drink, hoe makliker is dit om gewig te verloor.

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Wed Jan 09, 2013 2:51 pm
by Hein M.
Gerhard wrote: Ek gaan plan maak.

Een van my probleme is die maak van al die bleddy kos... lol

Daar is nie n blondie by die huis om dit te doen nie... (Sal moet plan maak dalk) hehehehe
8)

Die ironie van die saak is dat die meeste moderne blondies nie meer wil/kan kosmaak nie :angel: 

Sal maar ook die coolbag-idee moet probeer.  Ek raak so 2-uur in die middag so honger dat ek bewerig is en dan slaan ek 'n pie of 2 en 'n lang Coke :angel:  Dit is waar die fout inkom...

Hein M

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 7:26 am
by Gerhard
Ek is self van volgende Maandag af oppi coolbag en moet veral sorg om vrugte saam te vat werk toe.

Het nou "monkey nuts" op die tafel wat ek so elke nou en dan n klompie kou.

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 8:41 am
by SV MAD (Henk)
Ek moet eiers gaan koop, ek gaan deur so 5 dosyn eiers in 'n week...en dit terwyl ek op n cutting phase is.

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 11:12 am
by Gerhard
SV MAD (Henk) wrote: Ek moet eiers gaan koop, ek gaan deur so 5 dosyn eiers in 'n week...en dit terwyl ek op n cutting phase is.
Goeie grond...

Jy wikkel die eiers!!!

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 11:23 am
by SV MAD (Henk)
Nounet uitgewerk, het so net oor die 420 eiers geeet in 7 weke. DWS ek het 35 dosyn al verorber...

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 11:51 am
by FHM
SV MAD (Henk) wrote: Nounet uitgewerk, het so net oor die 420 eiers geeet in 7 weke. DWS ek het 35 dosyn al verorber...
Fookit Henk, :o ek is bly ek werk nie wind af naby jou nie swaer....! ;)

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 2:09 pm
by SV MAD (Henk)
FHM wrote: Fookit Henk, :o ek is bly ek werk nie wind af naby jou nie swaer....! ;)
Bwahahahaha. Moet se, die eiers laat nie 'n ou vrot poep nie, maar daai McCain mixed vegetables met kool, nou DAAI is 'n lelike kombinasie. Vroutjie was juis gisteraand die m0er in vir my toe ek saggies laat loop in die bed. Syt toe maar vir 'n ruk nog TV gaan kyk, tot die reuk gedaal het...

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 2:11 pm
by FHM
SV MAD (Henk) wrote: Bwahahahaha. Moet se, die eiers laat nie 'n ou vrot poep nie, maar daai McCain mixed vegetables met kool, nou DAAI is 'n lelike kombinasie. Vroutjie was juis gisteraand die m0er in vir my toe ek saggies laat loop in die bed. Syt toe maar vir 'n ruk nog TV gaan kyk, tot die reuk gedaal het...
Lekker grinnik ek nou - niks wat ma se erotiese planne so vinnig demp soos n 'fluister' in die lakens nie maat !

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 2:19 pm
by Johan JvR
Nou laat julle my slegvoel.

Ek het 'n nuwe truuk ontdek in die swembad die vakansie. Ek kan die pool noodle onder my pens vasknyp en dryf, so in regop posisie,  sonder om die noodle vas te hou.

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 2:23 pm
by FHM
Johan JvR wrote: Nou laat julle my slegvoel.

Ek het 'n nuwe truuk ontdek in die swembad die vakansie. Ek kan die pool noodle onder my pens vasknyp en dryf, so in regop posisie,  sonder om die noodle vas te hou.
Johan brek jy nou fyntjies hierso of verstaan ons nie lekker nie... ;)

Re: Dieethindernisse vir mans

Posted: Thu Jan 10, 2013 2:31 pm
by Beer (Christo)
Johan JvR wrote: Nou laat julle my slegvoel.

Ek het 'n nuwe truuk ontdek in die swembad die vakansie. Ek kan die pool noodle onder my pens vasknyp en dryf, so in regop posisie,  sonder om die noodle vas te hou.
Flippen snaaks

Ek val ook in daardie gewigsklas. Het myself belowe ek gaan nie hierdie jaar weer so sukkel in die jag veld nie