Page 1 of 1

visstok en die polisie.

Posted: Tue Jan 08, 2013 2:20 pm
by stan man
gister oggend bel visstok my ,maar hy het sy katrol verloor.
hy en n maat het oor die naweek gaan jakkals roep ,toe n benoude buurman die polisie bel en vra hulle moet gaan kyk wat is gaande. die ordentlike beampte deel hulle toe mee dat dit totaal onwettig is om in die nag te jag.die goeie forum maniere maak toe dat visstok maar op pak en huiswaarts gaan. die beampte is slimmer as n boom vol uile en wil nie reg gehelp word nie.ek skakel toe maar die manne van natuur bewaring en kry die nuwe ordonansie. daar word geensins melding gemaak van jakkalse nie. volgens natuur bewaring is jakkals egter n pes.
na n helse oorlog het die beamptes toe darem met die tong in die kies erken hulle was  verkeerd. nou ry ons manne maar rond met die ordonansies in ons bakkies saam met ons jag permitte en toestemmings briewe.

oorywerige beamptes kan vir jou lekker bollie maak.

ons moet maar ons kant skoon hou.

Re: visstok en die polisie.

Posted: Tue Jan 08, 2013 2:25 pm
by Gerhard
stan man wrote: nou ry ons manne maar rond met die ordonansies in ons bakkies saam met ons jag permitte en toestemmings briewe.

ons moet maar ons kant skoon hou.
Dis die regte manier

Re: visstok en die polisie.

Posted: Tue Jan 08, 2013 4:36 pm
by visstok
Frans

Baie dankie weereens vir jou hulp. Bly alles is nou uit sorteur en ek kan nou die boer gaan help met sy jakkals probleem.

Groete Alex

Re: visstok en die polisie.

Posted: Tue Jan 08, 2013 4:45 pm
by johans
stan man wat is die wet in die vrystaat,mag mens jakkalse jag in die nag?

Re: visstok en die polisie.

Posted: Tue Jan 08, 2013 5:01 pm
by visstok
Johans

Ja jy mag Rooijakkalse en Rooikatte in die Vrystaat in die aand jag, maar jy benodig n geldige jagpermit en skriflike toestemming van die grond eienaar.

Groete Alex

Re: visstok en die polisie.

Posted: Tue Jan 08, 2013 5:03 pm
by stan man
dit is net soos alex daar se. sorg net dat jy al die regte papiere by jou het.

Re: visstok en die polisie.

Posted: Tue Jan 08, 2013 6:21 pm
by johans
se my net gou kry jy die jagpermit by natuurbewaring?