Goeie dag almal,
Al ons skoonseuns beplan om ons skoonpa te vat vir n lekker jagtrip in Namibie. Die hoofdoel is om hom n goeie kans te gee vir n "Elandbul of note." Ek het nou al baie gehoor dat die grotes in die Grootfontein omgewing rondloop. Ek het nog nooit self in Namibie gaan jag nie en is ook nie so gelukkig om 'n ryk oom met 'n groot plaas daar te he nie :-) Dus wil ek vra of julle nie dalk enige voorstelle het vir 'n lekker jagplek met volop wild, billike pryse en dit hoef ook nie 5ster te wees nie.
By voorbaat, baie dankie
Groete
Namibie- Elandjag
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm