Page 1 of 1

Forel Hengel uitstappie

Posted: Mon Jan 07, 2013 10:43 am
by Gerhard
Ek sit en speel met die idee om n groep van so 5 vlieg hengelaars af te vat Elandskloof toe vir n naweek.

Die idee is om n naweek saam met jou gesin maar ook saam met n klompie ernstige vlieg hengelaars (of jy nou n ekspert is of net begin) te gaan lyn nat maak.

Ek wil dan die naweek gebruik om die manne wat bietjie sukkel te help waar ek kan om n paar forelle se bekke te kan seer maak.

Vir meer inligting oor die plaas en geriewe.

http://www.elandskloof.co.za/

As ek wel so n groep by mekaar kan kry kan ek dan probeer om beter pryse vir akkomodasie te kry.

Laat weet my wat dink julle oor die idee...

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Mon Jan 07, 2013 10:48 am
by FCLoretz
Ek hou van die idee, watter datums beplan jy vir die uitstappie?

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Mon Jan 07, 2013 11:00 am
by Gerhard
FCLoretz wrote: Ek hou van die idee, watter datums beplan jy vir die uitstappie?
Ek dink laat Februarie se kant kan dalk werk dit hang af van die datums wat beskikbaar is op die plaas.

Die idee is dat ons Vrydag middag 14:30 bymekaar kom en dan deur ry plaas toe.

Daar is dan nog genoeg tyd om die laat middag met skemer die eerste lyne nat te maak.

Dan te braai en lekker te kuier.

Die Saterdag oggend 05:00 met son op langs die water te wees tot so 08:00 en dan n ontbyt deur te werk.

Die manne wat wil kan dan weer gaan vlieg gooi die res kan ontspan saam met hulle gesine.

Ons kan na middag ete n draai gaan ry/loop op die plaas

So van 15:00 weer water toe om die forelle te gaan bek seer maak tot en met donker.

Weer lekke kuier en braai die Saterdag aand. (Prys uitdeling)

Vroeg Sondag oggend weer uit wees tot so 08:00 gou n ontbyt deur werk en dan so by 10:00 se kant die pad terug vat JHB/PTA se kant toe...

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Wed Jan 09, 2013 3:45 pm
by henried
Klink lekker.
Ek is einde Feb by Crystal Springs.... :o

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Wed Jan 09, 2013 5:48 pm
by Silent Hunting
Dit klink baie lekker. Bloem is net so effe ver van julle af. :'(

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Wed Jan 09, 2013 5:49 pm
by Gerhard
henried wrote: Klink lekker.
Ek is einde Feb by Crystal Springs.... :o
Dink ons moet dit dalk Mid Maart doen voor die skool vakansie en paas naweek???

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Wed Jan 09, 2013 5:51 pm
by Frederik
Dit klink baie lekker wat van iemand soos ek wat nie vlieg gerei het nie ?

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Wed Jan 09, 2013 6:11 pm
by Gerhard
Frederik wrote: Dit klink baie lekker wat van iemand soos ek wat nie vlieg gerei het nie ?
Fred,

Die oord laat net hengel met vlieg gerei toe ongelukkig.

Daar is nie ander vis soos swartbaars of karp in die oord se damme nie.

Maar as jy wil kom saam kuier is jy baie welkom.

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Wed Jan 09, 2013 6:20 pm
by Frederik
Wat ek bedoel het is daar 'n kans om bietjie gewys te word hoe dit werk voor ek uitgaan en die gerei koop. En dan natuurlik lekker te kuier ook.

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Wed Jan 09, 2013 6:26 pm
by Gerhard
Frederik wrote: Wat ek bedoel het is daar 'n kans om bietjie gewys te word hoe dit werk voor ek uitgaan en die gerei koop. En dan natuurlik lekker te kuier ook.
Ja ek glo daar sal beslus geleentheid wees om jou te kan leer wat se lekker sport vlieg hengel is.

Dis nie moeilik om te gooi nie en as jy eers die slag het gaan jy aan op jou eie.

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Wed Jan 09, 2013 6:31 pm
by henried
Gerhard wrote: Dink ons moet dit dalk Mid Maart doen voor die skool vakansie en paas naweek???
Klink goed.

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Wed Jan 09, 2013 7:13 pm
by Frederik
Klink goed kom ons kyk hoe loop my datums.

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Thu Jan 10, 2013 8:09 am
by FCLoretz
Gerhard wrote: Dink ons moet dit dalk Mid Maart doen voor die skool vakansie en paas naweek???
Daai datums klink vir my goed. Ek is in.

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Thu Jan 10, 2013 10:37 am
by BRNO (Pierre)
Frederik wrote: Wat ek bedoel het is daar 'n kans om bietjie gewys te word hoe dit werk voor ek uitgaan en die gerei koop. En dan natuurlik lekker te kuier ook.
Ek het so "entry level" set up as jy sou belangstel om dit saam te neem. Dit gaan jou net help om makliker te leer en oefen ens. Ek dink nie ek gaan nog n naweek weg voor paasnaweek kan maak nie. PM my gerus.

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Thu Jan 10, 2013 7:11 pm
by Frederik
Pierre,

Ek waardeer baie ek sal jou aanbod aanvaar as ek die datums kan maak.
Dankie weerens.

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Fri Jan 11, 2013 7:04 am
by BRNO (Pierre)
Frederik wrote: Pierre,

Ek waardeer baie ek sal jou aanbod aanvaar as ek die datums kan maak.
Dankie weerens.
Laat weet maar. Dit is nie heeltemal entry level soos n besemstok nie, maar daar is verseker baie beter op die mark te koop. Vir n ou wat dit twee of drie keer n jaar gebruik is dit 100%.

Re: Forel Hengel uitstappie

Posted: Fri Jan 11, 2013 10:59 am
by Marc
Bakgat idee Gerhard, ek gaan oor twee weke blou dam toe, so sal nie die rondte maak nie. Hoop dit is 'n sukses, sodat ek die volgende een sal kan bywoon  ;)