Page 1 of 1
VLOOIE
Posted: Sat Jan 05, 2013 3:01 pm
by mariusr
Dag Dames en Manne het iemand nie goeie raad vir vlooie op honde ek het drie brakke twee labs en 'n worshond en hy is die proleem het al alles probeer van Front line,bad,poeier en tot detol niks werk nie? Die twee groot honde het niks vlooie net hy moet se hy is meer besig as die twee grotes!
Groete
Marius
Re: VLOOIE
Posted: Sat Jan 05, 2013 6:07 pm
by WingsandThings
as jy raad kry laat my ook weet wat ekt dieselfde probleem. EK bad myne weekliks met vlooi shampoo en gooi karbadust. Het ook al vlooibandjies, frontline an dip gebruik. minder as 'n week en die vlooie is terug
Re: VLOOIE
Posted: Sat Jan 05, 2013 7:10 pm
by VdWalt
My broer het ook gesukkel en toe Dazzle baie flou gemeng, 10ml op
6 liter water en hulle toe daar in gebad. Gebruik op eie risiko,
hierdie is vir beeste en skape.
Dit het baie gehelp maar na n week n 2de bad gegee. Hulle is nou amper
skoon. Hy het ook gewone poeier en Frontline eers probeer en dit het nie
gewerk nie. Dis 2 Jack Russels.
Re: VLOOIE
Posted: Sun Jan 06, 2013 8:13 am
by johans
marius probeer karbadust,gooi die poeier op en vryf in met jou hande.daai pour on goedjies is werk nie,veearts het dit self vir my gese
Re: VLOOIE
Posted: Sun Jan 06, 2013 11:08 am
by Henry 7
Het gehoor as jy gereeld kakiebos insit op slaapplekke gaan hulle-weet nie of dit so is nie.
Ek spuit supermetrin met water gemeng en vir pour-on selfde met Whittalolie gemeng-gebruik dit op my skape ook.
Re: VLOOIE
Posted: Sun Jan 06, 2013 3:35 pm
by savage(P Coetzer)
Vra vir die veearts vir program pille. Dis n pil wat jy die hond een maal per maand ingee as ek reg onthou. Dit maak die vlooie nie dood nie maar steriliseer hulle. Gee die pil vir die hond en dip hom net om die bestaande vlooie dood te maak. Oor so week of 2 weet jy nie meer van n vlooi nie.
Re: VLOOIE
Posted: Sun Jan 06, 2013 4:04 pm
by JohannHorn
Advantage!!! Werk soos n bom, vra vir jou naaste veearts!
Re: VLOOIE
Posted: Sun Jan 06, 2013 4:49 pm
by Izak H
Marius
Ek het toe ek nog geboer het 'n hele paar skaaphonde gehad en soms ander honde ingekry om te leer, dan raak vlooie gou 'n groot kopseer. Wat vir my die beste gewerk het was : Frontline of Advantix, Capstar pille. Ek het ook soms vir afwisseling honde met flou skaap dip gespuit soos dazzle of wat ek gehad het en dan sommer die hokke ook.
Ek het die hokke/beddegoed ook 2x week met Little's dip ontsmet/gespuit.
Ontwurming is ook baie belangrik, dit loop hand aan hand met vlooie. Vlooi is gasheer vir lintwurm, soos hond vlooie byt kry hy weer lintwurms in.
Groete Izak
Re: VLOOIE
Posted: Sun Jan 06, 2013 5:23 pm
by FrancoisN
Gee vir jou hond knoffel pille in. Jy kry dit by apteke of dan nou die bottel wat ek het is dis chem s'n. Garlic oil (oderless) softgel capsules
Re: VLOOIE
Posted: Sun Jan 06, 2013 5:29 pm
by mariusr
Baie dankie almal vir die goeie raad sover gaan defnitief op proef stel!
Groete
Re: VLOOIE
Posted: Wed Jun 10, 2015 1:47 pm
by ludwichras
gooi growwe sout op die honde se slaap plek waar die vlooie broei en dip die ou dat hy skoon is
Re: VLOOIE
Posted: Wed Jun 10, 2015 1:53 pm
by groblerlo
ons het goed by kruvet gekry, dit werk baie goed, die honde se vlooie het vlooie gehad en als is nou weg, net hond wat staan. spuit dit ook in hulle beddens. selfde vir bosluis dit val af en bly le. ek sal die regte naam kry.
Re: VLOOIE
Posted: Wed Jun 10, 2015 2:31 pm
by WILLEBEES
Ons het ook in Januarie een moerse vlooi infestasie gehad.
By die veearts het ek tablette gekry wat ek die honde ingegee het. na sowat 'n uur het die vlooie morsdood van die honde afgeval (RERIG). Ek kon ongelukkig nie die naam van die produk onthou nie.
Verder het ek elke nook en cranny met FENDONA bespuit en twee weke later dit herhaal.
Blyk dat dit baie suksesvol was.
Hierdie tablette kry jy nog nie vir katte nie, maar die veearts se dat die ontwikkeling daarvan ver gevorderd is en dat tablette vir katte blykbaar eersdaags beskikbaar sal wees.
Ons het maar die gewone frontline vir die katte gebruik en 2 weke later herhaal.
Tot nou toe darem vlooivry...
Re: VLOOIE
Posted: Wed Jun 10, 2015 2:36 pm
by Smirre
By die veearts kry jy n pil wat soos tjokltis lyk
Jy gee die hond 1 elke 3maande...werk soos n bom...ongelukkig DUUR
Dink dis nogsteeds die moeite werd aangesen jy die getalle kwaai afbring en na n tyd sal die ander goed weer werk
Sterkte
Smirre
ps,,my seun het nou ook nie meer vlooie

Re: VLOOIE
Posted: Wed Jun 10, 2015 2:53 pm
by Citfield
My vrou het ons puppy in asyn gebad. Al die vlooie hardloop na die kop. Sy het nie op kop gewas nie, was bang vir oë.
Re: VLOOIE
Posted: Wed Jun 10, 2015 3:05 pm
by Forester
Smirre wrote:By die veearts kry jy n pil wat soos tjokltis lyk
Jy gee die hond 1 elke 3maande...werk soos n bom...ongelukkig DUUR
:
Ek het dieselfde pille vir my hond gegee en dit werk definitief, nadat frontline nie gewerk het nie.
Re: VLOOIE
Posted: Wed Jun 10, 2015 3:09 pm
by Smirre
My seun en sy hond
Re: VLOOIE
Posted: Wed Jun 10, 2015 6:06 pm
by Plaashaas
Advantix en capstar sort hulle gou gou uit. Ek ondevind ook dat Frontline nie meer so goed werk soos vroer jare nie
Re: VLOOIE
Posted: Wed Jun 10, 2015 8:26 pm
by savage(P Coetzer)
Daardie chocolate pille is bravecto. Beste goed sedert rooklose dryfmiddel ontdek is.
Re: VLOOIE
Posted: Tue Jun 16, 2015 7:12 am
by Mellies
Smirre wrote:By die veearts kry jy n pil wat soos tjokltis lyk
Jy gee die hond 1 elke 3maande...werk soos n bom...ongelukkig DUUR
Dink dis nogsteeds die moeite werd aangesen jy die getalle kwaai afbring en na n tyd sal die ander goed weer werk
Sterkte
Smirre
ps,,my seun het nou ook nie meer vlooie

Savage is reg.
Die nuwe produk is Bravecto. Dit is n chew wat soos n Rolo lyk. Hy hou honde SKOON van bosluise en vlooie vir 3 maande. Die aktief is nuut in die wereld m.a.w. geen weerstand van peste nie. Indien jou hond per ongeluk n tweede chew inkry voor die 3 maande verby is kan hy nie 'over dose' nie.
As jy dit per maand uitwerk is dit nie so duur nie.
Ek jag voels met my honde. Dit is die beste produk ooit. Jy sal nie spyt wees nie.
Met n vleisie...
Re: VLOOIE
Posted: Tue Jun 16, 2015 9:46 am
by Jackalsniper
Het gehoor landbou kalk by honde se slaap plekke werk glo. iets met die hoe ph te doen...