Page 1 of 2
Wie het al die jaar gejag
Posted: Thu Jan 03, 2013 6:12 pm
by HennieC
Raai wie het al die jaar gejag vir die pod.
Ek het naby Koppies die Blou wildebees geskiet met my 303 Lee Enfield No4 Mrk 1
Die petroon was 'n pmp dop met 37.8gr S335 kruit in met 'n 150 gr punt van pmp.
Wat ek self herlaai. (Is nog nuut in die herlaai bedryf)
Die afstand was 110 meter.
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Thu Jan 03, 2013 6:37 pm
by VdWalt
Nie fair nie. .......!!!
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Thu Jan 03, 2013 6:38 pm
by HennieC
Dag se almal.
Wie het al die jaar gejag?
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Thu Jan 03, 2013 6:47 pm
by Pvdw
Nee man Hennie, die is nou nie snaaks nie. Ons probeer mekaar moreel ondersteun op die forum en dan maak jy so
Lekker man, die lood loop sommer vroeg die jaar al.
Peet
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Thu Jan 03, 2013 7:47 pm
by HennieC
Skies Peet.
Ek het gesien dat die mense op die forum mekaar lekker kan hap toe dink ek ek gooi solank lood. Dat ek kan voor kom. We'll die jong blouwildebees het eerste geval en toe het ek maar 'n Europese bosvark ook gepiets. Mens moet vark spek ook insit by die wors.
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:07 pm
by James Wilson
Het nou net n sog geskiet, maar dit tel nie eindelik nie.
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Fri Jan 04, 2013 8:33 am
by James Wilson
ek het gister middag n sog geskiet, maar dit tel nie regtig nie.

Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Fri Jan 04, 2013 8:39 am
by Gerhard
Nice,
Ek het 2012 af gesluit met 3 Blesbok ramme.
Sal moet plan maak om 2013 se rekening oop te maak.
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Fri Jan 04, 2013 8:39 am
by DanieDegenaar
Twee krans duiwe en vier muisvoels!
Tel dit?
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Fri Jan 04, 2013 8:50 am
by Hilux01
Ai julle manne maak my depresief
Julle gaan maak dat ek daai kat van die buurman met die .22lr bykom net om te kan se my rekening is ook oop vir 2013
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Fri Jan 04, 2013 8:51 am
by Swys14
julle manne maak nie mooi nie

Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Fri Jan 04, 2013 7:20 pm
by visstok
Hoopenlik gaan ek more aand gaan roep, dis nou te se as die werk saam speel!
Groete Alex
Kon darem 2012 afsluit met n paar fisante so in die laaste paar ure van 2012!
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Fri Jan 04, 2013 8:33 pm
by PWV
HennieC wrote:
Dag se almal.
Wie het al die jaar gejag?
Is dit nou nodig om 'n mens se mond te laat water so vroeg in die jaar?
Altyd interessant as julle bietjie meer inligting gee i.v.m. die geweer, gr. koeel, afstand, ens.
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Fri Jan 04, 2013 9:21 pm
by Blackie Swart
Ek het darm self hier in Januarie darm n paar springbokke by Kleinsee in die Noord Kaap geskiet.Nie vir myself nie , maar vir ander bestellings.Altyd lekker om so n nuwe jaar mee te begin.Gewere wat ek mee skiet is my 308 Sako met n 165gr punt en 243 met n 100gr punt.Afstande was so tussen 150m tot 300m.
Groete
Blackie
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Fri Jan 04, 2013 11:44 pm
by theedge
Rekening geopen met 2 vlakkies
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Sat Jan 05, 2013 9:27 pm
by James Wilson
[img width=360 height=480]
http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... 909215.jpg[/img]
2 varke en n jak vir die jaar
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Sun Jan 06, 2013 9:24 am
by DWB
My rekening ook nou seker oop met vlakvark soggie
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Sun Jan 06, 2013 11:34 am
by vlakvark1
2 vlakvarke en en 4 bosvarke vir die naweek

Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Sun Jan 06, 2013 1:09 pm
by HeinrichPrinsloo
Ek het Vrydag 04/01/2013 die kans gehad om 2x Zebras te gaan skiet op n vriend se plaas in die Groot Marico omgewing
Geskiet met die 30-30 met 150gr op 110m
Het 141kg uitgeslag en die ander een 127kg
[img width=560 height=420]
http://i282.photobucket.com/albums/kk26 ... f6fd48.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i282.photobucket.com/albums/kk26 ... 1d162c.jpg[/img]
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Mon Jan 07, 2013 10:42 am
by visstok
My eerte jag aand vir 2013 het nie te goed gegaan nie. n Polisieman wat nie heeltemal seker is oor die wet op probleem dier beheer nie, het ons voorgekeur en ons ingelig dat daar glad nie in die aand gejag mag word nie! Ons wou nie stry of moeilikheid he nie en het maar opgepak en huis toe gegaan. Darem toe kans gehaat vir n lekker potjie saam goeie vriende.
Groete Alex
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Mon Jan 07, 2013 11:49 am
by James Wilson
Visstok, jy moenie die saak daar los nie. Daardie polisie,an gaan jou op n dag raakloop waar jy wel skiet, en dan gaan hy se jy net jou al gewaarsku. Dit was natuurlik reg van jou om nie daar met hom te stry nie. Maar ek dink jy moet jou sake agtemekaar kry dalk stawende dokumente en dan rustig met die mab gaan gesels en vie hom se jy wou nie stry op die toneel nie, maar dat jy wel binne die wt optree as in die nag jag.
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Mon Jan 07, 2013 2:31 pm
by theedge
visstok wrote:
My eerte jag aand vir 2013 het nie te goed gegaan nie. n Polisieman wat nie heeltemal seker is oor die wet op probleem dier beheer nie, het ons voorgekeur en ons ingelig dat daar glad nie in die aand gejag mag word nie! Ons wou nie stry of moeilikheid he nie en het maar opgepak en huis toe gegaan. Darem toe kans gehaat vir n lekker potjie saam goeie vriende.
Groete Alex
Hi Alex nie op jou van persoon nie net hoe ek dit sou hanteer.
Dink nie die polisieman was verkeerd om te se daar mag nie gejag word in die aand nie. Sover my kennis gaan mag daar nie op een plek in ons land gejag of geskiet word in die nag sonder die nodige permit nie.
Ja daar is plekke en voorwaardes waar n man met lig in die aand mag skiet steeds het jy die nodige permitte nodig. Jy moet eers egter al daardie nodige dokumente en permitte in jou besit he om daardie skiet wettig te maak. Sou n beamte my stop en voorse sal ek beslis vir hom reghelp aangesien ek n brief van die boer het (sou hy nie saam my wees nie) om te se ek mag op sy grond jag en wees, hetsy in die dag of aand, verder sal ek hom bewys dat ek natuurbewaring of die saps van die omgewing inkennis gestel het dat ek met n lig gaan skiet, en verder sou ek hom ook my permit wys wat my magtig om met n lig te skiet. Sou nie my skiet opvoeter nie (sou dit heel beskaaf gedoen het
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Mon Jan 07, 2013 2:32 pm
by theedge
Naweek was weer goed nog 5 vlakkies 3 soe en 2 manne plat getrek
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Mon Jan 07, 2013 9:24 pm
by James Wilson
[img width=360 height=480]
http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... bd3e0a.jpg[/img]
So net voor 6 uur geskiet, gaan hom weeg sodra ek die skaal kry
Re: Wie het al die jaar gejag
Posted: Tue Jan 08, 2013 5:20 am
by VdWalt
Wat van die klein varkies as julle die tyd van die jaar n sog skiet?