Page 1 of 1

Wat te maak met Zebra vleis !??

Posted: Wed Jan 02, 2013 6:04 pm
by HeinrichPrinsloo
Dag manne

Ek eet amper alles maar ek weet nie of ek Zebra sal kan eet nie

Ek soek baie graag n vel en sal seker net een Zebra in my lewe skiet

Wat te maak met die vleis ?

Groete
H

Re: Wat te maak met Zebra vleis !??

Posted: Wed Jan 02, 2013 6:41 pm
by grumpy
Maak droe wors en kabanossie en veroop dit aan die bure en vriende. Vir familie wat altyd vra vir biltong en droe wors!  ;D
>:(

Re: Wat te maak met Zebra vleis !??

Posted: Thu Jan 03, 2013 8:51 am
by Sarelss
Eet die fillets, maak seker daar is geen vet aan nie. Sal nie sagter fillet kry nie.

Maak chillibites met biltongvlies (Freddie Hersch spice) en die res cabanossi, russians of salami. (dus gerookte produkte) Verwyder die meeste geel vet as jy kan, dit is die vet wat wild ruik.

As jy 'n mark het vir daai cheap braaiwors kan jy BAIE van dit maak uit een zebra uit.

Of verkoop die karkas. Jy kan tussen R 8 en R so R13 per kg kry.

Groetnis
ss

Re: Wat te maak met Zebra vleis !??

Posted: Thu Jan 03, 2013 9:11 am
by ROBBIE1
Heinrich, bel gerus vir Jaco Bester 0832129561 en hoor wat hy se. Was ook skepties en het die zeb by my ingegee vir bewerking, van gemarineerde rump en sirloin steaks, sosaties, boerewors, snitchels, salamie, cabanossi, gerookde kaaswors ens ens.  Sy vrou kan nie glo dis zebra nie, werklik n sagte vleis hoor.

Vet moet als af ja, maar die soet storie sommer n ouvrou storie hoor, dis seker te veel bruinsuiker in die tuisgemengde biltong spice, maar verseker nie die vleis nie!!

;D

Re: Wat te maak met Zebra vleis !??

Posted: Thu Jan 03, 2013 12:12 pm
by Dawie D
Robbie1

As jy nog soek moet jy praat ek het so n paar perde wat hier by my loop wat jy kan kry, as jy n zebra kan eet kan jy mos perd ook eet. :angel:

Groete

Re: Wat te maak met Zebra vleis !??

Posted: Thu Jan 03, 2013 12:52 pm
by ROBBIE1
hahahahha, dankie Dawie, ma ek het nog so 6 ton wild in die vrieskamer, en ongelukkig verkoop ek nie zebra nie, juis omdat almal skepties is daaroor.  Die verwysing het ek maar net gegee sodat Heinrich met n klient van my kan praat wat van die standpunt uitgaan dat jy nie skiet wat jy nie eet nie!!  :o

Vat ma die perre veiling toe jong . . .  :laugh:

Re: Wat te maak met Zebra vleis !??

Posted: Fri Jan 04, 2013 11:54 pm
by theedge
sss308 wrote: Eet die fillets, maak seker daar is geen vet aan nie. Sal nie sagter fillet kry nie.
stem met die een 100% het al baie die steaks geeet

Re: Wat te maak met Zebra vleis !??

Posted: Sun Jan 06, 2013 1:10 pm
by HeinrichPrinsloo
Dankie julle

Het die 2x Zebras aan n slaghuis verkoop vir R15/kg