Page 1 of 1

Tandarts afspraak...

Posted: Mon Jul 12, 2010 9:58 am
by Freek
JAN van Brakpan bel die tandarts

"More Dokter, wat kos dit om n tand te trek?"
"Die totale koste sal R285 wees"
"Blinde bl!ksem! Hoekom so duur?"
"Ons moet eers konsulteer, dan n x-straal neem en dan kan ons eers  trek"
"Wat sal die prys wees as ons die konsultasie en die x-ray skip"
"Jong, dit bring n bietjie risiko mee maar sal die prys afbring na  R157"
"En as ons dit sonder verdowing doen?"
"Dit is nie gewone praktyk nie en gaan bitter seer wees maar sal n
verdere R20 goedkoper wees"
"Wat van as een van jou trainees die tand trek?"
"Ek kan dan nie professionaliteit waarborg nie maar dit sal die koste
verminder na R75"
"Nog beter, hoekom laat ons nie een van jou studente die tand trek
nie  terwyl die ander studente toekyk as deel van hulle opleiding?"
"Dit sal goed wees vir die studente maar dit kan baie traumaties raak  vir die
pasient. Sou ons hierdie roete gaan sal ek jou slegs R10 vra"
"Nou praat jy my taal my tjomma!! Kan ons dan n afspraak bevestig
vir  my skoonma vir Dinsdag 9-uur?"
 
 
 
 

Re: Tandarts afspraak...

Posted: Mon Jul 12, 2010 11:18 am
by NICO
Eina :D ;D

Re: Tandarts afspraak...

Posted: Mon Jul 12, 2010 1:51 pm
by Danie01
Ware liefde, haha! ;D

Re: Tandarts afspraak...

Posted: Mon Jul 12, 2010 4:30 pm
by Skolla
Waars daai tandarts, ek het ook n klie?nt vir hom.