Page 1 of 1
Matrys stelle
Posted: Thu Dec 27, 2012 3:12 pm
by Jakkalsgat
Ek het nou so draai gaan loop in die sentrum en maak toe 'n draai by Cash Crusaders en soos gewoonlik maak ek draai by die messe, winbukse en verkykers se sluitkas. Tot my verbasing is daar 3 matrys stelle nl:
.38 R 149.95 (Lee)
7.65 x 53 Mauser R 149.95 (Lee)
.243 R 249.95 (Lyman)
As iemand belangstel laat weet my want die toestand lyk goed en die pryse lyk glad nie sleg nie. Ek sal dit vir jou gaan koop en aanstuur.
Groete
Jaco
Re: Matrys stelle
Posted: Thu Dec 27, 2012 9:58 pm
by Jakkalsgat
Julle moet asb nou ophou om my te PM, ek weet nou julle stel nie belang nie. Julle kan my nie kwalik neem as ek nie weet julle het amper almal al matryse stelle nie en die res het nie geld nie

Re: Matrys stelle
Posted: Fri Dec 28, 2012 5:56 pm
by Dawid
Jaco,
Jislaaik ou maat ek wat gewoonlik terg het darem nou amper, bitterlik amper in n moeilike bui geraak.
Die manne kom nounet uit Krismis........gee kans mater, almal was nie so ge eerd soos ek om Kersfees in die woestyn te kan werk nie.
Gesels weer
Groetnis
Re: Matrys stelle
Posted: Fri Dec 28, 2012 8:32 pm
by Jakkalsgat
Ai Dawid as jy klaar kwaad geword het, gebruik asb net daai agressie en klap 'n lapkop

As jy oplet sal jy sien dis nie my goed wat ek wil verkoop nie en voel ek 'n flenter f*k of dit verkoop of nie, net gedag hier is dalk iemand wat dit kan gebruik.

Verder het ek anderdag gesien dat die tipe van houding redelike reaksie uitlok veral as 'n nuwe lid vra vir raad oor hengel plek.
Jy sal ook sien dat die tydsverloop tussen my 2 "replies" nie baie lank uitmekaar was nie. Teen hierdie tyd behoort jy al te weet dat ek net geleentheid soek om iets in 'n ligter luim te se of skoor te soek!
Soos Goose sal se "chill jou quava choppa"
In elk geval as daar enige iemand is wat daarin belangstel of meer inligting soek, vra net, ek raak moeg gepomp en moet so nou en dan rondloop ek gaan kyk graag vir julle daarna. Is die gees van die forum nie juis dat ons mekaar help nie en as daar iets is wat iemand kan gebruik en ek sien dit, dan moet ek mos vir julle daarvan se.
Groete
Jaco