Page 1 of 1

Help asb 243. 365 kruit

Posted: Fri Dec 21, 2012 9:46 am
by JHS
Ons is nou in die begin van die herlaai proses en het 365 lot 66 kruit ons laai 75 gr vmax met 243 doppe.
Ek wil graag weet moet ek begin by 39 gr en eindig by 44 as ek nog nie druk gehaad het nie help asb

Nog I vraag maak die lotte I groot verskil en gr wat jy laai.

En dan wat sal die spoed wees van daai tipe ladings wat ek laai

Help asb

Re: Help asb 243. 365 kruit

Posted: Fri Dec 21, 2012 9:53 am
by Beer (Christo)
JHS

My eertse voorstel is dat jy bele in 'n goeie herlaai handleiding. 'n Herlaai kursus soos die wat oom Kassie van S&O aanbied is ook 'n goeie roep.

Soos ek verstaan kan 'n mens nie noodwendig altyd druk met die blote oog sien nie, maar daar is soms tekens van druk soos: die geweeslot wil nie oopmaak nie, slagdoppies, ens.

In my opinie is die betse manier te bepaal of jy binne die druk toleransies is, om die spoed van die koeel met 'n kronograaf te meet. As die spoed minder is as dit wat die koeel vervaardiger aanbeveel behoort jou drukvlakke reg te wees. Met die wisselvaligheid van die Somchem kruite mag dit dalk wees dat jy bo die hoeveelheid grein poeier gebruik wat hulle aanbeveel, solank die spoed onder die maks is.

.... o ja en dan begin jy altyd met lae ladings en werk versigtig op....

My 2c...

Groete

Re: Help asb 243. 365 kruit

Posted: Fri Dec 21, 2012 11:22 am
by tripodmvr
Ek wil beaam wat Beer ges? het rakende die meet van spoed. Dit is die' beste aanwyser of jy druk oorskry.

As jy Somchem se boekie het beveel hulle 40,1-44,5gr S365 aan vir 'n 85 grein Speer. Jy is ligter op 75gr met die Vmax so jy kan so bietjie meer gaan op maks. As jy dan spoed meet moet nie 3350vps probeer oorskry nie. Die beste is eers om van laag te begin en dan kry jy data vir jou geweer wat in berekeninge gebruik kan word. Gaan lees op oor OBT en die Quick Load program en dan sal jy beter verstaan waarna ek verwys. Huiswerk, huiswerk - vooraf kennis help baie met herlaai.

Ek weet primers is nou skaars en duur, maar die algemene aanbeveling is om Mag Primers in die 243 te gebruik vir akkuraatheid. Somchem het PMP gebruik wat nader aan Mag is as standaard.

Kyk ook na die TPL (totale patroon lengte) (COL op Ingels) en probeer om 0,3mm weg van die lande te begin. Jou magasyn sal dit partymaal nie toelaat nie en ook moet jy darem 6mm van die koe?l in die nek kry. Myne is op 67mm geskiet met net oor die 5mm in die nek.