Page 1 of 1

Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Tue Dec 18, 2012 10:01 am
by JHS
Dag almal ek wil net so paar vrae asb.
1) As ek I rukkie roep en na I ruk kom daar I jakkals in maar staan net daar en wil nie nader kom nie. Ek het klaar baklei probeer en dit het nie gewerk wat doen moet ek doen om daai jakkals in te kry want later het hy net wegbeweeg? Help asb?

2)En dan ook ek gaan roep by I plek waar ek weet die jakkalse kleines en die 2 grootes baie beweeg. Nou wil ek net hoor ek het al so in die verlede oorgekom dai ek weet hulle daar is en skiet net 2 of so waneer die skote klap dan hardloop die ander weg en ek skiet net 2 van die 5 se nou maar.  Hoe moet ek maak om daai hele familie uit te wis?

3) Ligte. Ek gebruik nou die di nuwe led ligte en die ligtforce het my dimmer op nou my soek lig is die led. Hy is baie ligter witter kleur as die lightforce kan dit dalk I moontlikheid wees dat daairdie lig te skerp is vir die jakkalse?

Ek luister baie graag

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Tue Dec 18, 2012 3:27 pm
by Dawid
JHS,

Sien die ou gesoute jagters antwoord nie.....wag seker vir ons rookies om ons op die vingers te tik.

1- Baklei jaag baie jakkalse weg.....stilte en geduld is die antwoord. Loer hom net gereeld met n baie gedimde lig...later kan jy kyk of jy nuuskierigheid kan wen met n baie sagte hasiedistress.

2- Doen jou bes om eers die grotes te rol die kleintjies sal nie verdwyn nie maar in die omgewing bly.Nog baie dom en soek steeds leiding van die ouers.

3- Led ligte is te skerp vir die jakkies om deurentyd te lig(knip - knip die ogies en da gaat hy) en sit jou lightforce op sy laagste en soek met die Led, sodra jy n oog optel skakel af en volg deur met die dimmer lig.

My 2c

Groetnis

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Tue Dec 18, 2012 3:43 pm
by James Wilson
Dawid wrote: JHS,

Sien die ou gesoute jagters antwoord nie.....wag seker vir ons rookies om ons op die vingers te tik.

1- Baklei jaag baie jakkalse weg.....stilte en geduld is die antwoord. Loer hom net gereeld met n baie gedimde lig...later kan jy kyk of jy nuuskierigheid kan wen met n baie sagte hasiedistress.

2- Doen jou bes om eers die grotes te rol die kleintjies sal nie verdwyn nie maar in die omgewing bly.Nog baie dom en soek steeds leiding van die ouers.

3- Led ligte is te skerp vir die jakkies om deurentyd te lig(knip - knip die ogies en da gaat hy) en sit jou lightforce op sy laagste en soek met die Led, sodra jy n oog optel skakel af en volg deur met die dimmer lig.

My 2c

Groetnis
Stem met Dawid, as hy nie verder wil inkom nie, gaan klank hom help nie.  Stilte is hier die ding. Jou dimmer moet hier so sag as wat moontlik is wees.  Wag baie lank voordat jy probeer roep en soos Dawid se dan moet dit baie baie baie sag wees. Het jy vlekkie d?

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Tue Dec 18, 2012 3:45 pm
by FCLoretz
Net 'n ander vraag.

Die jakkals wat staan en nie inkom nie. Het hy jou nie dalk geruik nie?

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Tue Dec 18, 2012 4:38 pm
by JHS
Dankie vir die raad sover. En jip ek het vlekkie D. En ek dink nie hy het my geruik nie omrede hy nog nie wind af begin beweeg het nie want hy vas nog skuins dwars van my.

Dan het ek net nog I vraag as ek nie baklei moet doen nie wat moet ek roep na kosies. Is dit maar vlekkie d?? 

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Tue Dec 18, 2012 7:39 pm
by James Wilson
JHS, dis nie te se jy kannie baklei doen nie, die probleem is net die kleintjies sal nie sommer nader kom nie veral as hulle al verkleur het.  As jy baklei gebruik, gebruik net die tik tik gedeelte.

Jy kan vlekkie d gebruik maar dan sal ek so 45 min stilbly.

Jy hoef nie altyd iets na kos te speel nie. JB se altyd die beste klank wat jy kan kry is verniet en dit is stilte. As jy hom inroep op kos maar hy kom nie verder nie, dan moet jy wag en lig so elke 40 sek. MAAR op die sagte moontlike lig moontlik.


Verder as die jak nie wil inkom nie moet jy n dagroep op hom doen met so n paar skuts wat jy uitmekaar plaas.

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Tue Dec 18, 2012 8:19 pm
by Boertjie
As n jakals nie wil nader kom nie, is dit nie nogig om dadelik n distres te speel nie.As jy hom kan sien, kan jy al jou klanke speel tot dat jy sien hy is oppad.
Speel vir 5 sekondes n haas, as hy daar dly veander jou klank na  n steenbok of springbok.So kan jy al die klanke probeer tot jy kan sien hy is nou oppad.

Boera

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Wed Dec 19, 2012 8:40 am
by stan man
in die geval waar jakkals populasie dig is in n gebied,kan dit wees dat hy inkom tot op sy grens. dan sal dit maar bars gaan om hom nader te kan kry. as jy kan werk die wind en beweeg in sy rigting . ry met n ompad na daai gebied toe en probeer dan om hom in te roep.
met jakkalse wat moeilik inkom probeer n vreemde klank wat nie in die omgewing gehoor word nie,en kyk dan wat gebeur.met so n jakkals. ek het ook al gesien dat so n jakkals nie daarvan hou om aanmekaar uitgelok te word nie.gebruik baie geduld en hope stilte.

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Wed Dec 19, 2012 9:00 am
by Jakkalsgat
stan man wrote: in die geval waar jakkals populasie dig is in n gebied,kan dit wees dat hy inkom tot op sy grens. dan sal dit maar bars gaan om hom nader te kan kry. as jy kan werk die wind en beweeg in sy rigting . ry met n ompad na daai gebied toe en probeer dan om hom in te roep.

Hoe de ongeluk moet ek nou weet watter is sy gebied, daar is mos nie heinings of merke dat ek moet weet ek is in sy gebied nie, as dit die geval is beteken dit mos nou die jakkalse bly net in sy gebied en gaan nie uit nie. Dan was hulle mos nou lankal al uitgewis of op bedreigde spesie lys. Ek dink ook nie'n jakkals gaan vir hom veel steur aan grense nie. ???

Nee Ouboet, hierdie maak nie sin nie ;)

Groete
Jaco

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Wed Dec 19, 2012 9:06 am
by stan man
jy is in jou gebied(bloem)
ek is in my gebied(hennenman)
die vraag is!! kom ek en jy ooit by mekaar uit??
en ons is ook nog nie uitgesterf nie.

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Wed Dec 19, 2012 9:19 am
by Jakkalsgat
stan man wrote: jy is in jou gebied(bloem)
ek is in my gebied(hennenman)
die vraag is!! kom ek en jy ooit by mekaar uit??
en ons is ook nog nie uitgesterf nie.
Mag so wees maar 'n jakkals betaal nie vir petrol of telefoon oproepe nie, hy gaan hom nie steur aan 'n grense nie, ek het ook nie nodig om kos te gaan soek in Hennenman nie en ons kan al uitgesterf wees dan sal die ander in elk geval nie weet nie. As ek nie maar toevallig hier sien dat jy nog leef nie, sal ek nie weet jy is nog daar nie.

Groete vir cloete en sproete en 'n lekkie vir vlekkie net nie op die verkeerde plek nie!

Re: Help inverbant met vrae. Asb

Posted: Wed Dec 19, 2012 10:04 am
by Dawid
Jakkalse sit vlaggies op wat vreeslik stink om hulle grense aan te dui.

As die jakkals te ver buite jou skietvermoee vassteek en nie wil inkom nie los hom rustig, hou net jou lig op baie "dim" en loer hom elke dan en wan maar bly op die uitkyk vir ander wat dalk nader uitdop. Hy sal wel nuuskierig raak. Moet netnie soos n disco tekere gaan en elke klank op jou roeper speel nie. n Sagte distress gaan wel sy nuuskierigheid prikkel.

Moet asb tog netnie soos ek ook al gemaak het en n skoot waag nie, daai jakkals gaan jou baie skade maak omdat jy hom so laat skrik het deur op hom te skiet.(Revenge roep n mens dit) Hy probeer jou gatvol maak deur nie aandag te gee nie......wys hom jys slimmer en het meer geduld.

Groetnis