Page 1 of 1

Spoed vir Jag 30-06 180 grein

Posted: Mon Dec 17, 2012 12:30 pm
by MichielC
Goeiedag manne,

Ek het baie onlangs begin herlaai , en het vanoggend n groepering geskiet wat goed sal werk vir jag doeleindes.

Nou is daar n geleentheid vir my om in die week n ou ietsie vir die pot te gaan skiet.
Ek laai tans n 180 grein Nosler Partitian teen n gemiddeld van 2510 "f/ps"
Op die lys is Rooibok, Kudu, en dan BWB, watter een ek eerste ookal in mag vasloop.

My vraag is, is die spoed voldoende om n effektiewe wondkanaal te maak?

Ek hoor graag wat julle se....

Groete

Michiel

Re: Spoed vir Jag 30-06 180 grein

Posted: Mon Dec 17, 2012 12:44 pm
by VdWalt
Vat net bietjie asyn saam om die vliee van die karkas af te hou en
onthou om fotos te neem.

Re: Spoed vir Jag 30-06 180 grein

Posted: Mon Dec 17, 2012 12:55 pm
by Jakkalsgat
Michiel

Daai "tools" klink reg, maak soos Van der Walt se onthou om fotos te neem, ek gooi net rooipeper om vliee weg te hou. :laugh:

Groete
Jaco

Re: Spoed vir Jag 30-06 180 grein

Posted: Mon Dec 17, 2012 1:13 pm
by tripodmvr
Met ons kruit gaan jy nie maklik bo 2650vps met 'n 180gr koe?l kom nie. Die 140vps is weglaatbaar klein - die 303 het baie groter wild doodgemaak en dit teen 2400-2450vps.

Skiet hom en eet hom.

Re: Spoed vir Jag 30-06 180 grein

Posted: Mon Dec 17, 2012 2:45 pm
by KC
Stem saam. Jy het nou n baie lekker kombinasie van gewig en spoed vir skote tot 200m. Verder val die koeel biedjie te veel net vir mik en skiet.

Kobus

Re: Spoed vir Jag 30-06 180 grein

Posted: Mon Dec 17, 2012 5:38 pm
by Kerneels S.
Jou spoed is reg vir jou 30-06 met jou 180gr koeel vir wat jy wil doen.
My 30-30 met 'n 170gr FN trek maar 2040fps en hy skiet 'n Koedoe dat hy net daar val. Ek het meer as 100 groot wild met my 30-30 oor die jare geskiet. Afstand is maar 'n probleem so ek hou binne 80m op groot wild soos Koedoe en BWB. Ek het in 1997 en 1998 oor die 2030 Vlakvarke uitgedun my die roer en spoed is nie 'n probleem nie.
Groete
Kerneels

Re: Spoed vir Jag 30-06 180 grein

Posted: Wed Dec 19, 2012 8:37 pm
by MichielC
Naand julle ,

Baie dankie vir julle antwoorde ! Ek waardeer baie

Lekker om deel te wees van Jaracal

Groetnis

Michiel