Page 1 of 2
Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 1:48 pm
by Jakkalsgat
More Manne
Ek spot altyd en se ek kry nie gout nie, ek het gout en is dit vandag weer waar. My linker elmboog is vandag weer so groot soos 'n swangervrou se bors, selfde vorm en als, ek kan dalk nog net 'n tepel met "highlighter" op hom teken en dis die ware jacob, behalwe dat toe ek laas gekyk het was 'n swangervrou se bors nie so rooi nie maar kan Eugene dit dalk beaam. Ek weet dat die temperatuur om en by dieselfde is as wat hierdie elmboog nou is.
Nou ek het al alles onder die son probeer, baie water gedrink en baie gout gehad, min water gedrink en steeds gout gehad. Baie bier gedrink en niks bier gedrink en steeds was die gout daar. Het al al die pille gedrink wat op die mark is en slegs puricos onderdruk dit effens. Rooi peper gebruik dat ek "ringsting" kry, magnesium sproei gebruik en niks van die goed help werklik nie. Ek het tot al sulke wit alkaliese poeier gdrink wat jy aanmaak met water, terloops dit proe soos bordkryt maar help niks. Suurlemoensap moet ook help maar doen nie. Al wat die pyn vir so rukkie wegvat is as ek my vinger in my oog druk.
Ek weet nie wat se kos gee vir my gout nie want ek het permanent gout, nou vra ek met trane in my "navy blue eyes" wat vat gout weg.
Groete
Jaco
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 1:57 pm
by Jean Marais
Hallo Jaco
Jy's reg om puricos, 300mg, te gebruik. Dis egter NIE 'n oornag kuur nie, en neem omtrent 3 maande voor jou lewer ens die pil gewoond is, en ophou uriensuur produseer. Na daardie tydperk, behoort jy nie sommer weer 'n jigaanval te kry nie. Ek self wou na 'n paar dae ophou om die goed te gebruik, maar toe s? die kwak ek moet net geduldig wees. Dit werk.
Jy moet maar soos ek net geduldig die goed bly gebruik, en bietjie van die rooiwyn en biltong wegbly.
Hoop dit help
Groete
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:07 pm
by Jakkalsgat
Jean
Moet se dit is baie beter vandat ek op puricos 600mg is maar hy steek maar nog so nou en dan kop uit. Ek is al meer as 'n jaar op puricos maar gaan dit maar partykeer nog rof, soos nou het ek hom in linker elmboog, regter skouer en bene is ook styf. Ek kry tot gout in my ore.
Groete
Jaco
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:08 pm
by Marc
5kg rooivlis elke dag vir 22dae net na son onder. Verkieslik geneem met 'n Groot glas rooiwyn en ses vars tamaties

Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:09 pm
by FHM
Jakkalsgat wrote:
More Manne
Ek spot altyd en se ek kry nie gout nie, ek het gout en is dit vandag weer waar. My linker elmboog is vandag weer so groot soos 'n swangervrou se bors, selfde vorm en als, ek kan dalk nog net 'n tepel met "highlighter" op hom teken en dis die ware jacob, behalwe dat toe ek laas gekyk het was 'n swangervrou se bors nie so rooi nie maar kan Eugene dit dalk beaam. Ek weet dat die temperatuur om en by dieselfde is as wat hierdie elmboog nou is.
Nou ek het al alles onder die son probeer, baie water gedrink en baie gout gehad, min water gedrink en steeds gout gehad. Baie bier gedrink en niks bier gedrink en steeds was die gout daar. Het al al die pille gedrink wat op die mark is en slegs puricos onderdruk dit effens. Rooi peper gebruik dat ek "ringsting" kry, magnesium sproei gebruik en niks van die goed help werklik nie. Ek het tot al sulke wit alkaliese poeier gdrink wat jy aanmaak met water, terloops dit proe soos bordkryt maar help niks. Suurlemoensap moet ook help maar doen nie. Al wat die pyn vir so rukkie wegvat is as ek my vinger in my oog druk.
Ek weet nie wat se kos gee vir my gout nie want ek het permanent gout, nou vra ek met trane in my "navy blue eyes" wat vat gou weg.
Groete
Jaco
Jakkalsgat,
ek het nou my GAT afgelag vir jou segoed - my sekretaresse storm hier in en vra of ek ok is..
nee-man!!!
Sterkte met daai kwaal mater!

Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:12 pm
by Skolla
Jaco
Wat vir my die vinnigste verligting gee is Cataflam pille.
Skolla
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:15 pm
by Jakkalsgat
Dankie Marc jy is 'n pel duisend
Francois
ek is bly as my pyn jou vermaak gee, ek gaan nou hier onder boereraad 'n storie opsit wat ek vir wegtydskrif geskryf het. Ek weier om dit onder vir die lagspiere te plaas wat dit is vanoggend 'n uitroep van pyn.
Groete
Jaco
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:18 pm
by kopskoot
Try voltaren setpil. 1000 mg, druk hom diep, tot by die 2de lit op jou middelvinger!
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:19 pm
by DWB
hahahahaha Ronnie, ek het geweet hier kom nou weer iets skerp

Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:22 pm
by Frikkie Coetzee
Jaco
Ek lei self aan jig (gout)
Puricos vererger jig as jy dit onder lede het. Puricos is net vir VOORKOMING, nie die behandeling van die simptoom nie.
As jy die simptoom het en jou geaffkekteerde lidmaat is so seer jy wil hom afsny met n stomp lepel, Voltaren inspuiting en Cataflam saam met Colcichin ( nie seker oor spelling nie). Enige Piroksien sal ook help ( Pixicam bv). Baie erg, sit cortisoon by
Daar is baie rate vir wat VOORKOM jig. Vanoggend met n pel gepraat wat glo in rooi peper pille. Ander een glo weer in Citrosoda en visolie
My broer het die opsie gevolg en n dieetkundige gaan sien ses jaar terug. NOG NOOIT WEER JIG GEHAD NIE. Ons drink wyn en bier en hy kry nie jig nie. Ek was nie by haar nie en ek kry steeds so ek glo dit is die beste.
Frikkie
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:32 pm
by Jakkalsgat
Skolla
Jy is reg Cataflam werk so nou en dan.
Frikkie
Jong, ek was ook by dieetkundige en hou Colcihicine, voltaren spuite ens aan, citrosoda help nou en dan, het nog nie visolie probeer nie, sal biethie probeer. ek spuit my self met voltaren wanneer dit nodig is. Kry ook goutbomme by apteek met voltaren en kortesoon wat redelik vinnig werk.
Ronnie
Jy kan maar spot maar daai goed werk, die enigste probleem wat ek daarmee het is die feit dat jy nie van buite af by "exit" deur kan ingaan nie en glo ek bly by jou rigtings en hou in jou baan, moenie stroomop beweeg nie, mens ry ook mos nie teen die eenrigting verkeer in nie. Niks gaan in waar ander moet uit nie
Dankie vir al julle raad manne.
Groete
Jaco
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:38 pm
by Jean Marais
Ai ou Jaco, as ek so deur die post leers, kan ek maar net s? sterkte ou maat. Lyk my nie die ene gaan jou maklik uitlos nie.
Groete
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:41 pm
by kopskoot
Jakkalsgat wrote:
Ronnie
Jy kan maar spot maar daai goed werk, die enigste probleem wat ek daarmee het is die feit dat jy nie van buite af by "exit" deur kan ingaan nie en glo ek bly by jou rigtings en hou in jou baan, moenie stroomop beweeg nie, mens ry ook mos nie teen die eenrigting verkeer in nie.
Groete
Jaco
Jaco
Ek spot nie, ek WEET die goed werk.
Lw. Die diepte is belangrik om daai"point of n return" verby te steek
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:49 pm
by Pikkie
Jaco,
Pel van my het ook so gout gekry. Iemand s? toe hy moe soggend die Weetbix los en Oats Pap maak. Hy s? sy gou t is nou baie beter.
Pikkie
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 3:41 pm
by JTM
Los net daai Castle biere en drink Tafel Lager.
Maar ja dis erg en klink my jy suffer bitter erg daarvan Jaco. Jy het al my simpatie! Myne is maar net in die toon en dit laat my klaar bietjies bietjies nat maak as hy die dag begin pyn.
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 3:48 pm
by Jakkalsgat
JTM
Castle Lager kan ek totaal nie drink, dit blaas my op soos koei wat lusern gevreet het en buitendien se Nataniel dis "commen".
Julle manne wat nog net in die begin stadium van Gout is moet nie wag nie, begin nou al met puricos en kry dit onder beheer moet nie soos ek maak nie maak soos ek se.
Groete
Jaco
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 3:58 pm
by JTM
Ek is veronderstel om Puricos kronies te gebruik, maar doen dit nie. Ek sal maar my pilletjies moet vat lyk dit my en veilig speel.
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 4:11 pm
by THOMAST
Jaco, jig/gout is agv verhoogde uriensuurvlakke in jou lyf wat dan as kristalle in gewrigte uitsak. Dit kan wees agv 'n ho? produksie van uriensuur , of die onderafskeiding daarvan. Puricos gaan help om meer uriensuur af te skei, so dit moet gedurig gebruik word, vir die res van jou lewe, nie net wanneer jy 'n akute aanval kry nie.
As jy met so 'n kursus Puricos begin, gebruik citrosoda saam vir die eerste week en begin met 'n laer dosis daagliks, wat jy dan stelselmatig verhoog oor 'n paar weke, totdat jy die maksimum disis bereik. As jy met die maksimum dosis begin is daar goeie kans dat jy met nierstene kan eindig agv die baie ho? uriensuur vlakke in jou lyf, wat dan uitkristaliseer in jou niere.
Dan is daar ook seker kossoorte wat jy moet vermy. Slegte nuus is die rooi vleis inname moet verminder word, dinge soos lewer en niertjies verhoog ook uriensuur vlakke, sterk kase (cheddar ens) ansjovis smeer, sampoiene, om maar 'n paar te noem.
Het jy al rooibessie sap probeer tydens 'n akute aanval? (Die soort wat jy by die Spar kan koop)
Sterkte met die pyn en lyding, was al daar gewees. Ek dink dis die manlike weergawe van natuurlike geboorte gee.
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 4:13 pm
by savage(P Coetzer)
Een vriend van my het op 19 begin sukkel met gout.
Na n harde aand se kuier swel sy vingers op soos knuppels. Hy is juis laasweek geopereer om die gout uit sy een middelvinger en groot toon te sny. Die dokter kon glo nie al die gout uit sy vinger kry nie nou moet hy weer n oprerasie ondergaan om dit te verwyder en dan ook n silikoon gewriggie in die vinger in te plant want die gout kristalle het die gewriggie glo al lelik afgetakel dat hy nie meer kan buig nie.
As ek hy was het ek hom sommer laat afsit want kan net dink hy gaan nog baie met hom sukkel en dis nou nie asof dit sy sneller vinger is nie.
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 5:40 pm
by Danie Lombard .243
Thomast slaan die spyker op die kop met sy stelling oor urien suur. Daai is 'n feit.
Probeer die raad. Een hoog teelepel bakpoeier op 'n koppie water. Roer dit baie goed sodat die water wit is, sluk gou voor die bakpoeier afsak. Proe soos rou deeg. Doen dit daagliks en kyk wat gebeur. Die doepa is gout se baas. Los die kristale op wat saampak daar waar 'n besering is wat veroorsaak word deur die urien suur.
Gout slaan daar waar 'n eina plek is bv. voet, elemboog ens. Ou beserings plekke.
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 9:32 pm
by Jakkalsgat
Dankie vir almal se raad, waardeer dit.
Groete
Jaco
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Thu Dec 13, 2012 9:41 pm
by SV MAD (Henk)
kry timjan by die apteek. Drink n eetlepel soggens en saans. Werk nogals jib en argrigis se moses
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Fri Dec 14, 2012 12:52 pm
by Chris Swart
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Fri Dec 14, 2012 1:58 pm
by PITSMIT
mybulen pille werk ook bevange vir die pyn enige pil met ibuprofin in help nogal
Re: Wat help vir Gout?
Posted: Fri Dec 14, 2012 2:02 pm
by Jakkalsgat
Pitsmit
Jy is reg, enige anti inflamatoriese produk help redelik vir Gout
Dankie
Groete
Jaco